Eet kos wat baie selium bevat indien jy sukkel met puisies. Neute en tuna moet bo aan jou lys wees. Sink help ook. Kosse met sink is seekos, peulgewasse, grondbone, pampoensaad, lensies en eiers.
Boereraat:
Druk ’n aspirien-tablet fyn en voeg bietjie water by om ’n pasta te maak.
Bedek die puisie met die pasta.
Was dit af na ’n paar minute en die puisie sal minder rooi wees en die swelsel minder.
♦♦♦
Eiergeel is ’n uitstekende masker om te gebruik vir aknee. Wend aan en laat droog word. Spoel dan af met louwarm water.
♦♦♦
Maak ’n pasta van koeksoda en ’n bietjie water en smeer dit aan die puisies.
♦♦♦
Smeer appelasyn aan jou puisies voor jy gaan slaap.
♦♦♦
Smeer tandepaste aan die puisie voor jy gaan slaap. Die puisie droog gedurende die nag uit en sal geel (ryp) wees as jy
opstaan. Maak puisie skoon met alkohol - indien jy nie mediese alkohol het nie, gebruik byvoorbeeld whiskey.
Moenie aan puisie druk nie - dit los merke.
♦♦♦
Sien ook Kruie vir kwale: Aknee
Ek sukkel ook met my vel. Is daar nie iets soos 'n vitamienaanvulling wat ek ook kan drink wat kan help met die akneë nie?
ReplyDeleteVitamine A, B, C, D en E is almal voordelig vir jou vel.
ReplyDeleteJy kan ook 'n gousblomaftreksel maak. Let wel dat jy die aftreksel nie vir kinders onder ses jaar kan gee nie en vir kinders bo ses moet jy die dosis halveer. Jy kap die blomblare fyn en gooi twee teelepels in 'n teepot wat jy vol kookwater maak en dan vir 15 minute laat trek. Drink die aftreksel drie keer per dag.
Fit werk nie want ek het dit 2 jaar gedryk.
DeleteEk is 21 en het al seker vir 4 of 5 jaar aknee op my rug, ek het medikasie daarvoor gebruik vir 6maande en daarna het dit net weer terug gekom, ek gebruik glad nie room op my rug nie omdat ek gehoor het my vel is te olierig, maar dit maak steeds geen verskil nie? Wat kan tog die probleem wees? Is daar n spesifieke vel spesialis waarna jy my kan verwys? Enige iets wat ek kan doen? Asseblief, ek is moedeloos!
ReplyDeleteHi ek het die boodskap gesien wat jy gelos het... My pa het ook gesukkel met aknee en rome en pille werk nie. Wat wel werk en ek stel voor u gaan soek dit op is kumbatcha en kiefer (spelling is dalk verkeerd)
DeleteMy pa het dit 2 jaar terug begin gebruik en dit het die aknee heeltemal verwyder ek hoop dit help
'n Dermatoloog sal jou kan help. Kyk by www.derma.co.za/ vir een.
ReplyDeleteEk wil net weet of eiergeel vir alle veltipes help vir puisies en of dit nie enige uitslag sal los nie.
ReplyDeleteIndien dit werk behoort dit vir alle veltipes te help.
ReplyDeleteEk het baie aknee gehad toe ek jonger was maar op die oomblik is dit nie meer so baie nie maar wat ek wel wil weet dit het merkies agter gelaat. Wat kan ek doen of gebruik om nie meer merkies te hê nie?
ReplyDeleteDit is ongelukkig wat jy nie moes doen nie. Merkies ontstaan gewoonlik as jy druk of krap aan die puisies. Jy kan die letsels probeer behandel met 'n bietjie tea tree oil.
