Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids


16.1.09

Wintershande en -voete / Pernio

Wintershande en -voete (pernio) is die brandende, jeukunde geswel van hande en / of voete as gevolg van blootstelling aan koue.

Die koue veroorsaak dat die bloedtoevoer ingekort word.

Oefening help om die bloedsomloop te verbeter.

Boereraat:

Hou jou voete in warm water waarin paraffien is.

♦♦♦

Vryf geweerolie aan jou voete.

♦♦♦

Sit in die son en vryf paraffien aan jou voete.

♦♦♦

Smeer terpentyn aan wintervoete.

♦♦♦

Maak 1 eetlepel kalk aan met 1 bottel kookwater. Laat staan vir 24 uur voor dit afgegooi word. Gooi ´n eetlepel kalkwater oor elke bord kos wat jy eet.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

32 comments :

  1. Ly al vier jaar aan wintervoete. Al wat help is Buchu salf. Dit is ook wonderlik vir infeksies en oop wonde. Het dit selfs op 'n abses gesit wat op my kat se oog gevorm het en dit het gehelp.

    ReplyDelete
  2. Anonymous16/1/09 15:47

    Wat kan ek doen vir die verligting van winterhande? Olierige rome
    werk nie lekker nie, veral aangesien ek manlik is.

    ReplyDelete
  3. Suster Barbara Pelser16/1/09 15:48

    Hier is my resep vir wintershande- en voete:
    As jy al alles probeer het, kan jy die volgende probeer. Alhoewel dit gliserien bevat, is dit nie vetterig nie.
    een deel blou spiritis
    een deel gliserien
    twee dele melk (ja, gewone beesmelk!)
    Meng alles deeglik en smeer aan twee tot drie maal per dag. Dra ook sokkies vir voete om mee te slaap en as jy kan, slaap met handskoene!

    ReplyDelete
  4. Ek kry by die dokter n inspuiting vir wintershande so in april maand. Ses weke later kry ek my 2de inspuiting wanneer dit in die hartjie van die winter is. Ek kry geensins wintershande en sekere mense sè dat dit eers terug keer na 2 jaar. N inspuiting kos so R70 wat absoluut die moeite werd is vir n pyn- en juk vrye winter.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous17/6/15 06:30

      Hallo Lelani, kan jy die naam van inspuiting vir my stuur. het vreeslike wintersvoete kan skaars loop. E-mail adres mj.mostert@vodamail.co.za. Gebruik Shzhen se overnight feet balm net om te kan slaap. Dankie Janette

      Delete
  5. My naam is Leonie. Ek hoop julle kan my help.

    Ek sit met winters voete (soos die oumense dit genoem het)



    Op die oomblik het ek net winters tone. (een aan elke voet)



    - geswel

    - rooi

    - jeuk

    - en is baie sensitief en seer.



    - nie daardie soort wat droog of gebars is nie.



    wat kan ek gebruik vir dit?

    ReplyDelete
  6. Anonymous20/5/10 10:46

    Ek kry ook vreeslike wintershande kan Lelani dalk vir ons se watse inspuiting dit is dit klink amper vir my of dit kan werk want ek het al alles probeer niks werk nie.

    ReplyDelete
  7. Anonymous23/6/10 15:43

    Hi Lelani, ek't nog nooit van die inspuiting gehoor nie. Weet jy dalk wat die naam daarvan is? Die wintershande maak my regtig mal.

    Melissa

    ReplyDelete
  8. Shjoe, nou is ek darem verlig. Ek het begin dink ek is die enigste een wat met wintershande en voete sukkel. Ek was in trane gistraand, ek kan net nie meer die jeuk en seer verdra nie. Ek het jare terug Essaven pille gedrink wat wonderlik gewerk het, maar dit is ongelukkig van die mark ag. 'n Dr het so twee jaar terug vir my Loftyl en Be-Tab Nikotien Amied voorgeskryf, dit het gewerk maar lyk nie die jaar of dit doen nie. Kan Lelani asb vir ons se wat die inspuiting se naam is? Ek wil ook graag soos normale mense die winter lekker warm deur bring sonder seer/jeukende hande en voete...

    Asb mail my met raad wat werk????
    nikkie.visser@vodamail.co.za

    Nikkie

    ReplyDelete
  9. Anonymous15/7/10 17:07

    Daar is n gel probo fhob wat help, in apteek beskikbaar en dan self voltarin gel. Maar dit vat dit nie heeltemal weg nie. Dit verlig dit wel.

    ReplyDelete
  10. Anonymous2/8/10 13:42

    Probeer Cayenne pepper - gooi dit in jou skoene, maar dit is beter om daarvan te drink, hetsy in kapsule vorm of opgelos in water, so drie keer 'n dag (1/4 teelepel opgelos in lou water, dit brand bietjie maar jy sal gewoond raak). Dit verbeter die bloedsomloop. Moenie die in die spice afdeling gebruik nie, dit is bestraal, kry by 'n organiese plek onbestraalde of non irradiated cayenne pepper, of maak jou eie deur gedroogde chillies deur 'n koffie meul te maal, sit in kapsule of los op in water. Dit werk vir baie ander dinge ook! Sal sommer jou algemen gesondheid verbeter!

