Vir koorsblare in die mond gebruik suurlemoen, sout en koeksoda. Maak dit aan tot ’n pasta en doop jou tandeborsel daarin. Borsel
jou tande behoorlik. Jou mond voel sommer lekker skoon. Dit smaak sleg, maar as jy behoorlik spoel sal jy agterkom dit werk
beter as tandepasta.
♦♦♦
Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op koorsblare gesmeer word.
♦♦♦
Vanielje essens word al jare gebruik om koorsblare mee weg te werk. Wend aan sodra jy voel daar kom een. Wend elke halfuur aan met ´n stukkie watte.
♦♦♦
Die blaarsap van suurvye kan gebruik word as 'n strelende velmiddel vir koorsblare.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 145 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment