Prikkelbare-dermsindroom (PDS) is ’n baie algemene aandoening en amper so volop soos verkoue. Persone met ’n spastiese kolon / spastiese dikderm se ingewande is buitengewoon sensitief.
Simptome
Simptome sluit in maagpyn, maagspasma, ’n versadigde opgeblase gevoel, oormatige winderigheid, ’n maag wat rommel, 'n behoefte om gereeld die toilet te besoek of afwisselende hardlywigheid of diarree.
Behandeling
Behandeling vir IBS wissel van medikasie tot hipnoterapie. Die beste behandeling is ’n leefstylaanpassing. Lees ons boereraat.
Boereraat
Die eerste stap om jou gesondheid te verbeter is ’n drastiese leefstylaanpassing. ’n Gesonde dieet en oefening moet deel van jou weeklikse roetine word. Medikasie en ander behandeling is net tydelike oplossings.
Maak ’n lys van wat jy eet en drink en kyk of daar sekere dinge is wat jou pyn vererger en probeer dit vermy. Vat dit stadig met die vesel.
Eet meer dikwels, maar kleiner maaltye.
Vermy vetterige, ryk, gebraaide of sterk gegeurde kos.
Vind ’n manier, byvoorbeeld ontspanningstegnieke, om van jou stres ontslae te raak.
Doen oefening.
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
Was 'n week gelede vir kolonoskopie, gastroskopie en buik sonar. Ek het al 3 jaar 'n spastiese dikderm wat met diaree gepaart gaan, geweldig baie winde en opgeblaas - daar is bevind dat ek 'n breuk ook het - geen kanker. Met tye brand pyn en krampe onder regter bors. Verskeie medikasie gebruik sonder sukses. ek is 53 jaar oud. Help asseblief ...
ReplyDeleteGoeie more Mariana
DeleteEk het vir jou 'n oplossing. Stuur vir my 'n mail na info@healthjoy247.com dan kan ek jou help.
Sterkte daar en lekker dag.
Groete
Linda Swanepoel
Sukkel met die selfde probleem Kan u my ook email asb.
DeleteSoek ook rasd asb
DeleteDiesefde probleem. Soek hulp asb. Dankie.
DeleteStuur asb vir my email
DeleteEk sukkel al 2 weke kan nie kos in hou pectrolite gedrink bietjie gehelp maar weer beg
DeleteJy moet asseblief so gou as moontlik by 'n dokter uitkom. Drink gereeld vloeistowwe.
DeleteGoeie naand ek sukkel ook met die selfde probleem met my maag... Is al moeg vir pille ensv want dit werk nie, en die pyn en krampe ensv is iets om van te huil, is 52..
DeleteDie oplossing is meesal 'n ernstige leefstylaanpassing. Ongelukkig is dit nie maklik nie. Voorspoed.
DeleteWeet nie of jy hierbo gelees het nie:
DeleteDie eerste stap om jou gesondheid te verbeter is ’n drastiese leefstylaanpassing. ’n Gesonde dieet en oefening moet deel van jou weeklikse roetine word. Medikasie en ander behandeling is net tydelike oplossings.
Maak ’n lys van wat jy eet en drink en kyk of daar sekere dinge is wat jou pyn vergerger en probeer dit vermy. Vat dit stadig met die vesel.
Eet meer dikwels, maar kleiner maaltye.
Vermy vetterige, ryk, gebraaide of sterk gegeurde kos.
Vind ’n manier, byvoorbeeld ontspanningstegnieke, om van jou stres ontslae te raak.
Doen oefening.
Wat kan ek eet om te verhoed dat ek opgeblase voel ?
ReplyDeleteEk drink Probiflora 4strains wat baie help met die winderigheid
DeleteKan 'n mens se menstruasie wegbly met branderigeheid in die maag en hewig krampe as gevolg van 'n spastiese dikderm?
ReplyDeleteVir Mariana Emmenes: ek help mense met lewensstyl en eetgewoontes. Ek het al heelwat ondervinding met die soort simptome wat jy beskryf. Ek sou graag van jou wou hoor om meer besonderhede uit te vind. Ek het heel toevallig nou op jou vraag afgekom. My e-mail adres is attichewed@mweb.co.za
ReplyDeleteHelp. Raak opgeblaas en vol winde asook n diaree.
