Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar blare van die medisynebossie en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir hoes, verkoue en artritis.
♦♦♦
Was die aangetaste dele van jou lyf met bosboegoe-blare en die fyngedrukte bolle van wildeknoffel.
♦♦♦
Meng 1 houer Camphor-room met 10 Grandpa-poeiers en smeer gereeld waar dit pyn.
♦♦♦
Neem 'n 2 liter bottel water en meng met 6 eetlepels engelse sout en die sap van 10 suurlemoene – drink 3 per dag.
♦♦♦
Meng 'n 2 liter bottel water met 2 eetlepels heuning en 2 eetlepels kaneel, 1 eetlepel borrie en 1 eetlepel gemmer en drink 3 maal
per dag (hou in yskas).
♦♦♦
Duiwelsklou-tee help vir artritis.
♦♦♦
Probeer 'n kombinasie van selderysaad en aloe vera (aalwyn)tablette.
♦♦♦
Smeer die pynlike areas in met arnikaolie.
♦♦♦
Gooi jenewer en laventelolie in warm water - twee druppels elk. Neem 'n waslap en trek oor die oppervlak sodat die olielagie op die waslap kom. Plaas oor hande met 'n handdoek oor en 'n warmwaterbottel bo- op vir 30 minute.
♦♦♦
Kamille en laventel kan verligting bied van artritis. Week jou hande in louwarm water met 2 druppels kamille-olie en 2 druppels laventelolie by.
♦♦♦
Meng 'n paar druppels jenewer- en sipresolie en vryf geswelde areas daarmee in vir verligting.
♦♦♦
Maak 'n smeermiddel van twee druppels elk jenewer, swartpeper en kamille olie, vyf druppels laventel en tien teelepels olyfolie.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
3.8.22
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
Enige hulp met jeuk
ReplyDeleteProbeer 'n room met 'n waterbasis.
Delete