Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



13.3.12

Vrae oor kalium


S. van Lill skryf: "Inligting oor kalium vlak wat te hoog is asseblief."

Antwoord: 'n Kaliumvlak wat te hoog is kan ook sleg wees vir jou hart en kan ook 'n onreëlmatige hartklop tot gevolg hê. Aangesien 'n mens tot 3 500 mg kalium per dag benodig sal meeste mense nie sommer 'n oordosis hiervan inkry nie. 'n Hoë kaliumvlak word normaalweg veroorsaak deur sekere medikasie of dit is 'n aanduiding van nierprobleme. Gaan spreek jou dokter hieroor.


Anoniem vra:
"Wat beteken dit as jy 'n tekort aan Kalium het?"

Antwoord:
Kalium is 'n mineraal wat voorkom in sitrusvrugte, volgraan, avokado's, groen blaargroente (veral seldery), peulvrugte en piesangs. Dit handhaaf ons waterbalans en help met hartritme, die senuweestelsel en spiersametrekkings. 'n Tekort kan simptome soos uitputting, verwarring, spierswakheid en onreëlmatige hartklop tot gevolg hê.


1 comment :

  1. Anonymous14/4/13 12:40

    My suster het hart en nierversaking gehad 'n jaar gelede,sy het swaar geloop en alles wat sy geëet het opgebring.Sy is in die hospital opgeneem met kaliumvlakke van 8 Na behandeling is sy ontslaan en het sy mooi reggekom. Ongeveer 'n maand gelede het sy gekla van lamheid in haar onderlyf en weer presies dieselfde simtone. Dit terwyl haar hartspesialis haar 3 kalium tablette per dag voorgeskryf het sonder bloedtoetse.Sy is nou weer opgeneem met kaliumvlakke van 8 wat hulle in die hospital onder beheer moes bring.Wat gaan met hedendaagse dokters aan? Tel pasiente nie meer nie en gaan alles om geld. Dit was net 'n bestiering dat haar dogter haar gekry het want haar seun wat ook 'n dokter is sê haar hart sou gaan staan het as sy haar nie die aand gekry het nie.

    ReplyDelete