DeleteGnaand. Ek is gediagnoseer. Dat ek n fungel in my derm het.. Ek loop no al 5jr met di pyn oner my regter kant oner my ribekas. Dr gee ni antibiotica ni. Wat kan ek gebruik
DeleteDaar is medikasie wat hiervoor voorgeskryf kan word. Lyk nie asof jou dokter dink dis nodig nie. Met rede dalk, want daar is ook goeie fungi wat daar voorkom. Begin deur die volgende gereeld in jou dieet in te sluit. Dit kan help om die balans te herstel: knoffel, borrie en appelasyn.
DeleteEk sien daar is 'n paar mense wat reken die Vitalizer Plus het hulle gehelp om hulle spysvertering reg te kry. Kyk by www.vitalizer.co.za en kyk onder die "Testimonials" skakel om te sien wat van die mense te sê het...
ReplyDeleteEk is 32 jaar oud en sukkel nou al vanaf 2008 met spastiese dikderm, het al medikasie gebruik en dieete probeer, werk steeds nie.
ReplyDeleteWil graag weet of ander mans ook die siptoom van drukking op die blaas ondervind en baie opstaan in die nag om te urineer.
Sukkel geweldig baie, sal enige raad vreeslik baie wardeer. HELP ASB..
Ek is 20 2I sukkel met dikderm spasma het seer soms en gaan baie toilet toe help asb sal graag weer lewe wil positief aankyk en beter voel
DeleteHoe seker is jy dat jou dikderm die oorsaak van jou blaasprobleme is. Ek sou 'n spesialis gaan sien.
ReplyDeleteWat is julle simptome vir PDS, lyk my daar is soveel verskillende simptome vir die siekte
ReplyDeleteEk myself sukkel nou al vir 8mnde met 'n spastiese dikderm. Het al 7kg verloor ook in die proses. My maag grom en as ek voel hy draai, dan met ek baie vinning by 'n toilet uitkom. Dis asof ek nie kan knyp nie. Is daar tog wel enige raad wat rerig help?
ReplyDeleteDit klink na meer as 'n spastiese dikderm. Jy moet dat 'n dokter daaarna kyk.
ReplyDeleteGoeie dag. Ek wil weet hoekom ek elke keer as ek menstrueer dan is ek vir daai 7 dae so op geblaas en vol winde en krampe dat ek nie kan reggop loop nie, ekt al alles probeer. Ek het ook n spastiese kolon en het n mantelvliesbreek operasie gehad so drie jr terug, eks al so moedeloos want dis verskriklik seer.Lyk of ek 6 maande swanger is. Sukkel om winde uit te kry.
ReplyDeleteKan wees dat dit is hoe jou liggaam menstruasie hanteer of dit kan die gevolg wees van 'n kombinasie van probleme. Praat met jou dokter hieroor.
Deleteek het n spastiese dikderm wat gepaard gaan met kroniese diaree dit gaan some so 8 na 10 keer n dag veral as ek iets geeet het moet ek maar weet ek moet nie ver van die toilet bly dit is baie ongemaklik en seer met hewige krampe as dit kla is ek kry dan koud ook geen medikasie help en is al deur al die moontlike toetse . Wat nou gee raad asb
ReplyDeleteWat van 'n drastiese aanpassing aan jou leefstyl Gesond eet, oefening?
DeleteEk sukkel met PDS, ek eet en drink reg. Maak nie saak wat ek eet of net water drink dan swel my maag erg op. Is daar enige medikasie wat ek kan vat? Ek is bisig om gewig op te tel, en my maag werk baie min. erasmus.annelize@gmail.com
ReplyDeleteWatse meds kan mens gebruik vir spastiese dukderm
ReplyDeleteEk het jare al spastiese kolon ...eet reg...nie uie..kool..tamaties..groen bone..alles wat n suur gee. Ek drink elke oggend Lansoloc voor ek iets eet
DeleteEk is tans 10 weke swanger en sukkel met 'n spastiese derm. Dit was reeds moeilik toe ek nog nie swanger was nie maar is nou 20 keer erger. Het jy vir my 'n voorstel van wat ek moet doen want teen die middag het ek so seer en kan nie meer konsentreer op my werk nie.
ReplyDeleteMaak 'n lys van wat jy eet en drink en kyk of daar sekere dinge is wat jou pyn vergerger en probeer dit vermy. Wat dit stadig met die vesel.
ReplyDeleteEet meer dikwels, maar kleiner maaltye.
Vermy vetterige, ryk, gebraaide of sterk gegeurde kos.
Vind 'n manier, byvoorbeeld ontspanningstegnieke, om van jou stres ontslae te raak.
Doen oefening.
