Die koue veroorsaak dat die bloedtoevoer ingekort word.
Oefening help om die bloedsomloop te verbeter.
Boereraat:
Spyker balsem, waarvan die hoofbestanddeel terpentynolie is, kan gebruik word vir wintershande en-voete.
♦♦♦
’n Mengsel wat jy kan voorberei vir wintershande, -voete, gebarste hakskene, en selfs vir ekseem:
1 kg room met ’n waterbasis
50 mℓ gliserien,
1 klein potjie wit Vaseline (reukloos)
100g Johnson's babapoeier.
Meng alles saam en smeer mildelik aan die aangetaste dele.
♦♦♦
Meng helfte kerswas en
helfte paraffien en smeer soggens en saans aan. Dit help ook vir gebarste voete
in warm weer.
Hou jou voete in warm water waarin paraffien is.
♦♦♦
Vryf geweerolie aan jou voete.
♦♦♦
Sit in die son en vryf paraffien aan jou voete.
♦♦♦
Smeer terpentyn aan wintervoete.
♦♦♦
Maak 1 eetlepel kalk aan met 1 bottel kookwater. Laat staan vir 24 uur voor dit afgegooi word. Gooi ´n eetlepel kalkwater oor elke bord kos wat jy eet.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Soekgids aanwysers: winters voete, wintersvoete
♦♦♦
Vryf geweerolie aan jou voete.
♦♦♦
Sit in die son en vryf paraffien aan jou voete.
♦♦♦
Smeer terpentyn aan wintervoete.
♦♦♦
Maak 1 eetlepel kalk aan met 1 bottel kookwater. Laat staan vir 24 uur voor dit afgegooi word. Gooi ´n eetlepel kalkwater oor elke bord kos wat jy eet.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Soekgids aanwysers: winters voete, wintersvoete
Ly al vier jaar aan wintervoete. Al wat help is Buchu salf. Dit is ook wonderlik vir infeksies en oop wonde. Het dit selfs op 'n abses gesit wat op my kat se oog gevorm het en dit het gehelp.
ReplyDeleteWat kan ek doen vir die verligting van winterhande? Olierige rome
ReplyDeletewerk nie lekker nie, veral aangesien ek manlik is.
Hier is my resep vir wintershande- en voete:
ReplyDeleteAs jy al alles probeer het, kan jy die volgende probeer. Alhoewel dit gliserien bevat, is dit nie vetterig nie.
een deel blou spiritis
een deel gliserien
twee dele melk (ja, gewone beesmelk!)
Meng alles deeglik en smeer aan twee tot drie maal per dag. Dra ook sokkies vir voete om mee te slaap en as jy kan, slaap met handskoene!
Ek kry by die dokter n inspuiting vir wintershande so in april maand. Ses weke later kry ek my 2de inspuiting wanneer dit in die hartjie van die winter is. Ek kry geensins wintershande en sekere mense sè dat dit eers terug keer na 2 jaar. N inspuiting kos so R70 wat absoluut die moeite werd is vir n pyn- en juk vrye winter.
ReplyDeleteHallo Lelani, kan jy die naam van inspuiting vir my stuur. het vreeslike wintersvoete kan skaars loop. E-mail adres mj.mostert@vodamail.co.za. Gebruik Shzhen se overnight feet balm net om te kan slaap. Dankie Janette
DeleteLani stuur ook die resep vir my
DeleteKan jy asb die inspuitings na gee ? Sukkel baie met die wintershande
DeleteMag ek ook die naam kry groot asb
Deleteek gan mal word van seer voete
charize@realaccounting.co.za
Naam van inspuiting asb, my nr 083 349 4071
DeleteHi Lelani my man sukkel verskriklik met gebarste vingers en sy hande is seer en op die punt van sy vingers bars dit oop maak dit vir hom moeilik om te werk met sy hande wat soms so seer is hy werk baie met sy hande. Veral in die Winter pyn sy hande en is jeukerig.
DeleteSal jy asb vir my die resep aanstuur en die naam van die inspuiting.
E-pos adres: s.vloggerenberg@gmail.com
My WhatsApp nommer is 078 428 6393
Dankie!!
Mag ek ook die inspyting Naam kry asb erikaherbst2@gmail.com
DeleteHi Lelani - kan jy groot asb die inspuiting se naam vir my stuur - ek het nog nooit so erge wintershande gehad nie - kan letterlik aan niks vat nie en die word net al hoe erger. Ek sal dit opreg waardeer - adelvantonder77@gmail.com
DeleteLELANI stuur asb vir my ook inspuiting se naam, my dogter is 16 en sukkel al 3 jaar met wintersvingers. Elisnakrige@gmail.com
DeleteHi kan jy asb vir my ook die inligting van die inspuiting deurgee asb Arlenehattingh@ymail.com
DeleteHi Lelani,kan jy asb die naam van inspuiting vir my stuur na 0726486984,Dankie lekker dag
DeleteDink dit is kortisoon inspuiting, bel jul dokter rn hoor by hom/haar
DeleteMy naam is Leonie. Ek hoop julle kan my help.
ReplyDeleteEk sit met winters voete (soos die oumense dit genoem het)
Op die oomblik het ek net winters tone. (een aan elke voet)
- geswel
- rooi
- jeuk
- en is baie sensitief en seer.
- nie daardie soort wat droog of gebars is nie.
wat kan ek gebruik vir dit?
Ek kry ook vreeslike wintershande kan Lelani dalk vir ons se watse inspuiting dit is dit klink amper vir my of dit kan werk want ek het al alles probeer niks werk nie.
ReplyDeleteHi Lelani, ek't nog nooit van die inspuiting gehoor nie. Weet jy dalk wat die naam daarvan is? Die wintershande maak my regtig mal.
ReplyDeleteMelissa
Kortisoon
DeleteShjoe, nou is ek darem verlig. Ek het begin dink ek is die enigste een wat met wintershande en voete sukkel. Ek was in trane gistraand, ek kan net nie meer die jeuk en seer verdra nie. Ek het jare terug Essaven pille gedrink wat wonderlik gewerk het, maar dit is ongelukkig van die mark ag. 'n Dr het so twee jaar terug vir my Loftyl en Be-Tab Nikotien Amied voorgeskryf, dit het gewerk maar lyk nie die jaar of dit doen nie. Kan Lelani asb vir ons se wat die inspuiting se naam is? Ek wil ook graag soos normale mense die winter lekker warm deur bring sonder seer/jeukende hande en voete...
ReplyDeleteAsb mail my met raad wat werk????
nikkie.visser@vodamail.co.za
Nikkie
Daar is n gel probo fhob wat help, in apteek beskikbaar en dan self voltarin gel. Maar dit vat dit nie heeltemal weg nie. Dit verlig dit wel.
ReplyDeleteProbeer Cayenne pepper - gooi dit in jou skoene, maar dit is beter om daarvan te drink, hetsy in kapsule vorm of opgelos in water, so drie keer 'n dag (1/4 teelepel opgelos in lou water, dit brand bietjie maar jy sal gewoond raak). Dit verbeter die bloedsomloop. Moenie die in die spice afdeling gebruik nie, dit is bestraal, kry by 'n organiese plek onbestraalde of non irradiated cayenne pepper, of maak jou eie deur gedroogde chillies deur 'n koffie meul te maal, sit in kapsule of los op in water. Dit werk vir baie ander dinge ook! Sal sommer jou algemen gesondheid verbeter!
ReplyDeleteO ja, gebruik die Cayenne pepper so 3 keer 'n dag en gee twee weke ongeveer (behoort vinniger te werk) vir dit om te werk en hou aan daarmee.
ReplyDeleteHoop iemand kan help ek weet nie of dit winterstone is of wat nie - maar van my tone is rooi, geswel dit jeuk en is baie sensitief - dit het ook so effense branderige gevoel.
ReplyDeleteDankie
Karen
Karen,
ReplyDeleteDaar kan verskeie oorsake wees hiervoor, maar die simptome dui aan op iets waarvoor jy 'n fisiese ondersoek moet ondergaan
Moenie krap nie, al juk dit hoe erg.
ReplyDeleteHou voete of hande warm!!!!!!! Dis belangrik!!! As dit baie koud geword het, laat weer stadig warm word. Bloodstelling aan vinnige hitte soos verwarmer sal erger maak.
Drink magnesium, dadelik......Koop en drink dit in vloeistof vorm.
Gebruik: Rou uie- sny deur en vryf aan. (Saggies) Laat sous in die vel intrek.
Sny ertappel in skywe. springel sout op en vryf in.(Saggies)
Warm groente olie en n paar druppels suurlemoensap. Vryf in.(Saggies)
Moenie gebruik as vel gebreek is nie.
Gaan spreek n Dr. as dit nie opklaar.
Ek het dit al vir hoe lank so 8 jaar en wat seer is ,is as ek opstaan in die oggend dan kan ek nie my vingers beweeg nie so seer is dit en kan niks optel nie
ReplyDeleteMy simpatie vir almal wat winter hande of voete het!!! Dit is regtig seer!! Ek het altyd in my hande gehaat maar nou net liggies maar my voete ʼn ander storie. Dit is regtig so seer en sensitief dat ek soms net wil huil. Mense se ek moet sokkies of skoene dra maar dit maak dit net meer geïrriteerd. Ek kry by die apteek pille Nicotinamide 100mg dit is goed koop(R7 vir 30 pille) en werk (vat so 3 dae om te werk) maar jy moet dit die hele winter drink as jy stop kom dit terug. Dit se 1 ʼn dag maar ek begin met so 2 as beter raak drink ek net een ʼn dag
ReplyDeleteLelani asb. stuur vir my wat daai inspuiting se naam is na my epos pennysteenkamp@ymail.com
Ek sit ook met wintersvoete, ek het Nicotinamide gedrink,maar dit het glad nie vir my gewerk nie! Sal graag ook wil weet wat daai inspuiting se naam is!
