Rus tot die pyn verminder. Doen dan versigtig ligte oefening om van die styfheid ontslae te raak. Staak egter dadelik indien die pyn weer opvlam of vererger. Pynstillers en spierverslappers sal ook verligting bied.
Indien jy geen verligting ervaar nie moet jy jou dokter gaan spreek.
Boereraat:
Gooi 'n halwe koppie appelasyn in badwater.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

Vra eerder jou dokter om jou na 'n spesialis te verwys. Oorweeg ook fisioterapie.
ReplyDeleteMy 12 jarige dogterjie het gister haarself ooreis met atletiek dat die bloed spatsels onder haar vel op haar wange en bobene gewys het. wat is die beste raad wat jy my dalk kan gee
DeleteEk het die afgelope tyd spierpyn in my skouer en blad.ek het al 'n dokter gesien, waarop hy my 'n inspuitinggegee het en van pynpille voorsien het. die pyn het effens bedaar. Die pyn het ek nou omtrent 1 maand in my skouer en blad. Ek het al deepheat probeer, waarop dit die pyn liggies verlig het. Moet ek miskien remedy blue gebruik? Ek het gehoor dit sal werk.
ReplyDeleteEk sukkel ook met n n spasma wat in my blad vasknyp en ek loop al 4 mnde al so.met die ondraaglike pyn. Pynstillers en spierverslappers werk glad nie. My arm kry soms pins & needles en my hand gaan dood
DeleteWat moet ek doen. Ek kan nie meer die pyn hanteer nie. Help my asb???
Wat Moet ek gebruik
DeleteEk het my kuit beseer met tennis en wil weet wat is die vinnigste manier van behandeling om so gou moontlik weer te kan speel. My kuit is nie geskeer nie maar trek en pyn as ek vinnig loop of enige sport doen.
ReplyDeleteDie beste medikasie is om alle sport te staak en te rus tot die pyn verdwyn. Strek gereeld die areas en maseer dit. Na dit herstel moet jy oefeninge doen om dit te versterk. Strekoefeninge waar jy teen 'n muur druk is ideaal. Staan met jou hande teen die muur, een voet omtrent 'n meter weg van die muur plat op die grond met jou been reguit en druk teen die muur vir 30 sekondes. Ruil bene. Doen dit 'n paar keer per dag. Loop ook om die beurt op jou hakke en tone. Jy sal ook nog 'n paar oefeninge moet kry wat kan help met versterking. Vra vir jou afrigter.
ReplyDeleteMy seun is 14 jaar oud. Hy kla al geruime tyd dat sy hakke seer is. Die dokter het ons aangeraai om spesiale vorms wat in die skoen pas om die skok wanneer hy rugby speel of atletiek doen te absorbeer. Ek het dit by 'n fisioterapeut gekoop. Nou kry hy die laaste twee weke rooi merke op sy hakke, amper soos as jou skoen of klere jou druk. Hy kla dat dit baie pynlik is. Hy dra nie die vorms in sy skoolskoene nie en op die oomblik is daar ook nie sport waaraan hy deelneem nie.
ReplyDeleteNeem jou seun na 'n ortopeet of 'n voetheelkundige vir 'n opinie, sodat daar presies bepaal kan word waar fout is.
ReplyDeleteDie spesialis is reg dat dit tyd gaan neem en slegs 'n dokter kan vir jou ma pynmedikasie voorskryf. Ongelukkig is die kanse ook skraal dat daar 'n oplossing is wat "vinnig" gaan werk.
ReplyDeleteWat mens kan doen is om te probeer om met 'n gesonde leefstyl die genesing te bespoedig. Mens moet dus die inflammasie behandel. Inflammasie is 'n algemene oorsaak van pyn. Julle kan jou ma se dieet aanpas deur so gereeld as moontlik voedselsoorte met anti-inflammatoriese eienskappe in te sluit. Maak net seker dat sy nie allergies is vir iets nie.
Borrie baklei voor in die ry. Inflammasie, of te nie, 'n teelepel borrie per dag is uitstekend vir ons algemene gesondheid. Dan het sy bessievrugte, flassaad, knoffel, olywe, rooi uie en pampoensaad nodig. Koop eiers wat verryk is met omega-3. Dan moet vis 'n groot deel van haar dieet uitmaak, meer spesifiek haring, makriel, sardyne en salm.
Hoop julle raak sommer binnekort van die inflammasie ontslae.
My ma het onlangs vir haar tweede rug operasie gegaan. Haar werwels het begin om die senuwee na haar been vas te knyp. dit het veroorsaak dat haar been begin lam raak.
ReplyDeleteNa die operasie, nou al so 4 weke terug, het sy vreeslike pyn en spasma in haar been. ons het al x-strale en bloedtoetse geneem.Die spesialis het ook gese die spasma in haar been is inflamasie op die senuwee punte en sal tyd vat om te genees. sy gaan ook gereeld vir fisioterapie.
Die pyn pille wat hulle vir haar voorgeskryf het, werk net nie vir hierdie pyne nie.nou drink sy net slaappille om deur die pyn te kom, wat ook nie gesond is nie.my vraag aan u is, wat kan sy drink of eet vir vinnige pynverligting van so tipe spasma? sy is hoogs allergies vir amper alle pyn medikasie (voltarin/morfien ens).
Is daar 'n natuurlike wenk of boereraat wat kan help ASB....... raadop.
Baie dankie vir die hulp.
Hi daar en sit in die selfde bootjie as jou ma hoop hule kan vir ons raad gee
DeleteEk het di afgelope week met my gym sesie my been (in di buig van die been) beseer my lunges daars so skiet gevoel in my been raad enige iemand
ReplyDeleteHi m skoon ma het ha voet seer gemaak en hy swel vreeslik bja en is pot blou kan dt wees laat sy n spier geskeer het of iets want sy kan ni op hom loop ni
ReplyDeleteJa, dit klink soos 'n spier of iets in die voet.
DeleteHelp asseblief my spiere gaan in spama van my voete tot my nek. Dirt is geweldig seer. Al wat help die die mediekasie wat my dokter gee en om op n warm bed te le. Ek het ook baie baie probleme mer familie en hartseer. Ek sal dit waardeer as u my kan help. My familie dink ek sit aan.
ReplyDeleteHet n pyn uit my middel rug na my boud dan van daar af na my knie en onder been slaap nie in die nag so pyn dit dis n brand steek pyn
ReplyDeleteHet n vreeslike pyn vanaf m,y middel rug na my boud en heup van daar na my knie en dan in my onderste deel van my been, net in die nag\
ReplyDeleteEk het vreeslik spasma in my linkerkant van rug spier. Dit voel soos n klip wat in my spier op en af beweeg van my vlerke tot in die middel van my rug. Pille help net tot dit ytgewerk het.
ReplyDeleteAs my spier op sy ergste is dan maak dit my linker boarm ook doods pyn.
ReplyDeletehttps://youtu.be/XhM_uOua360
DeleteEk het erg pyn in die linkerkant van my bors doter se dis i spier wat seer gekry it wat inflimassie veroorsaak het maar die medikasie help nie en pyn word net erger
ReplyDeleteMaak seker jy rus daai kant van jou bolyf so veel as moontlik. Herstel gaan van rus afhang. Moet ook niks swaar optel nie. Vermy vet en koffie sover moontlik.
DeleteHallo , ek het n spier wat vassteek in die middel van my vlerkie wat na my ruggraat toe verprei , dis baie seer en ek kan nie meer uit die bed uit opstaan nie dan steek hy vas. Kan nie my baba optel nie dan maak hy seer.
ReplyDeleteKan enige iemand my se hoe verbeter ek dit ? En sal dit weggaan ?
As dit vasknyp iewers gaan jy iemand nodig kry wat kan seker maak wat die situasie is en dit regmaak. Dink daaraan om iemand soos 'n fisioterapeut te gaan sien.
DeleteHi about 2 months ago a heavy piece of wood fell on my leg...the back of my leg..and is still struggle to us my leg I can't put my leg down on the bed it burns and sometimes even get blue..I can really touch it. What can I do
ReplyDelete