Goeiedag ek sukkel ook met 'n erge spastiese dikderm - sit baie agter die rekenaar en blaas dan op van omtrent alles wat ek eet - het al soveel natuurlike medikasie en voorskrif medikasie gebruik maar veral witmeel en soetigheid laat my so ongemaklik voel en baie seer wat kan ek gebruik wat my dikderm weer normaal kan laat funksioneer
ReplyDeleteMy dogter het na vele toetse het dr gese sy het amper so iets soos chrons haar dikderm lyk baie sleg sy is op antibiotika en kortisoon sy het geweldig baie pyn gehad en nogsteeds,watse kosse is goed om te eet en wat moet vermy word
ReplyDeleteMy man is 39 jaar oud en is oorgewig wees 130kg. Het ‘n spastiese kolon. Sukkel met sooibrand. Hy het 2 weke terug begin met ‘n bloeinde maag. Sy stoelgang is waterrig en dis net skoon bloed wat uitkom. Dis nou twee dae wat dit nie net skoon bloed is nie maar swart stukke ook. Asb wat moet ek doen. Soos enige ander man wil hy nie dokter toe nie en ons het nie medies nie.
ReplyDeleteGoeie dag.
DeleteEk het beslis iets wat vir jou man sal werk. Ek sal die Aloe Concentrate van Herbalife vir hom voorstel. Herbalife is natuurlike produkte, so daar is geen newe effekte in die “longrun” nie.
Aloe Concentrate
• “Where aloe touches, it heals”.
• Verbeter spysvertering.
• Verlig simptome van prikkelbare dermsindroom (Opgeblasenheid, oormatige winderigheid, ongemak in buik, hardlywigheid en/of diarree)
• Help vir sooibrand.
• Help vir maagsere.
• Help vir babas koliek.
• Help vir ekseem.
• Help vir aknee.
• Help die Alkaline ph balans in jou liggaam.
Sy prys is R329.51 en jy meng dit saam met jou water en dit sal jou ook omtrent ‘n maand lank hou. Jy sal meer daarvan aan die begin gebruik. As jou probleem eers onder beheer is, dan sal jy minder daarvan begin gebuik. Die Aloe Concentrate help mens ook om genoeg water te drink, wat baie belangrik is.
As jy meer inligting nodig het, stuur sommer 'n email na info@healthjoy247.com
Daar was nog niemand wat nie verligting gekry het met die Aloe Concentrate nie. As jy nie enige verligting kry na die tweede dag nie, kan jy jou geld terug kry. Laat weet maar of ons kan help.
Goeie dag
DeleteEk het pds asook insulien weerstandigheid. Ek probeer 'n middeweg kry vir die tov dieet en medikasie.
Kan iemand my help. Was all vir toetse ens maar kry nie probleem uitgesorteer.
My e-pos lpjumping@gmail.com.
Ek het net so n groot probleem met die dukderm. Ek swel baie hy pyn partykeer kwaai en ek sukkel verskriklik met winde die wil nie uit nie daar is dae wat my maag n paar keer gaan dan gan ek we vir so n week wat hy niks gan sodra ek eet swel ek kwaai en dan die gal wat my ok nog daby slaan kan iemand my asb raad gee my email is susanroux19@gmail.com
ReplyDeleteDaar is sekere kosse wat ek uitskakel vir my dikderm probleem. Ek vermy komkommer, pere, kool, blomkool, uie, groenboontjies, opgewarmde kosse is groot ongemak en pynlik, waatlemoen sal ek nie na 6uur in die aand eet nie want dit blaas jou ook op. Koffie blaas ook baie op, skakel oor na rooibos tee. Hoop hierdie wenke kan julle help
ReplyDelete.
Ek wil net hoor eks 30 jaar oud en het nooit geweet van menstruasie pyne nie. My jongeste dogtertjie is 5 jaar oud maar die laaste 4 maande of so is dit verskriklik seer. Ek was al by n Dr en sy se dis my dikderm. As ek n wind het of toilet toe wil gaan voel dit of als binne my wil skeer. My sny is ook verskriklik seer en gedurende sex is dit baie seer.ek weet nooit van my dikderm nie en het glad nie n probleem met my dikderm wat swel of so nie. Ek wil net weet kan dikderm dit veroorsaak?
ReplyDeleteHi ek sit nou met die selle probleem,Menstruasie pyne en wat nog als,dr se dis my dikderm,kon jy al vastel wat fout is met jou?
DeleteEk hoop dit is geleë dat ek kom raad vra.
