Loading

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gids (onder) om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.


A  B  C  D  E  F  G  H  I  K  M  N  O  P  R  S  T  U  V  W  Z  Medisinale gebruike van kruie  Kruiegids

12.7.10

Spierpyn

Ooreising of ongewone oefening kan aanleiding gee tot geskeurde spiere, wat inwendige bloeding en swelling, pyn en stramheid veroorsaak.

Rus tot die pyn verminder. Doen dan versigtig ligte oefening om van die styfheid ontslae te raak. Staak egter dadelik indien die pyn weer opvlam of vererger. Pynstillers en spierverslappers sal ook verligting bied.

Indien jy geen verligting ervaar nie moet jy jou dokter gaan spreek.

11 comments :

  1. Anonymous13/7/10 12:41

    Vra eerder jou dokter om jou na 'n spesialis te verwys. Oorweeg ook fisioterapie.

    ReplyDelete
  2. Ek het die afgelope tyd spierpyn in my skouer en blad.ek het al 'n dokter gesien, waarop hy my 'n inspuitinggegee het en van pynpille voorsien het. die pyn het effens bedaar. Die pyn het ek nou omtrent 1 maand in my skouer en blad. Ek het al deepheat probeer, waarop dit die pyn liggies verlig het. Moet ek miskien remedy blue gebruik? Ek het gehoor dit sal werk.

    ReplyDelete
  3. Ronel Bohme13/7/10 12:43

    Ek het my kuit beseer met tennis en wil weet wat is die vinnigste manier van behandeling om so gou moontlik weer te kan speel. My kuit is nie geskeer nie maar trek en pyn as ek vinnig loop of enige sport doen.

    ReplyDelete
  4. Anonymous13/7/10 12:44

    Die beste medikasie is om alle sport te staak en te rus tot die pyn verdwyn. Strek gereeld die areas en maseer dit. Na dit herstel moet jy oefeninge doen om dit te versterk. Strekoefeninge waar jy teen 'n muur druk is ideaal. Staan met jou hande teen die muur, een voet omtrent 'n meter weg van die muur plat op die grond met jou been reguit en druk teen die muur vir 30 sekondes. Ruil bene. Doen dit 'n paar keer per dag. Loop ook om die beurt op jou hakke en tone. Jy sal ook nog 'n paar oefeninge moet kry wat kan help met versterking. Vra vir jou afrigter.

    ReplyDelete
  5. Salomie de Beer13/7/10 12:44

    My seun is 14 jaar oud. Hy kla al geruime tyd dat sy hakke seer is. Die dokter het ons aangeraai om spesiale vorms wat in die skoen pas om die skok wanneer hy rugby speel of atletiek doen te absorbeer. Ek het dit by 'n fisioterapeut gekoop. Nou kry hy die laaste twee weke rooi merke op sy hakke, amper soos as jou skoen of klere jou druk. Hy kla dat dit baie pynlik is. Hy dra nie die vorms in sy skoolskoene nie en op die oomblik is daar ook nie sport waaraan hy deelneem nie.

    ReplyDelete
  6. Anonymous13/7/10 12:45

    Neem jou seun na 'n ortopeet of 'n voetheelkundige vir 'n opinie, sodat daar presies bepaal kan word waar fout is.

    ReplyDelete
  7. Anonymous13/7/10 12:46

    Die spesialis is reg dat dit tyd gaan neem en slegs 'n dokter kan vir jou ma pynmedikasie voorskryf. Ongelukkig is die kanse ook skraal dat daar 'n oplossing is wat "vinnig" gaan werk.
    Wat mens kan doen is om te probeer om met 'n gesonde leefstyl die genesing te bespoedig. Mens moet dus die inflammasie behandel. Inflammasie is 'n algemene oorsaak van pyn. Julle kan jou ma se dieet aanpas deur so gereeld as moontlik voedselsoorte met anti-inflammatoriese eienskappe in te sluit. Maak net seker dat sy nie allergies is vir iets nie.
    Borrie baklei voor in die ry. Inflammasie, of te nie, 'n teelepel borrie per dag is uitstekend vir ons algemene gesondheid. Dan het sy bessievrugte, flassaad, knoffel, olywe, rooi uie en pampoensaad nodig. Koop eiers wat verryk is met omega-3. Dan moet vis 'n groot deel van haar dieet uitmaak, meer spesifiek haring, makriel, sardyne en salm.
    Hoop julle raak sommer binnekort van die inflammasie ontslae.

    ReplyDelete
  8. My ma het onlangs vir haar tweede rug operasie gegaan. Haar werwels het begin om die senuwee na haar been vas te knyp. dit het veroorsaak dat haar been begin lam raak.
    Na die operasie, nou al so 4 weke terug, het sy vreeslike pyn en spasma in haar been. ons het al x-strale en bloedtoetse geneem.Die spesialis het ook gese die spasma in haar been is inflamasie op die senuwee punte en sal tyd vat om te genees. sy gaan ook gereeld vir fisioterapie.
    Die pyn pille wat hulle vir haar voorgeskryf het, werk net nie vir hierdie pyne nie.nou drink sy net slaappille om deur die pyn te kom, wat ook nie gesond is nie.my vraag aan u is, wat kan sy drink of eet vir vinnige pynverligting van so tipe spasma? sy is hoogs allergies vir amper alle pyn medikasie (voltarin/morfien ens).
    Is daar 'n natuurlike wenk of boereraat wat kan help ASB....... raadop.
    Baie dankie vir die hulp.

    ReplyDelete
  9. Anonymous7/2/13 19:17

    Ek het di afgelope week met my gym sesie my been (in di buig van die been) beseer my lunges daars so skiet gevoel in my been raad enige iemand

    ReplyDelete
  10. Anonymous28/9/14 09:15

    Hi m skoon ma het ha voet seer gemaak en hy swel vreeslik bja en is pot blou kan dt wees laat sy n spier geskeer het of iets want sy kan ni op hom loop ni

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous28/9/14 10:49

      Ja, dit klink soos 'n spier of iets in die voet.

      Delete