Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Kneus. Show all posts
Showing posts with label Kneus. Show all posts

15.11.18

Blouoog

Die beste behandeling is om onmiddellik nadat jy die blouoog gekry het ’n katoenlap met ys daarin op die oog te hou vir so 10 minute. Jy moet dit gereeld doen die eerste 48 uur.

Boereraat:

Maak ’n mengsel van 1 teelepel Engelse sout en 1 koppie warm water en gebruik ’n stukkie watte om die oog te was met mengsel. Week dan skoon watte in die water en gaan lê en sit dit op die oog.

♦♦♦

Baie mense sweer ook by pynappel en papaja vir ’n blou-oog. Wend die moes van die vrugte aan rondom die wonde. Jy kan ook die sap van die vrugte drink of die vrugte eet. Enige vrugte met vitamien C kan geëet word om te help met die herstel.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

31.10.16

Kruie vir kwale: Bloukolle / Kneusplek

Arnika kan gebruik word vir ’n blouoog. Mens kry dit te koop in ’n verskeidenheid rome en olies wat jy op die plekke kan gebruik vir twee tot drie keer per dag.

♦♦♦

Stamp 3 stukkies gemmer fyn saam met ½ wit ui. Voeg 30 mℓ growwe meel en 30 mℓ brandewyn by en meng om ’n pap te maak. Smeer dit aan die bloukol.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

21.7.16

Kneusplek / Bloukol

’n Kneusplek (bloukol) is die gevolg van inwendige bloeding.

Die bloed kom uit beskadigde bloedvate en dit sypel deur die weefsel en lê onder die vel.

’n Harde val, byvoorbeeld, kan tot ernstige inwendige bloeding lei.

Simptome en tekens
• Pyn en swelling.
• ’n Blouerige / pers kleur.
• Patroonkneusing, waar die buitelyne van die klere wat gedra is sigbaar is. Dit moet as potensieel gevaarlik beskou word aangesien dit kan dui op skade aan inwendige organe.

Boereraat:

Week 'n wattepluisie in asyn en sit op kneusplek en laat dit daar vir omtrent een uur. Die asyn help om die kol klein te hou en verspoedig die genesingsproses.

♦♦♦

Vir kneusplekke kan jy rou vleis op die plek hou.

♦♦♦

Smeer samboksalf dik aan die kneusplek en maak toe met 'n lappie.

♦♦♦

Maak stysel en water aan tot 'n pap en sit op die kneus of stampplek - dit verhoed dat die kneusplek verkleur.

♦♦♦

Om te verhinder dat ’n bloukol vorm waar jy jou gestamp het, smeer onmiddellik botter aan.

20.4.16

Die behandeling van bloukolle / kneusplekke

1. Lig en ondersteun die beseerde deel in ’n posisie wat vir die persoon gemaklik is.
2. Hou ’n koue kompres op die beseerde area om die bloeding te beperk en die swelsel te verminder.
3. Kry mediese hulp as jy vermoed dit is ernstig.

29.7.13

Bloukolle

Linette Meyer skryf: "My man het hoë bloeddruk. Hy is 27. Hy neem medikasie hiervoor. Die laaste week kry hy vinning blou kolle. Jy raak skaars aan hom of jy stamp homself liggies dan is dit dadelik blou! Van die kolle weet hy self nie waar dit vandaan kom nie. Wat kan die veroorsaak wees! Het ons rede om bekommerd te wees?"

Antwoord: Bloukolle is die liggaam se natuurlike reaksie op trauma. Probleme met bloeding kan erge bloukolle veroorsaak, maar ek kan nie vir jou sê wat fout is nie omdat daar so baie moontlikhede is. Die beste is om jou dokter te gaan spreek.