Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

26.8.26

Kruie vir kwale: Depressie

Nog 'n plant wat die Khoisan gebruik het om die gemoedstoestand te verbeter is die kanna (kougoed). Depressie lyers kan baat vir by die gebruik van die plant. Die tradisionele voorbereiding is om die vars blare fyn te maak en vir 'n paar dae te los om te fermenteer en uit te droog. Dan word baie klein hoeveelhede van die gedroogde plant gekou. die veselagtige oorskot kan ingesluk óf weggegooi word.

♦♦♦

Die Khoisan het die bitterghaap onder andere gebruik om die gemoedstoestand te verbeter. Breek die stingel oop en verwyder die binneste wit stof versigtig. Gebruik dit soos kougom.

♦♦♦

Maak vir jou tee van 5 g basielkruid saam met heuning en jy sal nuwe lus vir die lewe kry.

♦♦♦

Saffraan kan help om verligting te bied vir ligte depressie.

♦♦♦

Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïen wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.

♦♦♦

Johanneskruid kan gebruik word vir die behandeling van depressie. Lees meer oor die gebruik van johanneskruid vir die behandeling van depressie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

No comments :

Post a Comment