Die blare van kanna (kougoed) kan gebruik word vir die behandeling van angs.
Die tradisionele voorbereiding is om die vars blarefyn te maak en vir 'n paar dae te los om te fermenteer en uit te droog. Dan word baie klein hoeveelhede van die gedroogde plant gekou. die veselagtige oorskot kan ingesluk word óf weggegooi word.
'n Minder algemene metode is om die gedroogde blare in warm water te week en daagliks as tee te drink.
♦♦♦
Verskeie studies het reeds bevind dat die gebruik van koljanderblare ’n kalmerende effek kan hê.
♦♦♦
Maak vir jou tee met roosmaryn indien jy baie angstig is.
♦♦♦
Maak tee met pietersielie.
♦♦♦
Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïen wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

Naand enige raad vir aseem
ReplyDeleteAngs kan probleme met asemhaling veroorsaak omdat jou hartklop verander. Daar is medikasie hiervoor, maar jy kan ook sekere asemhalingsmetodes gebruik:
ReplyDeleteSit gemaklik en asem diep in deur jou neus vir 6 sekondes. Sorg dat jy "deur jou maag" asem haal. Hou die asem in vir 3 sekondes. Laat dit stadig uitkom deur jou mond, maar sorg dat jou jou lippe amper op mekaar is. Doen dit 10 keer.