Tradisionele genesers gebruik gifbol om pyn en wonde te behandel. Die buitenste bedekking van die bol (die skubbe) word op swere en absesse aangewend.
Die plant is giftig vir beeste en skape en die Khoisan het die gif vir hul pyle gebruik. Dit word ook na verwys as seeroogblom omdat blootstelling aan die oop blomme in 'n beperkte ruimte tot seer oë en selfs tot hoofpyn kan lei. Die plant bevat kragtige psigoaktiewe verbindings wat hallusinasies en ernstige vergiftiging kan veroorsaak indien dit verkeerd gebruik word. Daarom is interne toediening vir pynverligting uiters gevaarlik en gee ons nie die besonderhede van die proses nie. Ons beveel aan dat ‘n tradisionele geneser geraadpleeg word.
♦♦♦
Wanneer jy in ’n doring trap en die punt breek in jou voet af kan jy ’n skyf aartappel op die plek vasmaak. Dit sal inflammasie en swering teenwerk en kan selfs die doring nader aan die oppervlak bring.
♦♦♦
Die blare van die varkblom kan gebruik word om sere en pitswere te behandel. Was die blare in warm water om dit te ontsmet en warm te maak en verbind die seerplek daarmee oornag. Herhaal soos nodig.
♦♦♦
Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gebruik dit vir die behandeling van swere.
♦♦♦
Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met swere. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.
♦♦♦
Maak 3 knoffelhuisies fyn saam met ’n knippie sout. Sit op ’n lappie en sit op die sweer.
♦♦♦
Bak 1 middelmatige ui in die kole so heel. Haal die buitenste skille af en sit die binneste so warm moontlik op die sweer om dit oop te trek.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 148 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment