Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Niere. Show all posts
Showing posts with label Niere. Show all posts

4.9.23

Kruie vir kwale: Niere

Tee van die wilde salie word wêreldwyd gebruik vir die behandeling van borskwale.
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel wilde salie blare en laat dit trek vir 5 minute. Daarom meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Die tee kan gedrink word vir nierinfeksie.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir nierprobleme.

♦♦♦

Tee van suurlemoengras is goed vir oorwerkte niere.

♦♦♦

Grasuie is medisyne vir die niere. Eet gereeld hiervan.

♦♦♦

Kap 5 g bitterbos-blare fyn en laat 5 minute trek in ’n koppie kookwater. Drink drie maal per dag vir nierprobleme.

♦♦♦

Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva gedrup op suiker of saam met melk, 3 keer per dag.

♦♦♦

Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

27.8.18

Nierkanker

Nierkanker is 'n tipe kanker wat begin in die selle binne-in die nier.

Die twee mees algemene tipes nierkanker is nierselkarsinoom (NSK) en uroteelselkarsinoom (USK) van die renale pelvis. Hierdie name reflekteer die tipe sel waar die kanker ontwikkel.

Die verskillende tipes nierkanker (soos NSK en USK) ontstaan op verskillde maniere, wat beteken dit het verskillende uitkomste (of prognoses), en dat dit verskillend beoordeel en behandel moet word.

NSK is verantwoordelik vir ongeveer 80% van primêre nierkankers, en USK vir die meerderheid van die res.

14.6.16

Kruie vir kwale: Nierstene

Drink af en toe ’n boegoetjie (boegoe op brandewyn getrek).

♦♦♦

Breek die nuwe groeipunte van die takkies van ’n renosterbos af. Jy het omtrent ’n handvol nodig. Die ander bestanddeel is jong blaartjies van ’n wilgerboom, ook ’n handvol. Laat dit trek in ’n bottel brandewyn. Neem soggens en saans 50 mℓ hiervan.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

7.10.15

Bloed in die uriene

Bloederige uriene dui normaalweg op probleme met die blaas of niere. Die bloed sal nie noodwendig altyd sigbaar wees nie, maar dit kan klonterig wees of lyk soos verdunde bloed. ’n Gebreekte bekken kan ook bloed in die uriene tot gevolg hê.

8.7.15

Nuwe behandeling vir polisistiese niere

’n Nuwe behandeling wat klein bloed- en limfvate in niere teiken lyk belowend vir die behandeling van polisisties niere.

Polisistiese niere is 'n oorerflike siekte waar die baba gebore word met veelvuldige siste op die niere. Dit is die mees algemene niersiekte in die wêreld.

Tradisioneel behels behandeling van die siekte dat die proteïen wat dit veroorsaak geteiken word. Dit genees nie die siekte nie, maar verlig die simptome effens. Volgens ’n studie gepubliseer in die Journal of the American Society of Nephrology is daar bewyse dat die bloed- en limfvatstelsel om die siste tydens die ontwikkeling van die siste geteiken kan word en dat dit die nierfunksie kan verbeter.

Die navorsing is gedoen aan die Universiteit van Manchester in Brittanje.

30.6.15

Sink kan nierstene help vorm

Nuwe navorsing wat vroeër die maand gepubliseer is dui daarop dat die hoeveelheid sink in die liggaam kan bydra tot die vorming van nierstene. Daar is bevind dat sink dalk aan die kern van ’n niersteen se vorming lê.

Die algemene oorsake vir nierstene word tans geïdentifiseer as ’n lae inname van water, te veel of te min oefening, vetsug of die inname van voedsel met te veel suiker of sout. As jy een keer ’n niersteen ontwikkel het, is die kanse 50% dat jy binne die volgende vyf jaar weer een sal hê.

Die studie het die interaksie ondersoek tussen sink, oksalaat en kalsium in die vorming van nierstene. Die studie is gepubliseer in die mediese joernaal PLOS One.

2.6.14

Gaskoeldrank en suiker het dalk ’n negatiewe uitwerking op die niere

Verskeie onlangse studies dui daarop dat gaskoeldrank en suiker ’n negatiewe uitwerking het op die gesondheid van jou niere.

In een studie is bevind dat twee gaskoeldranke per dag kan lei tot ’n toestand wat gekenmerk word deur die verhoogde uitskeiding van proteïene in die uriene - algemeen kenmerkend van nierprobleme.

In die ander studie het navorsers vasgestel dat die matige gebruik van suiker die niere se vermoë om die liggaam se soutbalans te help handhaaf nadelig beïnvloed. Dit veroorsaak dat die selle in die niere meer sout absorbeer as wat dit moet. Dié bevinding kan dalk help verduidelik hoekom sekere versoeters bydra tot die ontwikkeling van diabetes, nierprobleme en hoë bloeddruk.



