Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Depressie. Show all posts
Showing posts with label Depressie. Show all posts

14.12.22

Kruie vir kwale: Depressie

Maak vir jou tee van 5 g basielkruid saam met heuning en jy sal nuwe lus vir die lewe kry.

♦♦♦

Saffraan kan help om verligting te bied vir ligte depressie.

♦♦♦

Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïen wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.

♦♦♦

Johanneskruid kan gebruik word vir die behandeling van depressie. Lees meer oor die gebruik van johanneskruid vir die behandeling van depressie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

4.8.22

Johanneskruid vir die behandeling van depressie

Daar is heelwat navorsing wat die gebruik van johanneskruid (St. John’s Wort) vir ligte tot matige depressie ondersteun. Trouens, sommige navorsing het getoon dat die gebruik van johanneskruid -aanvullings net so effektief is as verskeie voorskrif antidepressante. Dit is onduidelik of dit voordelig is in die behandeling van ernstige depressie.

Die kruid kan egter ander medikasie affekteer en ernstige newe-effekte veroorsaak. Raadpleeg jou dokter voordat jy johanneskruid neem en jy gebruik ander medikasie.

Johanneskruid is beskikbaar as ’n aanvulling in tee, tablette en vloeistowwe.

Daar word aanbeveel dat jy tot 900 mg johanneskruid per dag neem om die simptome van ligte tot matige depressie te verminder. Hoër dosisse van 1800 mg per dag word aanbeveel vir diegene met matige tot ernstige depressie. Soos met ander antidepressante kan dit tot 4 weke neem om ’n effek te hê.

Lees meer oor die gebruik van johanneskruid vir ander kwale.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

25.1.21

’n Nuwe algemene voorskrif vir psigiatriese pasiënte

Navorsers aan die Universiteit van Vermont het bevind dat talle geestesgesondheid- en gemoedsversteurings met fisieke oefensessies behandel kan word. Dit sluit ’n verskeidenheid versteurings in wat wissel van angs en depressie tot skisofrenie, selfmoord en akute psigotiese episodes. Die navorsing toon dat fisieke oefening effektief is om pasiënte se simptome te en verlig en minder afhanklik te maak van psigiatriese medikasie.
Die studie “Positive patient response to a structured exercise program delivered in inpatient psychiatry” is gepubliseer in die joernaal Global Advances in Health and Medicine.

9.9.19

Depressie

Depressie is een van die mees algemene sielkundige aandoenings. Dit kan deur omstandighede of ´n biochemiese wanbalans veroorsaak word.

Simptome sluit in geen eetlus, ´n groter eetlus, moegheid, slaap te min of te veel, angs, lae seksdrang, hulpeloosheid en lae konsentrasie.

Kry professionele hulp as jou simptome ernstig is en meer as twee weke aanhou.

9.5.16

Lae-koolhidraat, hoë-vet dieet gevaarlik en lei tot gewigstoename

Onlangse navorsing het aan die lig gebring dat ’n lae-koolhidraat, hoë-vet dieet in som min as 8 weke gesondheidskomplikasies kan hê en ’n vinnige gewigstoename tot gevolg kan hê.

Die bevindinge het gelei daartoe dat navorsers aan die Universiteit van Melbourne in Australië ’n waarskuwing uitreik oor sogenaamde kitsdiëte, byvoorbeeld banting en die paleo-dieet, waarvoor daar min of geen wetenskaplike bewyse is nie. Volgens die span is hierdie tipe diëte veral nie geskik vir mense wat oorgewig is en nie veel oefening kry nie.

Die ongelukkige situasie wat tans bestaan is dat die publiek stories in die massamedia glo, veral deur bekende persoonlikhede wat diëte verkoop wat nie gerugsteun word deur ordentlike navorsing nie. En vir mense met pre-diabetes of diabetes, kan die lae-koolhidraat, hoë-vet dieet veral riskant wees.

Die belangrike deel van die wetenskaplikes se waarskuwing is dat jy altyd professionele advies moet inwin om gewig te beheer en altyd streef na ’n dieet gerugsteun deur kliniese bewyse.

Die wetenskaplikes het gesien hoe muise op die diëte se glukose onverdraagsaamheid vererger het, en hul insulienvlakke gestyg het in 8 weke op die dieet. Die muise se gewig het uiteindelik met 15% van hul liggaamsgewig toegeneem en hul vet het verdubbel. In perspektief gestel, vir 'n 100 kilogram persoon, is dit die ekwivalent van ’n 15 kilogram toename in gewig in 2 maande. Hierdie vlak van gewigstoename sal jou bloeddruk laat verhoog, en verhoog jou risiko van angs en depressie. Dit kan ook been-probleme en artritis veroorsaak. Vir iemand wat reeds oorgewig is, sal hierdie diëte net bloedsuikervlakke en insulienvlakke uiteindelik verhoog. Dit kan jou daadwerklik meer vatbaar maak vir diabetes.



(foto Universiteit van Melbourne)

23.10.09

Ontsnap van depressie

Ontsnap van depressie is die eerste Afrikaanse titel sedert die 1980's wat omvattende inligting bied oor die simptome, oorsake en uitwerking van depressie. Dit werp lig op die jongste navorsing, asook maniere om depressie te beheer en dit uiteindelik te oorkom.

28.2.09

Opgeruimd en Vrolik - hoe om jouself op te beur

Die stygende brandstofprys, politiek en probleme met elektrisiteit en water is genoeg om meeste mense depressief te maak. Indien jy bietjie depressief voel kan jy hierdie tien dinge probeer om die huppel terug te sit in jou stap.

Beplan iets prettig Raadpleeg die Net of jou plaaslike koerant oor wat in jou area gebeur. Maak 'n punt daarvan om een of twee goed te doen. Nooi iemand saam. Indien daar niks in jou area gebeur nie kan jy op 'n uitstappie gaan na die naaste dorp.

Wees kreatief Het jy al ooit probeer verf? Koop vandag nog vir jou verf en kwaste en laat waai, maak nie saak hoe dit lyk nie. Of dalk kan jy 'n mooi fotoalbum maak. Haal uit jou videokamera en probeer 'n 5 minute-fliek maak.

Buiten toe Vars lug was nog nooit sleg nie. Gaan stap langs 'n rivier, vlieg 'n vlieër, maak groentetuin of ry fiets.

Musiek vir jou siel Sit jou gunsteling musiek aan en sing of trek die gordyne toe en dans, dans kaal. Wat van 'n musiekinstrument leer speel? Of probeer karaoke.

Stap met 'n hond Jou hond sal baie bly wees. Indien jy nie 'n hond het nie kan jy die buurman s'n leen. Die DBV sal ook honde hê waarmee jy kan stap.

Wees 'n vrywilliger Daar word altyd vrywilligers iewers benodig. Ervaar die genot van ander help.

Verander jou huis Knap 'n vertrek self op of rangskik die meubels net anders. Gooi alles weg wat jy nie meer gebruik nie.

Hou 'n partytjie Jy hoef nie eens 'n rede te hê nie. Dink 'n tema uit vir jou partytjie.

Kry 'n massering Indien jy nog nooit die waarde van 'n goeie massering ontdek het nie is dit nou die tyd. Laat sommer ook jou hare sny.

Bel 'n vriend Verkieslik een waarmee jy lanklaas kontak gehad het. Besoek 'n bejaarde familielid of stuur 'n kaartjie aan iemand wat ver bly.


Boereraat:

Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïn wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.