Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Winderigheid. Show all posts
Showing posts with label Winderigheid. Show all posts

15.11.23

Winderigheid – behandeling en oorsake

Wind word normaalweg veroorsaak deur die fermentasie van onverteerde kos, wanneer jou ingewande sukkel met die afbreek van sekere kosse, jy lug gesluk het, hardlywigheid of indien daar ’n probleem is in jou ingewande met die vertering van voedsel.

Voedsel wat probleme kan veroorsaak is brokkoli, ertjies, bone, lensies, kool, uie, blomkool, piesangs, rosyne, volgraan brood, slaai en gaskoeldrank. Vermy ook vetterige kos.

Winde en naarheid kan ook veroorsaak word a.g.v. die pankreas wat nie genoeg ensieme afskei om kos in jou maag te verteer nie.

Behandeling
Eet stadig en wanneer jy ontspanne is.
Oefening is ook belangrik. Probeer ook om ’n entjie te gaan stap na ete.
Gaan spreek jou dokter indien jy alles probeer, maar sonder enige verligting. Diarree, hardlywigheid, braking, gewigsverlies, pyn en aanhoudende sooibrand is gewoonlik ook 'n teken dat jy by ’n dokter moet uitkom.

3.10.23

Kruie vir kwale: Winderigheid

Vir winderigheid, diarree, sooibrand en probleme met spysvertering. Week ’n takkie wilde salie in ’n koppie kookwater vir 10 minute.
Gooi dit deur ’n siffie en meng 3 eetlepels Engelse sout by en bietjie suurlemoensap. Hou die mengsel in ’n lugdigte houer en gee die pasiënt gereeld klein bietjies daarvan.

♦♦♦

Die blare van die maagpynbossie word gebruik as medikasie vir winderigheid. Trek 10 g blare in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Drink dit stadig.

♦♦♦

Kou ’n paar groenment-blare vir winderigheid.

♦♦♦

Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute. Dreineer en drink die tee vir winderigheid.

♦♦♦

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir winderigheid.

♦♦♦

Neem ’n paar druppels anysolie op suiker wanneer nodig.

♦♦♦

Trek kruienaeltjies in kookwater en drink daarvan.

♦♦♦

Neem ’n bietjie kaneel gemeng met heuning.

♦♦♦

Meng 2 liter water met 2 eetlepels heuning, 1 eetlepel fyngekapte gemmer en 1 eetlepel gemaalde kaneel. Hou in die yskas en drink gereeld ’n bietjie daarvan.

♦♦♦

Drink 'n warm tee van byebalsem (bergamot).

♦♦♦

Maak vir jou tee met vinkel om te help met winderigheid.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

10.5.23

Winderigheid - Raad vir winde by volwassenes

Die wind waarna hier verwys word is gasse wat in die ingewande vorm as gevolg van slegte spysvertering.

Boereraat:

Meng halwe koppie water, 6 eetlepels asyn, 2 teelepels suiker en 2 mℓ koeksoda. Sodra dit begin bruis moet jy dit onmiddellik drink.

Sien ook Kruie vir kwale: Winderigheid

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

12.7.21

Kanferwater

’n Klein bietjie kanfer word opgelos in water om kanferwater te maak. Normaalweg word kanferwater gebruik vir die verligting van winderigheid en maagpyn.