Meer inligting:
Soft Drink Intake and Prediction of Proteinuria: A Retrospective Cohort Study. (Ekstrak 2458) Chronic Consumption of Fructose Increases Proximal Tubular Transport by Enhancing the Sensitivity to Angiotensin II. (Ekstrak 3955)

7.3.13

Vrae oor nierstene


Philippus van der Walt skryf: "Ek het nierstene gehad wat dr uitgehaal het. Ek het toe vir 'n week met pypies geloop. Ek is 'n 43-jarige man. Ek het nou vir 3 weke al infeksie. Is dit normaal en my sy pyn nog."

Antwoord : Pyn na so 'n operasie is nie ongewoon nie en gaan normaalweg na 'n paar weke weg. Enige infeksie na so 'n operasie moet egter onder die wakende oog van jou dokter bly. Dit kan 'n hele paar weke neem om op te klaar na behandeling.




Anoniem skryf: "My seun het kort kort nierstene. Van die stene is getoets en daar is bevind dat hy te veel kalsium in sy gestel het en dat dit die stene veroorsaak. Is daar iets wat hy kan gebruik om dit te voorkom of dalk oplos of dalk 'n dieet wat sal help? Hy het geweldig pyn en die dokters het slegs 'n waterpil voorgeskryf. Hy maak 'n punt daarvan om baie water te drink."

Antwoord: Meeste nierstene bevat kalsium. Die probleme tree in by die manier wat sy liggaam kalsium absorbeer of die manier wat sy liggaam daarvan ontslae raak. Soms is dit die metaboliese stelsel wat jy by iemand erf wat dit veroorsaak, die spysverteringstelsel of dalk word dit veroorsaak deur medikasie. Boonop is daar heelwat geval waar nierstene meer as een oorsaak het.
Kalsiumsteentjies word gevorm uit sekere bestanddele wat in groente en vrugte voorkom, maar grotendeels deur die lewer self vervaardig word. Tesame met ander moontlike oorsake wat reeds genoem is, asook miskien te veel vitamiene D, word die kalsiumsteentjies gevorm.
Nog 'n faktor is te min oefening, wat veroorsaak dat die bene ekstra kalsium vrystel.
Dit is reg, water is belangrik, omtrent 3 en 'n half liter per dag. Maak ook vir hom 'n suurlemoendrankie met vars suurlemoensap. Een glas hiervan per dag. Dit help om die steentjies op te breek.
Wat die dieet aanbetref moet hy beperkte hoeveelhede beets, spinasie, patats, sesamesaad, amandels en soja inkry. Sy dieet moet ook min sout en min diereproteïene bevat. Let tog daarop dat hierdie voorstelle slegs geld vir diegene met kalsiumsteentjies.
Gereelde oefening is ook belangrik.
Vra jou apteker om iets voor te stel vir jou seun se pyn.

10.10.11

Niere

Boereraat

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige nierkwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.

23.8.11

Polisistiese niere

Hermien van Rensburg skryf :
"My dogter ly aan polisistiese niere & lewer. Sy is 3 jr terug gediagnoseer. Is daar 'n dieet of iets wat sy kan doen om die pynlike lewer en niere te verlig. Sy het akute rugpyn en haar lewer is redelik opgeswel. Die siekte is vreemd en daar is min mense wat blykbaar aan dit ly. Asb enige iets wat haar kan help. Sy is maar 33jr oud en het 2 klein kindertjies. die dr. sê daar is niks wat hy vir haar kan doen nie en sy moet haar normale lewe voortsit."

Antwoord :
Polisistiese niere is 'n oorerflike siekte waar die baba gebore word met veelvuldige siste op die niere en 'n swakker nierfunksie. Polisistiese niere gaan ook gewoonlik hand aan hand met siste op die niere, maar laasgenoemde kom meer algemeen voor.

Haar grootste risiko is hoë bloeddruk en enige dieet wat laag is in vet en slegs die nodige proteïene bevat word aanbeveel.

Haar dieet moet ook min kalium en so min as moontlik sout bevat om die druk op die niere te verlig.

Sy moet ook so veel as moontlik probeer ontslae raak van enige spanning in haar lewe en gereeld oefening doen.

Dit is nie die maklikste toestand om mee saam te leef nie. Bo alles het sy die deurlopende ondersteuning van haar vriende en familie nodig.

16.9.09

Nierstuipe

Daar word gepraat van nierstuipe wanneer die niere nie al hul funksies kan verrig nie.

Gewoonlik veroorsaak dit dat daar te veel vloeistowwe in die liggaam is en die suurvlakke te hoog is.

Op die langtermyn kan dit bloedarmoede tot gevolg hê.

21.1.09

Die brandnetel is ´n wonderlike ding.

Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak.

As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is.

Hoe om jou druppels te maak: Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.

skrywer: Peter M von Maltitz