Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



15.9.22

Kruie vir kwale: Aknee

Die hele bitterbos word gebruik, insluitende die wortels. Gebruik 8 g varsgekapte bitterbos per koppie kookwater. Laat trek vir 3 minute. Gebruik dit vir velaandoenings, insluitende puisies. Jy kan die mengsel aan die vel smeer in plaas van drink. Dit kan tot 8 keer per dag gedoen word. Dit kan ook aangesmeer word vir aambeie.

♦♦♦

Smeer vars suurlemoensap aan. of spons jou gesig gereeld met verdunde suurlemoensap.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op puisies, koorsblare en skurwe vel gesmeer word.

♦♦♦

Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot 'n pasta. Smeer aan puisies net voor slaaptyd en was volgende oggend met (lou) warm water af. Indien dit vir 2 weke daagliks gedoen word behoort jy die verskil te sien.

♦♦♦

Meng 1 pakkie kremetart en 2 pakkies Engelse sout en gooi dit in 1 groot bottel water. Skud goed sodat dit kan oplos. Drink elke oggend 1 eetlepel vol op jou nugter maag.

♦♦♦

As jy sukkel met aknee kan jy 'n rooibostee-sakkie baie sterk laat trek en jou gesig soggens en saans daarmee was of gebruik sommer 'n stukkie watte om die tee op jou gesig te smeer. Die tee sal nie jou gesig vlek nie, maar indien jy daaroor bekommerd is, spoel maar jou gesig met koel water af. Die tee sal wel die houer waarin jy die tee hou vlek, so gebruik maar 'n houertjie wat jy nie voor jammer is nie om die tee in te hou.

♦♦♦

Maak een koppie vars pietersielie fyn en smeer dit op jou swartkoppies. Stoom dan jou gesig vir sowat 15 minute en was af.

♦♦♦

Sommige mense staan ook hoog en laag by ´n room met hoofsaaklik kanfer as bestanddeel. Dit is glo veral geskik vir hoendervleispuisies wat regoor die vel kan ontstaan.

♦♦♦

Druk ´n knoffelhuisie pap en sit die olie aan die puisie.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

No comments :

Post a Comment