ReplyDeleteMy seun is skaars 13 en kry al baie puisies. Ek het vir hom Gill Face Wash gekoop asook die aansmeer gel maar dit lyk nie of dit beter raak nie. Hy gaan vlge jr koshuis toe en wil hom noual help dat dit nie baie vererger nie. Ek wonder net - wat van 'n mespunt Engelse sout so 1x 'n week in 'n glas water? Was bang om al te gee sonder dat ek eers meer daaroor uitvind. Baie dankie
ReplyDeleteEk wil huil as iemand Gill vir hulle kinders gee. My gesig het so gebrand Dat ek huil en al wat my ma gese het ad jy nie puisies soek gebruik dit. Dit het alles vererger. Ek wens hulle wil die blerry produk van die mark af haal. Veral vir n seun is n goeie produk Nivea dit is sag op jou vel. Toets die produk as ouer en voel wat dit aan jou vel doen. Die kind het jou DNA en kanse is as dit jou brand brand dit die kind. Luister as jou kind praat. Dis genoeg Dat hulle tien teen een gespot word en emosionele pyn meer as genoeg is. En hulle nie fisiese pyn ook kort nie.
DeleteDie beste ding wat jy kan doen is om jou seun goeie eetgewoontes en velsorg te leer. Leer hom om sy vel skoon te hou. Seuns dink veral nie daaraan om hul gesigte skoon te maak na sport of ander fisiese aktiwiteite nie.
ReplyDeleteek is 14 en het baie puisies ek het al baie gesig was goed probeer ma niks help wat kan ek doen om van my puisies ontsla te raak
ReplyDeleteHi! Ons almal sukkel maar met puisies of aknee een of ander tyd in ons lewens!dis fine maar dit kan ook wees dat jy verkeerd eet of baie stres het, so kyk biki na wat jy eet soos moenie te veel gemors kos eet nie en moenie rook of drink nie! jy ruineer net jou lewe deur dit te doen!en MOENIE met vuil hande aan jou gesig vat nie!So was jou gesig en moenie stes nie hoor!
ReplyDeleteEn ek is in gr 7 dis nie moelik om jouself op te pas nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hi, ek het nooit puisies gehad nie, ek is nou 38 jaar. Vir die laaste 6 maande kry ek puisies baie van hulle veral blinde puisies. Ek voel of ek nou eers 'n tiener is, enige raad asb.
ReplyDeleteHi ek het puisies ek krag dit altyd stukend en dit het toe veroorsaak dat ek swart kolle het. Ek het toe baie water gedrink en my puisies het weggegaan ma soe dra ek iets soet eet of gaskoeldrink kom dit terug.( Ek het dan nog steeds swart kolle op my gesig as die puisies weg is help asb.)
ReplyDeleteHi ek ht n paar puisies!help my asb!!!
ReplyDeleteek is 18 en sukkel met erge aknee op my ken kan iemand my asb help ek smeek????????????
ReplyDeleteHi almal, eks 13 jaar oud en sukkel al 2 jaar met puisies my ouers het al duisende rande spandeer op gesig was middels maar soos julle weet dit help nie veel nie.. Ek was na n dokter toe onlangs en hy het vir my gese dat gesigwas middels vetterig-heid bevat en dit is wat puisies hoofsaaklik uit bestaan... Hy het vir my gese om n ligte sepie te probeer (probeer gerus Dove) en "ingrams" creme/room 2 keer per dag in my gesig te smeer en dit het gewerk soos n bom!! So ek beveel dit aan probeer dit!!:D
ReplyDeleteOm die meeste weg te vat gebreuk groen sunlight seep dit werk ook om jou gesug daar meer te was
DeleteEk het n allergie van geboorte sukkel ek om my gesig reg te kry alle melk produkte slaan my gisig uit lyk soos n sproet uitslaag peisies is bje min ma as ek hom kry dan wil hy nie sommer weg gaan nie wat moet ek doen almal wil n mooi vel he asb help
ReplyDeleteMiddag wil net weet as my dogter haar siekte kry vi di maand het sy baie seer in ni rug en haar niere en sy word verskriklik naar wat kan dit veroorsaak, is dit nou maar net di HORMONE wat dit doen of wat veroorsaak dit ek soek hulp asb
ReplyDeleteMy gesig laat my altyd in die steek met die oortollige vetterigheid en die onmenslike groot puisies. Dus gee die puisies vir my vreeslike hoofpyne, dis onsettend groot en is so seer dat ek amper nie my gesig kan was nie. Gee asseblief vir my raad ek sal dit baie waardeur, want ek weet nie meer watter kant toe nie. Ek is dringend op soek na hulp. Ek kan nie meer so aankarring nie.
