Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Skisofrenie. Show all posts
Showing posts with label Skisofrenie. Show all posts

17.1.22

Blootstelling aan honde kan die risiko om skisofrenie te ontwikkel verminder

Sedert die mens die hond mak gemaak het, het die getroue, gehoorsame en beskermende dier geselskap en emosionele welstand aan die eienaar verskaf. ’n Nuwe studie het nou bevind dat dier ook ’n gesondheidsvoordeel kan inhou – ’n verminderde kans om skisofrenie as ’n volwassene te ontwikkel.

In die studie, ondersteun deur die Stanley Medical Research Institute, is die verband ondersoek tussen blootstelling aan ’n kat of hond gedurende die eerste 12 jaar en ’n latere diagnose van skisofrenie of bipolêre versteuring. Vir skisofrenie was die navorsers verbaas om ’n statisties beduidende afname in die risiko te sien vir die siekte vir iemand wat vroeg in hulle lewe aan ’n hond blootgestel is. Daar is geen beduidende verband tussen honde en bipolêre versteuring, of tussen katte en enige psigiatriese versteuring gevind nie.

Die navorsing is gepubliseer in die joernaal PLoS ONE.

25.1.21

’n Nuwe algemene voorskrif vir psigiatriese pasiënte

Navorsers aan die Universiteit van Vermont het bevind dat talle geestesgesondheid- en gemoedsversteurings met fisieke oefensessies behandel kan word. Dit sluit ’n verskeidenheid versteurings in wat wissel van angs en depressie tot skisofrenie, selfmoord en akute psigotiese episodes. Die navorsing toon dat fisieke oefening effektief is om pasiënte se simptome te en verlig en minder afhanklik te maak van psigiatriese medikasie.
Die studie “Positive patient response to a structured exercise program delivered in inpatient psychiatry” is gepubliseer in die joernaal Global Advances in Health and Medicine.

17.2.09

Skisofrenie

Skisofrenie verwys eintlik na 'n groep persoonlikheidsversteurings. 75% van mense wat hieronder gebuk gaan is tussen 15 en 45 jaar oud.

Simptome sluit in dat die pasiënt kontak met die realiteit verloor, denkversteurings, waarnemings- en gemoedsversterings en algemene psigometriese afwykings.

Dit is belangrik om op die volgende te let: 1) 'n Skisofreen besef nie dat sy / haar gedrag abnormaal is nie. 2) Meeste pasiënte ervaar een of ander delusie. Hulle het altyd een of ander idee wat sterk in kontras is met die realiteit. 3) So 'n persoon steur hom / haar glad nie aan iets soos taalreëls nie. Gewoonlik praat hulle baie, maar sê nie juis veel nie.

4) Meeste van die persone ervaar ook een of ander hallusinasie. Hulle sal byvoorbeeld stemme hoor wat nie bestaan nie. Die stemme gee ook gewoonlik een of ander opdrag. Dit gebeur minder dat hulle dinge sien wat nie regtig bestaan nie, maar dit kan ook voorkom.

5) Emosioneel openbaar hulle gewoonlik weinig emosies. Wanneer hulle egter wel emosies openbaar is dit heeltemal in stryd met dit wat ons verwag. Byvoorbeeld, wanneer 'n familielid sterf kan so 'n persoon uitbars in 'n lagbui.

6) Hierdie mense ervaar ook die uiterste verwarrings oor hul eie identiteit. 7) Dryfkrag en motivering is ook meesal afwesig. 8) Dit volg dat hierdie persone nie goed funksioneer binne normale sosiale omstandighede nie en hulle gewoon sosiaal onttrek.

Heelwat van hierdie mense kan vandag met behulp van moderne terapieë en veral antipsigosemiddels gehelp word.