Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Akupressuur. Show all posts
Showing posts with label Akupressuur. Show all posts

4.7.11

Akupressuur

A3 skryf :
"Mens het seker drukpunte onder jou voete, wat van toepassing is op seker plekke op jou liggaam. Kan jy my daarmee help."

Antwoord :
Jy verwys na akupressuur. Akupressuur is veronderstel om te genees deur die vloei van innerlike energie te herbalanseer. Die duime en vingerpunte word gebruik om die vloei van energie (die chai) te stimuleer. Om dit behoorlik te kan doen moet jy 'n goeie kennis hê van die menslike anatomie en tradisionele Chinese geneeskunde. Dit is veral geskik vir die selfbehandeling van hoofpyn, verkoue, moegheid en hardlywigheid. Die meeste akupunte lê in natuurlike holtes van die liggaam tussen bene en spiere. Jy kan meer leer by http://www.shen-nong.com/eng/treatment/massage_practice.html