Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Koorsblaar. Show all posts
Showing posts with label Koorsblaar. Show all posts

8.1.24

Boereraat - Koorsblaar

Die meeste mense wat koorsblare kry, het ’n idee wanneer hulle gaan ontstaan. Maak 1 aspirienpil (bv. Disprin) fyn en meng met ’n druppel water op ’n slag tot jy ’n pasta het.

Was jou gesig met seep en water. Smeer dan aan die plek waar jy voel die koorsblaar gaan ontstaan. Smeer soveel aan as wat jy kan. Plak ’n pleister oor die pasta en hou so oornag.

Die volgende dag was jy jou gesig met seep en water en dan herhaal jy die proses, tot die koorsblaar weg is.

♦♦♦

Jy kan dieselfde proses gebruik om ’n pasta met koeksoda te maak vir koorsblare.

♦♦♦

Jy kan ook wit vaseline gebruik en dieselfde proses daarmee volg. Jy sal natuurlik nie ’n pasta maak daarmee nie, maar dit net so aansmeer.

♦♦♦

Om gebreekte koorsblaar te ontsmeet, drup ’n paar druppels Listerine daarop. Dis 'n sterk ontsmetmiddel.

♦♦♦

Sien ook Kruie vir kwale: Koorsblare

18.7.22

Kruie vir kwale: Koorsblare

Vir koorsblare in die mond gebruik suurlemoen, sout en koeksoda. Maak dit aan tot ’n pasta en doop jou tandeborsel daarin. Borsel jou tande behoorlik. Jou mond voel sommer lekker skoon. Dit smaak sleg, maar as jy behoorlik spoel sal jy agterkom dit werk beter as tandepasta.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op koorsblare gesmeer word.

♦♦♦

Vanielje essens word al jare gebruik om koorsblare mee weg te werk. Wend aan sodra jy voel daar kom een. Wend elke halfuur aan met ´n stukkie watte.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

26.8.19

Herpes simpleks

Herpes simpleks is ’n virale siekte wat veroorsaak word deur die herpes simplex-virus (HSV). Infeksies word geklassifiseer na gelang van die deel van die liggaam wat besmet is.

Orale herpes tas die gesig of mond aan. Dit kan lei tot groepies klein blasies wat dikwels koorsblare genoem word, of dit kan net ’n seer keel veroorsaak.

Genitale herpes, dikwels eenvoudig bekend as herpes, bring geringe simptome mee of vorm blase wat oopbreek en klein swere vorm. Dit genees gewoonlik binne twee tot vier weke. Voordat die blasies verskyn kan daar 'n tintelende gevoel of steekpyne ervaar word. Herpes wissel tussen periodes van aktiewe siekte gevolg deur simptoomvrye periodes. Die eerste episode is dikwels meer ernstig en kan gepaardgaan met koors, spierpyne, geswelde limfkliere en hoofpyn. Met verloop van tyd neem die frekwensie en hewigheid van aktiewe tye wat jy siek is.

Ander siektes wat veroorsaak word deur die herpes simplex-virus sluit onder andere in: herpetiese fyte wat die vingers aantas, herpes van die oog, herpes infeksie van die brein, en neonatale herpes wat pasgebore babas affekteer.

Nadat besmetting plaasgevind het, word die virusse met die sensoriese senuwees langs vervoer tot by die senuweeselle waar hulle lewenslank woon. Oorsake vir herhalende infeksie mag wees as gevolg van verlaagde immuunfunksies, stres en blootstelling aan sonlig. Mondelinge en genitale herpes word gewoonlik gediagnoseer op grond van die simptome wat voorkom. Die diagnose kan bevestig word deur virale kultuur of die opsporing van herpes DNA in die vloeistof wat afkomstig is uit die blase.

Herpes simplex word verdeel in twee tipes: HSV-1 veroorsaak hoofsaaklik mond, keel, gesig, oog en sentrale senuweestelsel infeksies, terwyl HSV-2 hoofsaaklik anogenitale infeksies veroorsaak. Beide kan egter lei tot infeksies in alle areas.

Tekens en simptome
HSV-infeksie veroorsaak verskeie afsonderlike mediese ongesteldhede. Algemene infeksie van die vel of slymvlies kan die gesig en mond affekteer, asook genitalieë (genitale herpes) of hande (herpetiese fyte). Meer ernstige versteurings kom voor wanneer die virus die oog besmet en beskadig (herpes keratitis), of die sentrale senuweestelsel binnedring en die brein beskadig (herpes enkefalitis). Mense met ’n onvolwasse of onderdrukte immuunstelsel, soos pasgeborenes, orgaan-ontvangers of mense met VIGS, is geneig tot ernstige komplikasies as gevolg van HSV infeksies. HSV infeksie word ook verbind met die kognitiewe agterstande van bipolêre versteuring, en Alzheimer se siekte, alhoewel dit dikwels berus op die genetika van die besmette persoon.

HSV kan nooit uit die liggaam verwyder word deur die immuunstelsel nie. Na afloop van 'n primêre infeksie, gaan die virus die senuwees binne op die plek van die primêre infeksie, migreer dan na die selliggaam van die neuron, en word sluimerend in die senuweeknoop (ganglion). As gevolg van die primêre infeksie, produseer die liggaam teenliggaampies vir die spesifieke tipe HSV, en dit werk voorkomend in teen ’n daaropvolgende infeksie van daardie tipe virus op ’n nuwe area. By mense wat met HSV-1-besmet is na afloop van ’n orale besmetting, word hulle deur serokonversie beskerm teen verdere infeksies soos fyte, genitale herpes en herpes van die oog. Dit blyk dat vroeëre HSV-1 serokonversie die simptome van ’n latere HSV-2 infeksie kan verminder, hoewel HSV-2 nog steeds opgedoen kan word.

Baie mense wat besmet is met HSV-2 vertoon geen fisiese simptome nie—individue met geen simptome word beskryf as asimptomaties of dat hul subkliniese herpes het.

Behandeling
Sekere dieetaanvullings en alternatiewe geneesmiddels maak daarop aanspraak om voordelig te wees in die behandeling van herpes. Daar is egter onvoldoende bewyse om die gebruik van hierdie middels te steun; insluitend Echinacea, eleuthero, L-lisien, Sink, monolupien, bye-produkte en aloe vera (aalwyn). ’n Aantal kleiner studies dui op moontlike voordele van hierdie produkte, maar die voorlopige studies is nog nie bevestig deur ewekansige gekontroleerde studies nie.

20.8.12

Koorsblaar


Annetjie van Emmenis skryf:

"Hoe verhoed jy koorsblare by 'n baba? As sy wel daarmee sit, wat is die goedkoopste manier om dit op te klaar? Sy is 10 maande oud."

Antwoord :

Koorsblare is hoogs aansteeklike, klein blasies op die vel rondom die mond en neus. Dit gaan dikwels gepaard met verkoue of koors. Die infeksie word veroorsaak deur die herpes simplex-virus. Jy is veral vatbaar vir die virus as jy onder stres verkeer of baie moeg is. Jou dokter sal 'n teenvirusmiddel voorskryf. Probeer om te keer dat die koorsblaar gekrap word want indien daardie selfde hande aan die oë vat kan dit blindheid veroorsaak. Sit 'n yspakkie teen die koorsblaar om dit minder te laat jeuk.

Dit is baie raar dat 'n baba koorsblare kry. Is jy seker dit is nie 'n ander aandoening nie? Sorg dat jou dokter dadelik vir baba diagnoseer en medikasie voorskryf.