Jig (gout) word gekenmerk deur ’n skielike aanvang van pyn, swelling en styfheid in die gewrigte en word veroorsaak deur die vorming van kristalle in die klein spasies tussen gewrigte wat opbou wanneer hoë hoeveelhede uriensuur in die bloed sirkuleer. Alhoewel jig gekoppel word aan sekere kosse, insluitend rooivleis, seekos en alkohol, word dit ook gekoppel aan bloeddruk-probleme.
Nuwe navorsing deur dokter-navorsers by Beth Israel Deaconess Medical Centre (BIDMC) van Harvard Universiteit berig dat die antihipertensiewe middel
amlodipine die risiko vir jig verlaag oor die langtermyn.
Die navorsing is gepubliseer in die
Journal of Hypertension.