Delien skryf: "Ek het 6 maande die Yasmin pil gebruik en laasjaar April opgehou. Hoe lank vat dit om heeltemal uit my sisteem uit te gaan? Sukkel ek om swanger te raak of is dit nog die pil wat in my sisteem is?"
Antwoord: Delien, die eerste ding om te doen is om te gaan vir toetse om seker te maak daar is nie iets fout nie. Soms is dit net 'n klein dingetjie wat met hormoonbehandeling herstel kan word.
Danziline Visagie skryf: "Ek is 23 jaar oud en verloof. Ek het en my verloofde is alreeds 2 jaar saam en ek is nie op voorbehoed nie, maar ons nogsteeds het niks gebeur nie. Ek weet ook die fout lê nie by hom nie, omdat hy 2 kinders het. Ek is net bang trou ons en ek kan nie kinders voortbring nie, sal dit ons huwelik belemmer. Ek soek hulp om swanger te raak as daar iets is wat ek kan gebruik."
Antwoord: Die beste raad vir jou is ook om 'n spesialis te gaan spreek.
Lenie skryf:
Ek is al amper 9 jaar getroud en wil bitter graag swanger raak. Ek en my man beide is glad nie kenners op die gebied en my dokter het gesê dat dit wel op sy tyd sal gebeur ek wil graag weet of daar 'n "beste" tyd is vir die probeerslag of hoe werk dit. Ek is al van September verlede jaar van die pil af en het voor dit vir 'n jaar dit gedrink en voor dit het ek 'n 3 jaar siklus gehad wat ek nie op die pil was nie. Wat is my kanse om swanger te kan raak en kan u my asseblief net bietjie meer raad en inligting gee?
Antwoord:
Dit is belangrik om geduldig te raak, maar indien dit te lank vat moet jy ook daaraan dink om miskien 'n spesialis te gaan sien. Lees ook die raad by Swangerskap.
L***** skryf:
"Ek sukkel om swanger te raak. Ons het agtergekom dat ek nie ovuleer nie. Dis nie eintlik wat my pla nie. Wat my wel pla is dat ek op 'n stadium op die inspuiting was as voorbehoeding. Terwyl ek op die inspuiting was het my ginekoloog 'n laparoskopie op my gedoen. Ons het nie geweet ek is swanger nie en ek het die baba verloor. Ek was reeds tussen 7 en 8 weke swanger. Hoe is dit moontlik dat ek nie ovuleer nie en nou sukkel om swanger te raak? My dr het Postoval voorgeskryf vir drie maande. Ek het vandag bietjie navorsing gedoen oor Postoval en die kontra-indikasies en waarskuwings maak my baie bekommerd, aangesien kanker (my ma het spesifiek borskanker) in ons familie voorkom."
Antwoord:
Indien jy twyfel oor 'n spesifieke behandeling moet jy dit dadelik met jou dokter bespreek. Indien hy/sy nie na wense jou vrese besweer nie moet jy ernstig daaraan dink om nog 'n opinie te kry.