Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Prikkelbare-dermsindroom. Show all posts
Showing posts with label Prikkelbare-dermsindroom. Show all posts

12.2.24

Prikkelbare-dermsindroom / Spastiese kolon / Spastiese dikderm

Prikkelbare-dermsindroom (PDS) is ’n baie algemene aandoening en amper so volop soos verkoue. Persone met ’n spastiese kolon / spastiese dikderm se ingewande is buitengewoon sensitief.

Simptome
Simptome sluit in maagpyn, maagspasma, ’n versadigde opgeblase gevoel, oormatige winderigheid, ’n maag wat rommel, 'n behoefte om gereeld die toilet te besoek of afwisselende hardlywigheid of diarree.

Behandeling
Behandeling vir IBS wissel van medikasie tot hipnoterapie. Die beste behandeling is ’n leefstylaanpassing. Lees ons boereraat.

Boereraat
Die eerste stap om jou gesondheid te verbeter is ’n drastiese leefstylaanpassing. ’n Gesonde dieet en oefening moet deel van jou weeklikse roetine word. Medikasie en ander behandeling is net tydelike oplossings.

Maak ’n lys van wat jy eet en drink en kyk of daar sekere dinge is wat jou pyn vererger en probeer dit vermy. Vat dit stadig met die vesel.
Eet meer dikwels, maar kleiner maaltye.
Vermy vetterige, ryk, gebraaide of sterk gegeurde kos.
Vind ’n manier, byvoorbeeld ontspanningstegnieke, om van jou stres ontslae te raak.
Doen oefening.

6.11.17

Brokkoli ís goed vir jou

Daar is slegte nuus vir almal wat brokkoli haat. Dié groente is baie goed vir jou dermkanaal.

Volgens navorsers aan Penn State in Amerika begin baie van ons probleme in die dermkanaal, wat kan lei tot erger aandoenings soos artritis, hartsiektes en kanker. Deur jou maag en dermkanaal gesond te hou gee jy ’n groot stap na ’n goeie gesonde liggaam. Hiervoor moet die dermkanaal goeie weerstand kan bied teen gifstowwe en ander skadelike mikroörganismes.

Daar is ’n reseptor in die dermkanaal wat die liggaam se reaksie op skadelike stowwe reguleer. Navorsing aan Penn State het getoon dat wanneer ’n komponent van brokkoli met die reseptor verbind verbeter dit die vermoë van die reseptor om die dermkanaal gesond te hou. Dit is veral ’n goeie teenvoeter vir inflammasie, wat kanker en Crohn se siekte tot gevolg kan hê. Deur gewoon gereeld brokkoli te eet verbeter jy jou dermkanaal se gesondheid.

Spruitkool en blomkool het soortgelyke eienskappe as brokkoli.