    ReplyDelete
  11. Anonymous2/8/10 13:44

    O ja, gebruik die Cayenne pepper so 3 keer 'n dag en gee twee weke ongeveer (behoort vinniger te werk) vir dit om te werk en hou aan daarmee.

    ReplyDelete
  12. Anonymous28/6/11 10:06

    Hoop iemand kan help ek weet nie of dit winterstone is of wat nie - maar van my tone is rooi, geswel dit jeuk en is baie sensitief - dit het ook so effense branderige gevoel.
    Dankie
    Karen

    ReplyDelete
  13. Anonymous4/7/11 10:52

    Karen,
    Daar kan verskeie oorsake wees hiervoor, maar die simptome dui aan op iets waarvoor jy 'n fisiese ondersoek moet ondergaan

    ReplyDelete
  14. Anonymous14/7/11 13:07

    Moenie krap nie, al juk dit hoe erg.
    Hou voete of hande warm!!!!!!! Dis belangrik!!! As dit baie koud geword het, laat weer stadig warm word. Bloodstelling aan vinnige hitte soos verwarmer sal erger maak.
    Drink magnesium, dadelik......Koop en drink dit in vloeistof vorm.
    Gebruik: Rou uie- sny deur en vryf aan. (Saggies) Laat sous in die vel intrek.
    Sny ertappel in skywe. springel sout op en vryf in.(Saggies)
    Warm groente olie en n paar druppels suurlemoensap. Vryf in.(Saggies)
    Moenie gebruik as vel gebreek is nie.
    Gaan spreek n Dr. as dit nie opklaar.

    ReplyDelete
  15. Anonymous27/4/12 10:04

    Ek het dit al vir hoe lank so 8 jaar en wat seer is ,is as ek opstaan in die oggend dan kan ek nie my vingers beweeg nie so seer is dit en kan niks optel nie

    ReplyDelete
  16. Anonymous11/6/12 10:00

    My simpatie vir almal wat winter hande of voete het!!! Dit is regtig seer!! Ek het altyd in my hande gehaat maar nou net liggies maar my voete ʼn ander storie. Dit is regtig so seer en sensitief dat ek soms net wil huil. Mense se ek moet sokkies of skoene dra maar dit maak dit net meer geïrriteerd. Ek kry by die apteek pille Nicotinamide 100mg dit is goed koop(R7 vir 30 pille) en werk (vat so 3 dae om te werk) maar jy moet dit die hele winter drink as jy stop kom dit terug. Dit se 1 ʼn dag maar ek begin met so 2 as beter raak drink ek net een ʼn dag
    Lelani asb. stuur vir my wat daai inspuiting se naam is na my epos pennysteenkamp@ymail.com

    ReplyDelete
  17. Anonymous15/6/12 14:39

    Ek sit ook met wintersvoete, ek het Nicotinamide gedrink,maar dit het glad nie vir my gewerk nie! Sal graag ook wil weet wat daai inspuiting se naam is!

    ReplyDelete
  18. Anonymous30/6/12 18:35

    Ek het een van die inspuitings gekry en ja, dit werk. dit was n calsium tipe inspuiting.....

    ReplyDelete
  19. Anonymous30/6/12 18:37

    Ek het die inspuiting gekry en dit is al wat nog gewerk het. Dit was n calsium tipe ding.

    ReplyDelete
  20. Anonymous14/5/13 14:34

    Asb julle, kan ek ook asb die inspuiting se naam kry - my wintershande het so pas begin, ek het dit al vir 20jaar :(

    christelle.coetzee2@gmail.com

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/5/13 12:14

      Vra by die dokter vir die naam.

      Delete
  21. Anonymous27/5/13 11:29

    Wat is die inspuiting se naam vir die wintershande & voete asb?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/5/13 12:15

      Vra die dokter vir die naam.

      Delete
  22. Anonymous30/5/13 13:50

    Wat is die naam van die inspuiting GROOT ASSEBLIEF!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/7/14 18:54

      Vra jou apteker om smeermiddel te meng van PreperationH, Mylocort , Antisan, en Cardiff capsules - vier- wat hulle daarin oopmaak. Gebruik so bietjie Aquaes as basis. Maak 'n potjie van ongeveer 200ml. Dit help baie. Smeer deur die winter oggend en aand aan aangetasde dele . Nie 100% weg nie maar groot verligting.

      Delete
  23. Anonymous22/6/14 21:40

    Melksalf werk! Boere smeer aan koeie se uiers. Koop by kooperasie.

    ReplyDelete
  24. Ek sukkel ook vreeslik en raak so dat dit op my kneukels bars. Grandpa poeiers in Campher met gliserien en vaseline bring verligting - maar nog ver van gesond. Niacin pille maak jou 'siek' - eet eers - dan is die rooi gloede beter. Asb iemand help ons en deel raad

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous4/9/14 13:32

      Wonder maar net of jy al van die ander boererate prober het wat hier bo staan?

      Delete
  25. Smeer LENNON WITDULSIES aan, dit vat die pyn weg. Dit het my al van die eerste dag af gehelp

    ReplyDelete
  26. Smeer LENNON WITDULSIES aan, dit vat die pyn weg. Dit het my al van die eerste dag af gehelp.

    ReplyDelete