ReplyDeleteDis n kortosoon inspuiting
DeleteEk het een van die inspuitings gekry en ja, dit werk. dit was n calsium tipe inspuiting.....
ReplyDeleteEk het die inspuiting gekry en dit is al wat nog gewerk het. Dit was n calsium tipe ding.
ReplyDeleteAsb julle, kan ek ook asb die inspuiting se naam kry - my wintershande het so pas begin, ek het dit al vir 20jaar :(
ReplyDeletechristelle.coetzee2@gmail.com
Vra by die dokter vir die naam.
DeleteWat is die inspuiting se naam vir die wintershande & voete asb?
ReplyDeleteVra die dokter vir die naam.
DeleteWat is die naam van die inspuiting GROOT ASSEBLIEF!!
ReplyDeleteVra jou apteker om smeermiddel te meng van PreperationH, Mylocort , Antisan, en Cardiff capsules - vier- wat hulle daarin oopmaak. Gebruik so bietjie Aquaes as basis. Maak 'n potjie van ongeveer 200ml. Dit help baie. Smeer deur die winter oggend en aand aan aangetasde dele . Nie 100% weg nie maar groot verligting.
DeleteKortisoon
DeleteMelksalf werk! Boere smeer aan koeie se uiers. Koop by kooperasie.
ReplyDeleteEk sukkel ook vreeslik en raak so dat dit op my kneukels bars. Grandpa poeiers in Campher met gliserien en vaseline bring verligting - maar nog ver van gesond. Niacin pille maak jou 'siek' - eet eers - dan is die rooi gloede beter. Asb iemand help ons en deel raad
ReplyDeleteWonder maar net of jy al van die ander boererate prober het wat hier bo staan?
DeleteSmeer LENNON WITDULSIES aan, dit vat die pyn weg. Dit het my al van die eerste dag af gehelp
ReplyDeleteSmeer LENNON WITDULSIES aan, dit vat die pyn weg. Dit het my al van die eerste dag af gehelp.
ReplyDeleteDie beste wat ek nog gebruik het vir hierdie slegte toestand is Whitfieldsalf. Ek kry dit by apteke. Thombophrob help ook.
ReplyDeletePrednisone pilletjies op voorskrif party apteke gee oor die toonbank en die thobothob salf en met voltaren salf werk smeer elke dag en drink 2 pilletjies elke aand werk 100% vir my sodra ek ophou dan kom dit terug het winters hande en voete
ReplyDeleteHet ook winterstone en groottoon het nou n seer gemaak en baie pynlik
ReplyDeleteAloe Ferox se Bitter Aloe Gel vat dadelik die seer en pyn weg en tone en vingers genees vinniger en is minder sensitief. Die gel help vir enige seerplek,
ReplyDeletebrandwonde, sny plekke, om bloed te stop,,selfs daardie seer klein papier snytjies wat so sukkel om gesond te word en erg irriterend is.Dis goed vir uitwendige en inwendige gebruik soos in mond en pynlike tandvleise. Onthou dit brand eers erger as jy dit aansmeer, maar dadelik gaan die pyn weg. Ek is n verpleegkundige, maar gebruik in my eie huis net Bitter Aloe Gel.Ek het uit desperaatheid dit aan my voete gesmeer toe dit so seer, rooi en sensitief is...sommer n dik laag en oopvoete gesit tot dit droog is, niks meer seer is nie en toe afgewas...onthou om versigtig te wees, want die bruin salf is geneig om oral af te smeer aan alles om jou. Beproef dit gerus..dit help vir alles. Ek sit nou hoeka met die gel aan my voete, want nog n toon is rooi en seer..en dis na 2 min sonder pyn.
Aloe Ferox se Bitter Aloe Gel vat dadelik die seer en pyn weg en tone en vingers genees vinniger en is minder sensitief. Die gel help vir enige seerplek,
ReplyDeletebrandwonde, sny plekke, om bloed te stop,,selfs daardie seer klein papier snytjies wat so sukkel om gesond te word en erg irriterend is.Dis goed vir uitwendige en inwendige gebruik soos in mond en pynlike tandvleise. Onthou dit brand eers erger as jy dit aansmeer, maar dadelik gaan die pyn weg. Ek is n verpleegkundige, maar gebruik in my eie huis net Bitter Aloe Gel.Ek het uit desperaatheid dit aan my voete gesmeer toe dit so seer, rooi en sensitief is...sommer n dik laag en oopvoete gesit tot dit droog is, niks meer seer is nie en toe afgewas...onthou om versigtig te wees, want die bruin salf is geneig om oral af te smeer aan alles om jou. Beproef dit gerus..dit help vir alles. Ek sit nou hoeka met die gel aan my voete, want nog n toon is rooi en seer..en dis na 2 min sonder pyn. Die beste is...Aloe Ferox produkte is orals maklik te kry.