Hier is ’n paar resepte van gebruikers vir wintershande- en voete:
As jy al alles probeer het, kan jy die volgende probeer. Alhoewel dit gliserien bevat, is dit nie vetterig nie.
een deel blou spiritis
een deel gliserien
twee dele melk (ja, gewone beesmelk)
Meng alles deeglik en smeer aan twee tot drie maal per dag. Dra ook sokkies vir voete om mee te slaap en as jy kan, slaap met handskoene!
Probeer Cayenne pepper - gooi dit in jou skoene, maar dit is beter om daarvan te drink, hetsy in kapsule vorm of opgelos in water, so drie keer 'n dag (1/4 teelepel opgelos in lou water, dit brand bietjie maar jy sal gewoond raak). Dit verbeter die bloedsomloop. Moenie die uit die spesery-afdeling van supermarkte gebruik nie, dit is bestraal, kry by ’n organiese handelaar onbestraalde of non-irradiated cayenne pepper, of maak jou eie deur gedroogde rissies deur 'n koffiemeul te maal. Dit werk vir baie ander dinge ook. Sal sommer jou algemene gesondheid verbeter.
Aloe Ferox se Bitter Aloe Gel vat dadelik die seer en pyn weg en tone en vingers genees vinniger en is minder sensitief. Die gel help vir enige seerplek,
brandwonde, snyplekke, om bloed te stop, selfs daardie seer klein papier snytjies wat so sukkel om gesond te word en erg irriterend is. Dis goed vir uitwendige en inwendige gebruik soos in mond en pynlike tandvleis. Onthou dit brand eers erger as jy dit aansmeer, maar dadelik gaan die pyn weg. Ek is n verpleegkundige, maar gebruik in my eie huis net Bitter Aloe Gel. Ek het uit desperaatheid dit aan my voete gesmeer toe dit so seer, rooi en sensitief is ... sommer ‘n dik laag en oop voete gesit tot dit droog is, niks meer seer is nie en toe afgewas...onthou om versigtig te wees, want die bruin salf is geneig om oral af te smeer aan alles om jou. Beproef dit gerus. Dit help vir alles.
Showing posts with label Hande. Show all posts
Showing posts with label Hande. Show all posts
16.5.24
14.1.21
Boererate vir hande
Boereraat:
Was jou hande in dikmelk, hoe suurder die melk hoe beter. Na ’n paar dae sal jou hande mooi skoon en glad wees.
♦♦♦
Suurlemoensap sal hande wat deur groente gevlek is weer mooi skoon maak.
♦♦♦
Jy kan ook suurlemoensap gebruik om nikotienvlekke van jou hande te verwyder.

Etikette:
Hande
19.8.19
Vriesbrand
Vriesbrand kom voor wanneer die ekstremiteite van die liggaam (ore, neus, ken, hande, voete) blootgestel word aan langdurige of intense koue blootgestel word.
Die blootstelling kan oppervlakkig wees, waar slegs die vel gevries word, of dit kan diep wees, waar beide die vel en onderliggende weefsel gevries word. In ernstige gevalle kan gangreen ontwikkel.
Vriesbrand gaan soms gepaard met hipotermie. Hipotermie moet voor vriesbrand behandel word.
Simptome en tekens
• Prikkelende pyn in aangetaste deel, gevolg deur geleidelike gevoelloosheid.
• Beweging van die aangetaste deel is moeiliker.
• Die vel voel hard en styf.
• Die vel lyk oormatig wit of het blou spikkels.
Behandeling
1. Sorg dat die persoon binnemuurs is of ordentlike skuiling het.
2. Verwyder enige klerasie of bedekking om die aangetaste deel.
3. Maak enige beklemmende klerasie of juweliersware los.
4. Verwarm die aangetaste deel met jou liggaam.
5. Plaas die aangetaste deel nou in warm water – indien beskikbaar.
6. Indien die tekens en simptome binne ’n uur verbeter kan jy die behandeling staak, maar moet nie die persoon weer aan koue blootstel nie.
7. Lig die aangetaste deel op om swelsel en pyn te verlig.
8. Bedek die aangetaste deel met ’n sagte wondbedekking.
9. Neem die persoon na ’n hospitaal.
Waarskuwings
• Moenie die persoon op ontdooide voete laat loop nie.
• Moet nie die aangetaste dele vryf of masseer nie.
• Moenie blase oopbreek nie. • Moenie salf aan die aangetaste deel smeer nie.
• Moenie die aangetaste deel met droë of uitgestraalde hitte verwarm nie.

Stadia van vriesbrand
27.9.17
Frakture van die hand en vingers
Simptome en tekens
• Die persoon kan nie die vingers gebruik nie.
• Die plek van die besering is geswel en gekneus.
Behandeling
1. Bring enige bloeding onder beheer.
2. Beskerm die beseerde hand deur dit in ’n sagte kussing toe te vou.
3. Die hand moet dan met ’n opligverband ondersteun word.
4. Bind die arm ook aan die bors vas.
5. Kry die persoon by ’n hospitaal.

27.1.16
Die behandeling van wonde aan die handpalm
1. Plaas ’n steriele wondbedekking op die wond en oefen druk uit om die bloeding te beheer.
2. Laat die persoon die druk volhou deur ’n vuis te maak oor die wondbedekking – gebruik die ander hand indien daardie hand te seer is.
3. Lig die beseerde arm.
4. Verbind die vuis deur die los punte van die wondbedekking styf vas te bind oor die kneukels en sodoende die druk in stand te hou.
5. Ondersteun die arm met ’n oplighangverband.

20.1.16
Wonde aan jou palm
’n Wond aan die handpalm kan ernstig bloei. Sulke wonde gaan ook soms gepaard met frakture. Indien die wond diep is, kan die senuwees en senings in die hand beskadig word.
Simptome:
Pyn by die wond.
Ernstige bloeding.
Verlies van gevoel en beweging in die vingers en hand – dit is wanneer die senuwees en senings afgesny is.
Beheer die bloeding en kry die persoon so gou moontlik by ’n hospitaal. Moet nie enige ingebedde voorwerpe probeer verwyder nie.

10.6.13
Rus jou hande
Vul ´n bak met warm water en gooi 1 teelepel Epsom-sout by. Gooi ´n paar albasters in die bak. Hou jou hande onder die water terwyl jy liggies met die albasters speel.
Etikette:
Hande
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)