ReplyDeleteEk is raadop en sit met onbeskryflike pyn. En sal absoluut enige iets probeer om my maag gesond te kry.
Ek was vanaf die 11de tot 18de Maart gehospitaliseer en behandel deur Dr. Fichardt in Rosepark Bloemfontein. Ekt xtrale, sonars, RT scan, Laporoskopie, Gastroskopie, Kolonoskopie en flikkergram van galblaas ondergaan sonder enige uitslae wat op iets verkeerds dui. Ek is na 'n week ontslaan sonder enige medikasie of hulp. Ek verneem ek was 'n pasient laaste op die Dr se belange lys.
Ek het ongelooflike pyn. Presies in die middel van my 2 ribbekaste. Ek eet al byna vir 2 weke slegs pasta en Taystee wheat pap. Sodra ek iets anders probeer eet, krul ek van die pyn.
Asb asb asb, enige raad sal ek so baie waardeer. Watse meds kan ek drink? Wat kan ek eet? Wat se vloeistof kan ek drink?
Ek het hierdie simptome al vir ongeveer 5 maande maar die laaste maand is dit onuithoudbaar.
Ek moet dalk byvoeg dat ons op 'n plaas bly en dat my dogtertjie van 3 'n dag nadat ek ontslaan is opgeneem is met Salmonella. My man het dadelik monsters van ons water ingedien by waterwese en die uitslae het vandag gekom dat die bakteriee baie hoog is. Salmonella uitslag is nog nie beskikbaar nie. Ons is nou 3jaar woonagtig op die plaas. Ek noem dit maar net, miskien kan dit ook bydrae tot my maag probleem.
Baie dankie dat ek hier kon afpak en sal wonderlik wees as iemand my asb sal kan help.
Groete
Ané Strauss anestrauss@gmail.com
Het jy reggekom? Wat was jou probleem. Dit klink na n maagseer.
DeleteEk het nou al vi 'n paar weke seer wa my derms sit.wat kan ek daarvoor gebruik?ek het 'n spastiese dikderm.was altyd baie hardlywig maar nou gaan my maag partykeer twee of drie keer 'n dag maar nou het ek die seer derms.
ReplyDeleteHoe oud is jy?
Deletegoeienaand, hoop iemand daar kan my help. ek het 11 jarige dogtertjie wat kla van maagkrampe/pyne, en effe naarheid, wat sal help, kan eers more by n dr uitkom...asb.
ReplyDeleteGoeie more ek is raadop my ma is gediagnoseer met spastiese dikderm en blasies in die derm....sy is 65 jaar. haar maag swel dit lyk of sy swanger is en is konstant in pyn. die pyn le meestal onder die liker rib. is daar enige raad. e-pos my a.s.b. by daves@cybersmart.co.za
ReplyDeleteHi ekt vandag uit gevind ekt n spastiese dikderm en ek al 3 mnde so geloop sonder dat ek dit geweet het.Ek moet se eks ook bja op geblaas en winderig en daai ongemak.Maar nie regtig seer nie.
ReplyDeleteEkt vandag uit gevind ekt ook n spastiese dikderm.En bja op geblaas en ongemakluk.
ReplyDeleteHelo ek ondervind n problem wt nu al gly het tot verskillende probleme ek kry hewige maagkrampe as ek my menstruasie ondergan of wane ek glad eens uki menstrueer ni nd my nael gea klopings AF nd ek menstrueer sema sowat di held mand hou ng n dag of 2 op nd kry aanhoudende sooibrand nd het winde wti wl ytkmi dt voel di winde druk my nd ek rak net vet bymy maag
ReplyDeleteGoeie nand wl net wiet wt dalk ka fout wic x 21 nd ondervind probleme mt my gsondheid 3rstens menstrueer ek vi sema n hele maand hou net vi n par dae op da bgint ek wea menstrueer nd ekt hewige kloppings bymy nael kry verskriklike soibrand nd ek kry maagkrampe wt bje pynlik is nd het ook winde wti wl ytkmi dt mak my naer ma ka ook ni dt ytbringi nd ek rak net vet bydi maag help ASB dokters se ek makeer nix
ReplyDeleteHelo ek ondervind n problem wt nu al gly het tot verskillende probleme ek kry hewige maagkrampe as ek my menstruasie ondergan of wane ek glad eens uki menstrueer ni nd my nael gea klopings AF nd ek menstrueer sema sowat di held mand hou ng n dag of 2 op nd kry aanhoudende sooibrand nd het winde wti wl ytkmi dt voel di winde druk my nd ek rak net vet bymy maag
ReplyDeleteMy man het twee weke erge maag pyn het gister uitgevind hy het n spastiese kolon hoelank neem die medikasie voor dit help asb
ReplyDeleteEk het baie maagpyn dit trek tot agter by my stuikie se kant en word baie naar ek kan pyn nie meer vat nie en is baie kere hardlywig al drink ek iets om my maag te laat gaan kry ek maar weer die maagpyne
ReplyDeleteGoeiedag, Ek het n verskriklike pyn in linkerkant se sy. Hierdie pyn is nou besig om in my linkerbeen af te beweeg. As ek gelê het staan ek baie swaar op met skerp steekpyne. My stoel is donkerrooi. My stoel toetse was skoon. Ek kan Nie dokters bekostig nie. Is daar miskien enige boererate ?