ReplyDeleteMy ma het my geleer om my gesig met koeksoda en water te was dit werk! Ek doen dit 1 keer n dag, en dan gooi ek die bodem van n koppie met rosyntjies en gooi kook water oor dit net tot dit bedek is en laat staan oornag ek eet dit dan die volgende oggend eerste ding dit help ook baie
ReplyDeleteEk is 16 jaar en k kry baie puisie as k dt uit druk lOs dt vlekke in m gesig,en dt jeuk vreeslik,enge raad asb?
ReplyDeleteMoet dit nie druk nie. Hou jou gesig skoon deur dit te was met n organise middle.
DeleteHii dt gan bja eeuw klink maar my vriendin ht mt di selfde probleem gesit puisies JAW oz almal haat puisies ma anyway syt by I vriend se ouma gehoor om jou eerste piepie ini oggend te vat e jow gesig da mee te was e jawp ha gesig is as new as kan kom!!!!!!!!!!!!MENSE traai dt dis dalk nt di regte oplossing vijow probleme!!!!!!!!!!!!!
ReplyDeleteEk is 29 en Mamma van 3. Ek is gesteriliseer en is glad nie op enige Pil of hormoon behandeling nie, maar my gesig slaan uit met die mees verskiklikste puisies soos bulte. Wat kan ek doen om dit te verbeter en te red? Dis baie seer en ek raak nou baie self bewus dat ek glad nie meer sonder grimering wil loop in die publiek nie. HELP!!!
ReplyDeleteDit klink nie na normale puisies nie. Dit sal beter wees om vir 'n ondersoek te gaan.
DeleteHi ek soek dringend raad, my seun het puisies (wat soos sere word)onder sy armholtes en swartkoppies onder sy arms? Sy skoolhempde is gedurig vol bloed. Ons was al by die dr met die probleem - hy het slegs gese dit is 'n rare velkwaal - weet iemand dalk van 'n boereraat of iets wat ons kan gebruik vir die probleem, hy is nou in sy tienerstadium. wil nie he die kind moet 'n kompleks ontwikkel daaroor nie.
ReplyDeleteEk sukkel net klein puisies onder die vel, word nie groot nie of kom uit nie maar ek voel dit as ek my vingers daaroor trek, ek is al in my sestigs, baie dankie
ReplyDeleteEK sukkel bja met puisies dit beindruk my selfbeeld
ReplyDeleteHi ek is oortrek met puisies sommige karbonkels wat baie seer is op my boude en bo bene, ek is 'n vrou van 53. Het dit al n paar jaar, al so baie produkte gebruik en dr se salf, niks help. Ek kan nie eers meer gaan swem nie. Moedeloos.
ReplyDeleteHi ek sukkel met puisies agter my kop soms is dit baie erg as ek dit krap dan bloed dit vervoer dit is hare puisies dit breek my selfbeeld af soek hule asb dit kom gereeld uit ek sit elke dag met die problem enige hule asb.dan gaan nou al meer as n jaar aan het al goed gebruik maar dit werk nie.soek help.
ReplyDeleteHi. EK is 21 en ek sukkel verskriklik met puisies op my rug en gesig. Ek is amper 2 jaar van die pil af maar kan die gesig makers ook puisies veroorsaak. Ek soek raad asb ek gebruik Rooibosprodukte maar kry veral op my ken
ReplyDeleteHi ek is 21 jaar oud en ek sukkel verskriklik met puisies op my rug en gesig. Ek is al amper 2 jaar van die pil af en ek weet nie of dit die masker is nie. Ek is raadop en ek gebruik Rooibosprodukte
ReplyDeleteSukkel met die dom puisies en dit wil nie weg ni en ek is nou maar amper 18 jaar oud
ReplyDeleteHi, watter gesigseep kan ek gebruik wat nie duur is vir my gesig kry kort kort puisies
ReplyDeleteProbeer gliserienseep sonder enige kleur- of geurmiddels.
Delete