Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.2.24

Raad vir winde by volwassenes

As jy gereeld opgeblaas voel of sukkel met oormatige winde, dan is daar ’n paar dinge wat jy kan doen.

Veranderinge aan jou dieet
Meeste van ons weet sekere kosse laat ons opgeblaas voel. Om hierdie kosse uit jou dieet te sny kan verligting bring. Hou ’n rekord van wat jy eet en drink om te sien of daar enigiets is wat jou opblaas. Dink veral aan melk en melkprodukte, sekere vrugte en groente, volgraan, kunsmatige versoeters en gaskoeldrank. Peulvrugte, semels en vrugte bevat fermenteerbare koolhidrate, suikers wat maklik deur die spysverteringstelsel afgebreek word – dit veroorsaak oortollige winde. As jy uitvind dat jou liggaam nie laktose verdra nie. Praat met jou dokter om uit te vind hoe om laktose uit te sny sonder om komplikasies te ontwikkel, soos byvoorbeeld ’n kalsium- en mineraaltekort. As jy sukkel om fruktose te verteer moet jy voedsel wat fruktose bevat vermy. Fruktose word as ’n versoeter in baie verwerkte voedsel gebruik. Behandelings wat hardlywigheid bekamp, kan nuttig wees. Kyk na ons Boererate vir hardlywigheid.

Oefening
Navorsing het reeds telkemale bewys dat oefening waartydens die liggaam in ’n regop posisie is help vir iemand wat sukkel met winde.

Medikasie
Daar is geen klinkklare bewyse dat medikasie kan help nie, maar daar was al gevalle waar pasiënte verligting gekry het. Praat met ’n apteker oor moontlike keuses.

No comments :

Post a Comment