Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



6.11.23

Brongitis

Brongitis is 'n infeksie van die longe. Meer spesifiek is die inflammasie van die groot lugpypvertakkings.

Dit ontstaan wanneer 'n bakteriële of virusinfeksie die oorafskeiding van die slym veroorsaak wat normaalweg die die lugweë moet klam hou. Die groot hoeveelheid slym laat jou outomaties hoes, die inflammasie vernou jou lugweë en jou voel sommer olik oor die algemeen.

Veral rokers is vatbaar hiervoor aangesien sigaretrook die slymvoerings beskadig en jou weerstand teen kieme afbreek.

Brongitis duur omtrent vir 'n week of twee en dit kan suksesvol met medikasie behandel word, veral antibiotika. Indien jy egter na 10 dae nog geen verbetering sien nie moet jy (weer) jou dokter gaan spreek.


(foto: Vlada Karpovich)

3 comments :

  1. Trudie Erasmus3/7/11 16:31

    Kan allergie vir katte bronchitis veroorsaak? Kan katte oorsaak wees vir asmatiese bronchitis?

    ReplyDelete
  2. Anonymous3/7/11 16:32

    Katte kan nie sommer vir brongitis verantwoordelik gehou word nie. Indien jy egter allergies is vir katte is dit seker nie onmoontlik dat enige aanraking met die allergene inflammasie van die slymvliese in die longe kan veroorsaak nie. Dit is wel so dat katte 'n gevaar inhou vir asmalyers aangesien 'n sekere proteien in hulle velle 'n asma-aanval teweeg kan bring.

    ReplyDelete
  3. Ek het vir n tyd lank n fluitjie in my asemhaling dit laat my nie normale hartkloppings en skoon slym

    ReplyDelete