* Sommige persone staan ook hoog en laag by ´n room met hoofsaaklik kanfer as bestandeel. Dit is glo veral geskik vir hoendervleispuisies wat regoor die vel kan ontstaan.
* Eiergeel is ´n uitstekende masker om te gebruik vir aknee. Wend aan en laat droog word. Spoel dan af met louwarm water.
* Eet kos wat baie selium bevat indien jy sukkel met puisies. Neute en tuna moet bo aan jou lys wees. Sink help ook. Kosse met sink is seekos, peulgewasse, grondbone, pampoensaad, lensies en eiers.
BOERERATE
* Die eiergeel is ´n uitstekende masker om te gebruik vir aknee. Wend ook aan en lat droog word. Spoel dan af met louwarm water.
Ek sukkel ook met my vel. Is daar nie iets soos 'n vitamienaanvulling wat ek ook kan drink wat kan help met die akneë nie?
ReplyDeleteVitamine A, B, C, D en E is almal voordelig vir jou vel.
ReplyDeleteJy kan ook 'n gousblomaftreksel maak. Let wel dat jy die aftreksel nie vir kinders onder ses jaar kan gee nie en vir kinders bo ses moet jy die dosis halveer. Jy kap die blomblare fyn en gooi twee teelepels in 'n teepot wat jy vol kookwater maak en dan vir 15 minute laat trek. Drink die aftreksel drie keer per dag.
Ek is 21 en het al seker vir 4 of 5 jaar aknee op my rug, ek het medikasie daarvoor gebruik vir 6maande en daarna het dit net weer terug gekom, ek gebruik glad nie room op my rug nie omdat ek gehoor het my vel is te olierig, maar dit maak steeds geen verskil nie? Wat kan tog die probleem wees? Is daar n spesifieke vel spesialis waarna jy my kan verwys? Enige iets wat ek kan doen? Asseblief, ek is moedeloos!
ReplyDelete'n Dermatoloog sal jou kan help. Kyk by www.derma.co.za/ vir een.
ReplyDeleteEk wil net weet of eiergeel vir alle veltipes help vir puisies en of dit nie enige uitslag sal los nie.
ReplyDeleteIndien dit werk behoort dit vir alle veltipes te help.
ReplyDeleteEk het baie aknee gehad toe ek jonger was maar op die oomblik is dit nie meer so baie nie maar wat ek wel wil weet dit het merkies agter gelaat. Wat kan ek doen of gebruik om nie meer merkies te hê nie?
ReplyDeleteDit is ongelukkig wat jy nie moes doen nie. Merkies ontstaan gewoonlik as jy druk of krap aan die puisies. Jy kan die letsels probeer behandel met 'n bietjie tea tree oil.
ReplyDeleteMy seun is skaars 13 en kry al baie puisies. Ek het vir hom Gill Face Wash gekoop asook die aansmeer gel maar dit lyk nie of dit beter raak nie. Hy gaan vlge jr koshuis toe en wil hom noual help dat dit nie baie vererger nie. Ek wonder net - wat van 'n mespunt Engelse sout so 1x 'n week in 'n glas water? Was bang om al te gee sonder dat ek eers meer daaroor uitvind. Baie dankie
ReplyDeleteDie beste ding wat jy kan doen is om jou seun goeie eetgewoontes en velsorg te leer. Leer hom om sy vel skoon te hou. Seuns dink veral nie daaraan om hul gesigte skoon te maak na sport of ander fisiese aktiwiteite nie.
ReplyDeleteek is 14 en het baie puisies ek het al baie gesig was goed probeer ma niks help wat kan ek doen om van my puisies ontsla te raak
ReplyDeleteHi! Ons almal sukkel maar met puisies of aknee een of ander tyd in ons lewens!dis fine maar dit kan ook wees dat jy verkeerd eet of baie stres het, so kyk biki na wat jy eet soos moenie te veel gemors kos eet nie en moenie rook of drink nie! jy ruineer net jou lewe deur dit te doen!en MOENIE met vuil hande aan jou gesig vat nie!So was jou gesig en moenie stes nie hoor!
ReplyDeleteEn ek is in gr 7 dis nie moelik om jouself op te pas nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hi, ek het nooit puisies gehad nie, ek is nou 38 jaar. Vir die laaste 6 maande kry ek puisies baie van hulle veral blinde puisies. Ek voel of ek nou eers 'n tiener is, enige raad asb.
ReplyDeleteHi ek het puisies ek krag dit altyd stukend en dit het toe veroorsaak dat ek swart kolle het. Ek het toe baie water gedrink en my puisies het weggegaan ma soe dra ek iets soet eet of gaskoeldrink kom dit terug.( Ek het dan nog steeds swart kolle op my gesig as die puisies weg is help asb.)
ReplyDeleteHi ek ht n paar puisies!help my asb!!!
ReplyDeleteek is 18 en sukkel met erge aknee op my ken kan iemand my asb help ek smeek????????????
ReplyDeleteHi almal, eks 13 jaar oud en sukkel al 2 jaar met puisies my ouers het al duisende rande spandeer op gesig was middels maar soos julle weet dit help nie veel nie.. Ek was na n dokter toe onlangs en hy het vir my gese dat gesigwas middels vetterig-heid bevat en dit is wat puisies hoofsaaklik uit bestaan... Hy het vir my gese om n ligte sepie te probeer (probeer gerus Dove) en "ingrams" creme/room 2 keer per dag in my gesig te smeer en dit het gewerk soos n bom!! So ek beveel dit aan probeer dit!!:D
ReplyDeleteEk het n allergie van geboorte sukkel ek om my gesig reg te kry alle melk produkte slaan my gisig uit lyk soos n sproet uitslaag peisies is bje min ma as ek hom kry dan wil hy nie sommer weg gaan nie wat moet ek doen almal wil n mooi vel he asb help
ReplyDeleteMiddag wil net weet as my dogter haar siekte kry vi di maand het sy baie seer in ni rug en haar niere en sy word verskriklik naar wat kan dit veroorsaak, is dit nou maar net di HORMONE wat dit doen of wat veroorsaak dit ek soek hulp asb
ReplyDeleteMy gesig laat my altyd in die steek met die oortollige vetterigheid en die onmenslike groot puisies. Dus gee die puisies vir my vreeslike hoofpyne, dis onsettend groot en is so seer dat ek amper nie my gesig kan was nie. Gee asseblief vir my raad ek sal dit baie waardeur, want ek weet nie meer watter kant toe nie. Ek is dringend op soek na hulp. Ek kan nie meer so aankarring nie.
ReplyDelete