Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Kalium. Show all posts
Showing posts with label Kalium. Show all posts

13.3.12

Vrae oor kalium


S. van Lill skryf: "Inligting oor kalium vlak wat te hoog is asseblief."

Antwoord: 'n Kaliumvlak wat te hoog is kan ook sleg wees vir jou hart en kan ook 'n onreëlmatige hartklop tot gevolg hê. Aangesien 'n mens tot 3 500 mg kalium per dag benodig sal meeste mense nie sommer 'n oordosis hiervan inkry nie. 'n Hoë kaliumvlak word normaalweg veroorsaak deur sekere medikasie of dit is 'n aanduiding van nierprobleme. Gaan spreek jou dokter hieroor.


Anoniem vra:
"Wat beteken dit as jy 'n tekort aan Kalium het?"

Antwoord:
Kalium is 'n mineraal wat voorkom in sitrusvrugte, volgraan, avokado's, groen blaargroente (veral seldery), peulvrugte en piesangs. Dit handhaaf ons waterbalans en help met hartritme, die senuweestelsel en spiersametrekkings. 'n Tekort kan simptome soos uitputting, verwarring, spierswakheid en onreëlmatige hartklop tot gevolg hê.


13.7.09

Kalium

Kalium is 'n mineraal wat voorkom in sitrusvrugte, volgraan, avokado's, groen blaargroente (veral seldery), peulvrugte en piesangs.