Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Voete. Show all posts
Showing posts with label Voete. Show all posts

5.3.24

Voetskimmel

Voetskimmel is ´n swaminfeksie. Dit word normaalweg in openbare plekke soos swembaddens en aantrekkamers opgetel.

Dit is moelik om van ontslae te raak. Die vel rondom die tone raak aanvanklik rooi en jeukerig, dan wit en vogtig en uiteindelik dop en skilfer die vel af. In ernstiger gevalle mag die toonnaels selfs geel en vergroeid raak.

Boereraat:

Sit watte met heuning en appelasyn daarop en los oornag aan.
Gaan sien jou dokter sodra dit aanhou of terugkom.

♦♦♦

Vicks VapoRub help vir skimmel op toonnnaels. Dit is glo die tiemie in die Vaporub wat die skimmel verdryf.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

10.12.20

Voetsorg

‘n Mens kan maklik in die koue wintermaande jou voete afskeep ... en al wat dit verg om liddorings en eelte doeltreffend te verhinder of te behandel, is ‘n klein bietjie tyd en kundigheid.

Boereraat:

As jou voete seer en geswel is moet jy warm water met ’n hand vol Engelse sout en ’n halwe koppie asyn daarin in ’n emmer gooi en die voete daarin hou tot die water begin koud word. Droog goed af en smeer in met spiritus.

♦♦♦

Vir skurwe voete of hande, gooi ’n hand vol hawermeel in kokende water en laat afkoel. Gooi bietjie asyn by. Was jou hande of voete in die water en droog goed af. Smeer nou in met soetolie.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.11.20

Kruie vir kwale - Voete

As jou hakskene of voete seer is, smeer olyf - of kookolie aan skurwe hakskene die aand voor jy hulle skuur.

♦♦♦



Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.8.19

Vriesbrand

Vriesbrand kom voor wanneer die ekstremiteite van die liggaam (ore, neus, ken, hande, voete) blootgestel word aan langdurige of intense koue blootgestel word.

Die blootstelling kan oppervlakkig wees, waar slegs die vel gevries word, of dit kan diep wees, waar beide die vel en onderliggende weefsel gevries word. In ernstige gevalle kan gangreen ontwikkel.

Vriesbrand gaan soms gepaard met hipotermie. Hipotermie moet voor vriesbrand behandel word.

Simptome en tekens
• Prikkelende pyn in aangetaste deel, gevolg deur geleidelike gevoelloosheid.
• Beweging van die aangetaste deel is moeiliker.
• Die vel voel hard en styf.
• Die vel lyk oormatig wit of het blou spikkels.
Behandeling
1. Sorg dat die persoon binnemuurs is of ordentlike skuiling het.
2. Verwyder enige klerasie of bedekking om die aangetaste deel.
3. Maak enige beklemmende klerasie of juweliersware los.
4. Verwarm die aangetaste deel met jou liggaam.
5. Plaas die aangetaste deel nou in warm water – indien beskikbaar.
6. Indien die tekens en simptome binne ’n uur verbeter kan jy die behandeling staak, maar moet nie die persoon weer aan koue blootstel nie.
7. Lig die aangetaste deel op om swelsel en pyn te verlig.
8. Bedek die aangetaste deel met ’n sagte wondbedekking.
9. Neem die persoon na ’n hospitaal.

Waarskuwings
• Moenie die persoon op ontdooide voete laat loop nie.
• Moet nie die aangetaste dele vryf of masseer nie.
• Moenie blase oopbreek nie. • Moenie salf aan die aangetaste deel smeer nie.
• Moenie die aangetaste deel met droë of uitgestraalde hitte verwarm nie.


Stadia van vriesbrand

11.12.17

Voetfrakture

Voetfrakture is gewoonlik die gevolg van ’n eksterne oorsaak; byvoorbeeld as ’n swaar voorwerp op jou voet val. Dit kan egter ook deur ’n val, sprong of verdraaiing veroorsaak word.

Simptome en tekens
• Pyn in die voet wat deur beweging vererger word.
• Teerheid by die plek van die fraktuur.
• Die plek kan geswel en gekneus wees.
• Die voet kan misvorm wees.

29.10.15

Voete - skurwe voete, gebarste hakskene

Vir skurwe voete smeer jy ´n bevogtiger aan jou voete. Sit dan ´n dun lagie vaseline op jou voetsole. Trek dan sokkies aan wat jy warm gemaak het in ´n droeër. Gaan slaap met die sokkies aan. Die volgende dag behoort jou voete baie beter te wees.

Boereraat:

Rol 'n gholfbal onder jou voete op lang vlugte om swelling te voorkom.

♦♦♦

Vir gebarste hakskene, week jou voete vir 'n hele rukkie in warm water met 'n handvol growwe sout in. Doen dit net voor jy gaan slaap. Droog liggies af met 'n handdoek, smeer 'n dik laag vaseline oor jou voete, trek 'n plastieksakkie bo-oor en trek 'n paar sokkies bo-oor die sakkies. Klim in die bed en slaap.