Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Bloedneus. Show all posts
Showing posts with label Bloedneus. Show all posts

18.11.15

Die behandeling van ’n bloedneus

1. Laat die persoon vooroor sit met die kop vêr vorentoe. Maak enige stywe klere om die nek en borskas los.
2. Sê aan die persoon om deur die mond asem te haal en die sagte deel van die neus toe te knyp.
3. Sê die persoon moet enige bloed in die mond uitspoeg.
4. Staak die drukking na 10 minute. Indien die bloeding nog nie opgehou het nie, sit dit voort vir nog 10 minute. Die persoon moet NOOIT sy of haar kop oplig nie.
5. Terwyl die kop vooroor is maak jy die neus en mond saggies skoon met ’n depper of wondbedekking wat in lou water gedoop is. Moet NIE die neus toestop nie.
6. As die bloeding ophou moet die persoon alle inspanning vermy. Die neus moet ook nie vir ten minste 4 uur lank gesnuit word nie – dit kan weer die wond versteur.
7. Indien die bloeding na 30 minute nog steeds aanhou of nog nie opgehou het nie, kry mediese behandeling.

2.9.15

Neusbloei

'n Sterk stroom helderrooi bloed uit die neus dui gewoonlik op skade aan die neuskanaal, selfs 'n moontlike gebreekte neus.

'n Dun straaltjie strooikleurige vloeistof uit die neus is die teken van 'n gebreekte skedel. Die strooikleur word veroorsaak deur bloed wat meng met helder serebro-spinale vloeistof - behandel die besering soos vir inwendige bloeding.

Marianne Steinmann skryf:

"My dogter (7) se neus bloei vir maande glad nie en dan ewe skielik bloei dit vir dae aaneen - 6 - 8 keer per dag. Het haar alreeds by die dokter gehad - die het bloedtoetse aangevra en haar vol bloedtelling was reag. Nou will ek weet is dit iets waarvoor sy allergies is / haar dieet? Is daar is soort van aanvullende vitamiene wat ek vir haar kan gee?"

Antwoord:

'n Neusbloei begin gewoonlik by die septum wat die twee kamers van die neus skei. By volwassenes kan dit ook elders begin en die gevolg wees van hoë bloeddruk of verharde are.

Die dokter moet liefs besluit oor enige vorm van medikasie. Jy kan wel jou apteker vra vir 'n neussproei wat daarvoor help.

Jy kan verder help deur die humiditeit in julle huis te verhoog en kyk of dit dalk help.
Wanneer haar neus bloei laat haar regop sit en haar neus toeknyp met haar vingers vir 10 minute.