Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Aknee. Show all posts
Showing posts with label Aknee. Show all posts

28.12.22

Raad teen puisies

Eet kos wat baie selium bevat indien jy sukkel met puisies. Neute en tuna moet bo aan jou lys wees. Sink help ook. Kosse met sink is seekos, peulgewasse, grondbone, pampoensaad, lensies en eiers.

Boereraat:

Druk ’n aspirien-tablet fyn en voeg bietjie water by om ’n pasta te maak.
Bedek die puisie met die pasta.
Was dit af na ’n paar minute en die puisie sal minder rooi wees en die swelsel minder.

♦♦♦

Eiergeel is ’n uitstekende masker om te gebruik vir aknee. Wend aan en laat droog word. Spoel dan af met louwarm water.

♦♦♦

Maak ’n pasta van koeksoda en ’n bietjie water en smeer dit aan die puisies.

♦♦♦

Smeer appelasyn aan jou puisies voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Smeer tandepaste aan die puisie voor jy gaan slaap. Die puisie droog gedurende die nag uit en sal geel (ryp) wees as jy opstaan. Maak puisie skoon met alkohol - indien jy nie mediese alkohol het nie, gebruik byvoorbeeld whiskey. Moenie aan puisie druk nie - dit los merke.

♦♦♦

Sien ook Kruie vir kwale: Aknee

15.9.22

Kruie vir kwale: Aknee

Die hele bitterbos word gebruik, insluitende die wortels. Gebruik 8 g varsgekapte bitterbos per koppie kookwater. Laat trek vir 3 minute. Gebruik dit vir velaandoenings, insluitende puisies. Jy kan die mengsel aan die vel smeer in plaas van drink. Dit kan tot 8 keer per dag gedoen word. Dit kan ook aangesmeer word vir aambeie.

♦♦♦

Smeer vars suurlemoensap aan. of spons jou gesig gereeld met verdunde suurlemoensap.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op puisies, koorsblare en skurwe vel gesmeer word.

♦♦♦

Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot 'n pasta. Smeer aan puisies net voor slaaptyd en was volgende oggend met (lou) warm water af. Indien dit vir 2 weke daagliks gedoen word behoort jy die verskil te sien.

♦♦♦

Meng 1 pakkie kremetart en 2 pakkies Engelse sout en gooi dit in 1 groot bottel water. Skud goed sodat dit kan oplos. Drink elke oggend 1 eetlepel vol op jou nugter maag.

♦♦♦

As jy sukkel met aknee kan jy 'n rooibostee-sakkie baie sterk laat trek en jou gesig soggens en saans daarmee was of gebruik sommer 'n stukkie watte om die tee op jou gesig te smeer. Die tee sal nie jou gesig vlek nie, maar indien jy daaroor bekommerd is, spoel maar jou gesig met koel water af. Die tee sal wel die houer waarin jy die tee hou vlek, so gebruik maar 'n houertjie wat jy nie voor jammer is nie om die tee in te hou.

♦♦♦

Maak een koppie vars pietersielie fyn en smeer dit op jou swartkoppies. Stoom dan jou gesig vir sowat 15 minute en was af.

♦♦♦

Sommige mense staan ook hoog en laag by ´n room met hoofsaaklik kanfer as bestanddeel. Dit is glo veral geskik vir hoendervleispuisies wat regoor die vel kan ontstaan.

♦♦♦

Druk ´n knoffelhuisie pap en sit die olie aan die puisie.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

21.2.09

Verlos van die puisie in ´n japtrap

Jy is oppad uit as jy daai geelmannetjie op jou gesig bespeur. Hier is ´n paar vinnige oplossings:

1) Druk ´n knoffelhuisie pap en sit die olie aan die puisie.

2) Vir ´n opgeswelde rooi puisie neem jy die medikasie wat jy vir rooi oë gebruik en maak ´n stukkie watte nat daarmee. Hou dit op die puisie vir 15 sekondes. Die rooi kleur van die puisie behoort te verdwyn.

3) Hou ´n stukkie watte met warm soutwater op die puisie vir 3 minute. Die puisie se koppie sal verdwyn.

4) ´n Bietjie wit tandepasta op ´n puisie oornag sal ´n puisie opdroog.

5) Los ´n bietjie heuning vir 10 minute op die puisie. Dit sal van die bakterieë ontslae raak en die porieë skoon hou.