Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

Showing posts with label Heupjig. Show all posts
Showing posts with label Heupjig. Show all posts

8.11.17

Kruie vir kwale: Heupjig en ander senuweepyne geassosieer met die heupe

Natuurlike middels gemaak van die gedroogde wortels van die inheemse duiwelsklou (devil’s claw) word aanbeveel vir persone met heupjig of senuweepyne geassosieer met die heupe. Kyk op die verpakking van medikasie gemaak van die plant dit ten minste sowat 50 mg van die aktiewe bestanddeel “harpagoside” bevat. Duiwelsklou kan ‘n allergiese reaksie veroorsaak vir sommige mense. Diegene met diabetes, maagsere en dermprobleme moet dit nie gebruik nie. Indien jy bloeddruk- of hartmedikasie gebruik kan jy nie baie hoë dosisse hiervan neem nie. As jy dit te sterk aanmaak kan kanker, nierskade of artritis veroorsaak. Swanger vroue moet dit onder geen omstandighede gebruik nie.

Jy kan ook ys of hitte gebruik vir tydelike verligting. Oor die algemeen is fisiese oefening soos joga of stap ook goed hiervoor. Dit verbeter die bloedtoevoer na die senuwee, wat help om van die chemikalieë wat die inflammasie veroorsaak ontslae te raak. Indien stap te seer is, probeer in ’n swembad oefening doen.