ReplyDeleteEk soek ook raad asseblief met my spastiese dikderm en breek. My epos is chantalsally82@gmail.com
ReplyDeleteHoop jy het hierbo gelees oor 'n spastiese dikderm; dat die beste raad 'n leefstylaanpassing is. Breuke kan herstel word. Dit is gewoonlik 'n eenvoudige operasie.
DeleteGoeiemore
ReplyDeleteEk het my mammie dokter toe gehad en hy se dis suur. Dis nou al die derde dag
Haar maag is baie opgeswel en jy kan nie daaraan raak nie want se skree van pyn
Die eerste dag was dit tot agter die rug. Dit voel knopperig as jy daaroor vryf. Haar maag werk nie en ook geen winde.
Sy is 90. Enige tuis raad asb
Vir te veel suur moet jy sorg dat jou dieet hoofsaaklik bestaan uit groente, vrugte, neute, lensies en sade. Die kwaaddoeners is vleis, alkohol, koffie en kitskos. Probeer die volgende aanvullings : voedselensieme en magnesium saam met elke ete. Indien dit nie werk nie neem ook aanvullings van vloeibare chlorofil ag keer per dag in water en neem 'n kalsiumaanvulling.
DeleteGoeie naand, my maag voel.of agterkant voor is en voor agter. Hardlywig en opgeblaas; drukking op my pens, onder borste is gevoelig. . Wat ksn fout wees. Ek.het hestorrktomie gehad 2017, tel gewig op, sukkel om te verloir.
ReplyDeleteHallo, Dit kan ook 'n breuk wees. Beter om 'n ordentlike mediese diagnose te kry.
DeleteEk sit ook Moet n derm vat verskiklik brand Kan nks eet ni Dan brand dt en as ek ooki eet ni Dan is dt disele was al by dokters al wat hle se ek moeni koffie en gas koeldranke drink ni en ek ht nog n ly derm ook wat ni gereeld yt gni ds nks leka ni kom al amper 2jaar so aan en eks nou 33jaar oud ds n ongemaklike saak
ReplyDeleteEk neem aan dit brand as jy net eet, en dat dit nie net spesifieke kosse is nie. Is jy al behandel vir moontlike inflammasie van daardie area?
DeleteNaand, baie gewig verloor, kronies krampe/ dpadmas link en regs by ribbes en krampe in blinde derm area, dit kramp so dat die sweet uitslaan, my liggaam is al so seer vd krampe, dit gaan al vir byna 2 jaar so aan
ReplyDeleteHallo, Is jy gediagnoseer met derm-probleme?
ReplyDeleteGoeie middag
ReplyDeleteMy man sit al jare met die probleem hy het ibs maagseer en dan het hy diverticulitis in sy kolon hy was vir die kameras gewees drs sien nie dat daar fout is nie hy kla baie van maagpyn hy eet baie min en hy se dit voel daar is die heeltyd drukking onder dr het hom nou op 2 verakillende medikasie gesit maar dit lyk nie of dit werk nie ek is al raadop weet nie meer wat se kant toe nie ons het ook sy dieet aangepas en ons weet hy kan ook nie suiwel produkte gebruik nie kan u my raad gee asb.
Het julle al hipnoterapie oorweeg?
DeleteWat is hipnoterapie
ReplyDeleteHipnoterapie is 'n vorm van terapie wat hipnose gebruik om individue te help om 'n ontspanne toestand van gefokusde aandag te bereik. In hierdie toestand poog terapeute om verskeie kwessies, soos gewoontes, fobies of emosionele uitdagings, te verken en aan te spreek.
Delete