Jong kinders is veral geneig om allerhande voorwerpe in hul neuse te druk. Moenie probeer om self die voorwerp te verwyder nie. Neem die persoon na die hospitaal.
Simptome en tekens
• Die persoon sukkel om deur die neus asem te haal.
• Die neus kan geswel wees.
• Daar kom dikwels bloed uit een of albei neusgate.
Behandeling
Kry die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 148 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment