Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Angs. Show all posts
Showing posts with label Angs. Show all posts

23.1.23

Kruie vir kwale: Angs

Maak vir jou tee met roosmaryn indien jy baie angstig is.

♦♦♦

Maak tee met pietersielie.

♦♦♦

Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïen wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

31.8.22

Asemhaling vir angstige persone

Angs kan probleme met asemhaling veroorsaak omdat jou hartklop verander. Daar is medikasie hiervoor, maar jy kan ook sekere asemhalingsmetodes gebruik:

Sit gemaklik en asem diep in deur jou neus vir 6 sekondes. Sorg dat jy "deur jou maag" asem haal.
Hou die asem in vir 3 sekondes.
Laat dit stadig uitkom deur jou mond, maar sorg dat jou jou lippe amper op mekaar is.
Ontspan jy lyf terwyl jy dit doen.
Doen dit 10 keer.

25.1.21

’n Nuwe algemene voorskrif vir psigiatriese pasiënte

Navorsers aan die Universiteit van Vermont het bevind dat talle geestesgesondheid- en gemoedsversteurings met fisieke oefensessies behandel kan word. Dit sluit ’n verskeidenheid versteurings in wat wissel van angs en depressie tot skisofrenie, selfmoord en akute psigotiese episodes. Die navorsing toon dat fisieke oefening effektief is om pasiënte se simptome te en verlig en minder afhanklik te maak van psigiatriese medikasie.
Die studie “Positive patient response to a structured exercise program delivered in inpatient psychiatry” is gepubliseer in die joernaal Global Advances in Health and Medicine.

23.9.19

Angs

Angs is ’n baie onaangename vae gevoel van afwagting, gepaard met liggaamlike sensasies, onrustigheid en rusteloosheid.

Die belangrikste kenmerk waarna sielkundiges sal kyk is onrealistiese of oormatige kommer rakende twee of meer lewensomstandighede, bv. kommer oor finansies sonder ’n grondige rede. Hiermee saamgaan gaan amper 20 simptome. Sielkundige klassifikasie vereis dat ’n sekere aantal van hierdie simptome teenwoordig sal wees.

Die simptome sluit in: bewing, rukking of ’n bewerige gevoel; spiere wat pyn; rusteloosheid; vinnige uitputting; hartkloppings; kortasem of ’n benoude gevoel; sweterigheid of koue klam hande; droëmond; duiseligheid of lighoofdigheid; naarheid; diarree of ander maagprobleme; warm of koue gloede; gereelde urinering; probleme om te sluk; jy is baie gevoelig; ’n oordrewe skrikrespons; konsentrasieprobleme of blanko denke; slaapprobleme; en geïrriteerdheid.

Ongeag hoe goed dit met hierdie persone gaan, hulle is altyd angstig en bekommerd.

13.5.19

Posttraumatiese stresversteuring

Posttraumatiese stresversteuring (PTSV) is ’n sielkundige probleem wat deur ’n traumatiese ervaring veroorsaak word, hetsy deur dit self te beleef of dit te aanskou. Mense verwys gereeld hierna as bomskok.

Dit veroorsaak ‘n ongemak en ‘n inmenging in jou daaglikse lewe. Die lyer word dikwels gekwel deur voortdurende en vreesaanjaende herinneringe aan die traumatiese gebeurtenis. Daar word gereken dat tot tien persent van die populasie geraak word deur PTSV.

Simptome en tekens
Simptome van PTSV kom gewoonlik eers voor binne drie maande na die trauma, maar kan baie langer neem om te manifesteer, selfs jare na die gebeurtenis.

Simptome sluit in vermydingsgedrag, terugflitse, nagmerries en erge angstigheid, asook onbeheerbare gedagtes oor die gebeurtenis. Die persoon vermy gewoonlik enige gedagtes en emosies, en weier om oor die traumatiese gebeure te praat of kan dit dikwels nie onthou nie.

9.5.16

Lae-koolhidraat, hoë-vet dieet gevaarlik en lei tot gewigstoename

Onlangse navorsing het aan die lig gebring dat ’n lae-koolhidraat, hoë-vet dieet in som min as 8 weke gesondheidskomplikasies kan hê en ’n vinnige gewigstoename tot gevolg kan hê.

Die bevindinge het gelei daartoe dat navorsers aan die Universiteit van Melbourne in Australië ’n waarskuwing uitreik oor sogenaamde kitsdiëte, byvoorbeeld banting en die paleo-dieet, waarvoor daar min of geen wetenskaplike bewyse is nie. Volgens die span is hierdie tipe diëte veral nie geskik vir mense wat oorgewig is en nie veel oefening kry nie.

Die ongelukkige situasie wat tans bestaan is dat die publiek stories in die massamedia glo, veral deur bekende persoonlikhede wat diëte verkoop wat nie gerugsteun word deur ordentlike navorsing nie. En vir mense met pre-diabetes of diabetes, kan die lae-koolhidraat, hoë-vet dieet veral riskant wees.

Die belangrike deel van die wetenskaplikes se waarskuwing is dat jy altyd professionele advies moet inwin om gewig te beheer en altyd streef na ’n dieet gerugsteun deur kliniese bewyse.

Die wetenskaplikes het gesien hoe muise op die diëte se glukose onverdraagsaamheid vererger het, en hul insulienvlakke gestyg het in 8 weke op die dieet. Die muise se gewig het uiteindelik met 15% van hul liggaamsgewig toegeneem en hul vet het verdubbel. In perspektief gestel, vir 'n 100 kilogram persoon, is dit die ekwivalent van ’n 15 kilogram toename in gewig in 2 maande. Hierdie vlak van gewigstoename sal jou bloeddruk laat verhoog, en verhoog jou risiko van angs en depressie. Dit kan ook been-probleme en artritis veroorsaak. Vir iemand wat reeds oorgewig is, sal hierdie diëte net bloedsuikervlakke en insulienvlakke uiteindelik verhoog. Dit kan jou daadwerklik meer vatbaar maak vir diabetes.



(foto Universiteit van Melbourne)