Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Gewigsprobleme. Show all posts
Showing posts with label Gewigsprobleme. Show all posts

25.10.23

Wil jy gewig aansit?

Eet meer gereeld
Begin stadig om 5 tot 6 kleiner maaltye gedurende die dag te eet. Jy sal dalk tye moet beplan om te eet, selfs al is jy nie so honger nie.

Kies kos met baie voedingstowwe
Stel 'n roetine op om dinge te eet en te drink waarvan jy hou en wat baie voedingstowwe sowel as kalorieë bevat. Praat met ’n dieetkundige oor hoeveel kalorieë jy per dag of in elke maaltyd moet eet.
Jy kan ook vra hoeveel porsies jy van die verskillende voedselgroepe moet eet.

Neem ekstra
Voeg ekstras by jou geregte vir meer kalorieë, soos kaas in kasserol of neutbotter op volgraanroosterbrood. Jy kan ook droë melk of vloeibare melk by kosse voeg vir ekstra proteïen en kalorieë.

Probeer smoothies en shakes
Vermy drankies met min voedingstowwe of kalorieë, soos dieetkoeldrank. Maar 'n mengsel van hoë-kalorie, voedsame bestanddele in 'n smoothie of shake kan help as jy op die pad eet. Maaltydvervangende drankies kan ook deel wees hiervan.

Oefen
Oefening, veral kragoefening, kan jou help om gewig op te tel deur jou spiere op te bou. Oefening kan ook jou eetlus stimuleer.



(foto: Andrea Piacquadio)

28.5.18

Hierdie dieet help verhoed dat ouer volwassenes verswak

’n Ontleding van alle gepubliseerde studies oor die onderwerp dui aan dat die Mediterreense dieet moontlik kan help verhoed dat ouer individue verswak. ’n Mediterreense dieet bestaan hoofsaaklik uit plantgebaseerde kosse – soos vrugte, groente, graan, peulgewasse en neute.

Dit is al hoe meer algemeen dat mense erg verswak met ouderdom. Hierdie persone het gewoonlik min energie, verloor gewig en min krag in hulle spiere. Hulle is ook meer geneig om gesondheidsprobleme te ontwikkel, frakture op te doen, gehospitaliseer te word, in ’n verpleeginrigting geplaas te word, gestremdheid of demensie te ontwikkel, of voortydig te sterf. Oor die algemeen word hierdie verswakking geassosieer met ’n laer lewenskwaliteit.

Voeding speel ’n uiters belangrike rol om hierdie kwesbaarheid te help voorkom. Britse navorsers het bevind dat diegene wat ’n Mediterreense dieet volg oor vier jaar of langer se kanse ’n verstommende 50% minder is om ernstig te verswak met veroudering. Die navorsers het opgemerk dat die Mediterreense dieet ouer individue kan help om spierkrag, gewig en energievlakke te handhaaf.

Die bevindings is vroeër vanjaar gepubliseer in die Journal of the American Geriatrics Society gepubliseer.

16.8.16

Skoon & Skraal Dieet

Skoon & Skraal is eenvoudig en doeltreffend: jy hoef nie kalorieë te tel of ingewikkelde reëls te volg nie.

Toe James Duigan – ’n top-afrigter van glanspersone – se Clean & Lean Diet die eerste keer op die rakke beland het, was dit dadelik ’n topverkoper. Die boek is_nou heeltemal hersien en bygewerk, met:

• splinternuwe resepte
• die nuutse wenke en raad
• nuwe en verbeterde ‘Sleg, Beter, Beste’-tabelle – iets wat eie is aan Duigan.

Skoon & Skraal is eenvoudig en doeltreffend: jy hoef nie kalorieë te tel of ingewikkelde reëls te volg nie. Jy word eers gehelp om ‘Skoon’ te kom deur ’n buigsame 14-dag-detoks- en eetprogram te volg, en dan gewys hoe om ‘Skraal’ te word deur jou liggaam te vorm met maklike oefeninge wat werk.


Skoon & Skraal Dieet / James Duigan -- Metz Press, April 2016; 176 p. ; sagteband. -- ISBN 9781928201717

Skoon & Skraal Dieet,
Bettie Blom,
16 Augustus 2016.

2

9.5.16

Lae-koolhidraat, hoë-vet dieet gevaarlik en lei tot gewigstoename

Onlangse navorsing het aan die lig gebring dat ’n lae-koolhidraat, hoë-vet dieet in som min as 8 weke gesondheidskomplikasies kan hê en ’n vinnige gewigstoename tot gevolg kan hê.

Die bevindinge het gelei daartoe dat navorsers aan die Universiteit van Melbourne in Australië ’n waarskuwing uitreik oor sogenaamde kitsdiëte, byvoorbeeld banting en die paleo-dieet, waarvoor daar min of geen wetenskaplike bewyse is nie. Volgens die span is hierdie tipe diëte veral nie geskik vir mense wat oorgewig is en nie veel oefening kry nie.

Die ongelukkige situasie wat tans bestaan is dat die publiek stories in die massamedia glo, veral deur bekende persoonlikhede wat diëte verkoop wat nie gerugsteun word deur ordentlike navorsing nie. En vir mense met pre-diabetes of diabetes, kan die lae-koolhidraat, hoë-vet dieet veral riskant wees.

Die belangrike deel van die wetenskaplikes se waarskuwing is dat jy altyd professionele advies moet inwin om gewig te beheer en altyd streef na ’n dieet gerugsteun deur kliniese bewyse.

Die wetenskaplikes het gesien hoe muise op die diëte se glukose onverdraagsaamheid vererger het, en hul insulienvlakke gestyg het in 8 weke op die dieet. Die muise se gewig het uiteindelik met 15% van hul liggaamsgewig toegeneem en hul vet het verdubbel. In perspektief gestel, vir 'n 100 kilogram persoon, is dit die ekwivalent van ’n 15 kilogram toename in gewig in 2 maande. Hierdie vlak van gewigstoename sal jou bloeddruk laat verhoog, en verhoog jou risiko van angs en depressie. Dit kan ook been-probleme en artritis veroorsaak. Vir iemand wat reeds oorgewig is, sal hierdie diëte net bloedsuikervlakke en insulienvlakke uiteindelik verhoog. Dit kan jou daadwerklik meer vatbaar maak vir diabetes.



(foto Universiteit van Melbourne)

19.1.16

Gewigsverlies

Ons sluit by dr Jurgens Grové in Bryanston aan om waar te neem hoe hy hierdie ma-en-dogterspan deur middel van 'n enkeldag-prosedure ’n kitstransformasie besorg wat hulle volop rede gee om te glimlag!

25.11.14

Alkohol nie goed vir jou hart nie

Navorsing by die Perelman School of Medicine aan die University of Pennsylvania het bevind dat alkohol glad nie goed is vir jou hart nie.

Enige vermindering in die gebruik van alkohol het dadelik ’n positiewe effek op jou risiko vir kardiovaskulêre siektes, jou liggaamsmassa-indeks en jou bloeddruk.


(foto Dani Lurie)