Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir rugpyn, lendepyn en nier- en blaasaandoenings. Neem 10 – 20 druppels twee of drie keer per dag op ’n bietjie suiker.
Kyk by ’n supermark, apteek of gesondheidswinkel vir Balsem-sulfuris.
Showing posts with label Blaasinfeksie. Show all posts

15.4.25
10.3.25
Blaasinfeksie / Urienweginfeksie
Infeksies word dikwels veroorsaak deur besmetlike stowwe wat in die inwendige organe beland. Moegheid, koue en bloedarmoede kan jou weerstand teen infeksies verswak.
Raadpleeg jou dokter dadelik indien jy vermoed dat jy ´n blaasinfeksie het.
Boereraat:
Drink 'n bietjie koeksoda in gekookte water.
♦♦♦
Sien ook Kruie vir kwale: Blaasinfeksie

5.6.23
Kruie vir kwale: Blaasinfeksie
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir pyne wat gepaard gaan met blaasinfeksie.
♦♦♦
Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige blaaskwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.
♦♦♦
Bosboegoe kan ook gebruik word. Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.
♦♦♦
Bosbessiesap maak die uriene suur, wat die groei van bakterieë teenwerk en kan help om urienbaaninfeksies te voorkom.
♦♦♦
Tap vir jou genoeg louwarm water in die bad om in te sit. Voeg 5 druppels laventelolie by en sit in die water vir 15 minute.
♦♦♦
Drink ’n koppie kruisementtee as jy pyn op jou blaas het.
♦♦♦
Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak. As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is. Hoe om jou druppels te maak:
Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.
(bydrae: Peter M von Maltitz)
♦♦♦
Meng 2 eetlepels kaneel en 1 teelepel heuning in 'n glas louwarm water en drink dit.
♦♦♦
Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva daagliks, gedrup op suiker of saam met melk.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

1.6.20
Meer water verminder jou kanse op blaasinfeksie
’n Ekstra 1,5 liter water per dag kan ’n vrou se kanse op blaasinfeksie met 48% verminder. Meer as die helfte van alle vroue kla gereeld van blaasinfeksie.
Navorsers vermoed dat die water die vermoë van bakterieë om aan die blaas te heg verminder en dus die bakterieë in die blaas verminder. Aangesien hierdie infeksies tipies met antibiotika behandel word, kan die ekstra vloeistof die gebruik van antibiotika help verminder en sodoende antibiotiese weerstandigheid help beheer.
Simptome vir akute, ongekompliseerde sistitis, ’n soort urienweginfeksie, is pynlike, of probleme met, urinering, ’n gevoel van ’n vol blaas, ’n dringendheid of frekwensie van urinering, sagtheid in die onderbuik, en moontlik bloed in die urine.
Van die wêreld se voorste uroloë was by die studie betrokke wat gepubliseer is in die joernaal JAMA Internal Medicine.

9.7.18
Blaaskanker
Soos die naam aandui kom blaaskanker in die blaas voor. Dit is meer algemeen by mans as by vroue.
Faktore wat ’n rol speel
Simptome en tekens
Die volgende simptome, as hulle voortdurend voorkom, kan aandui dat die kanker begin versprei na areas buite die blaas. Van die simptome kan egter ook deur ander blaasprobleme veroorsaak word.
Faktore wat ’n rol speel
- Rook: tabakrook is die grootste oorsaak van blaaskanker. Rook word met ongeveer die helfte van gevalle geassosieer
- Ouderdom: Hoe ouer ’n mens word hoe groter is die kans om kanker te ontwikkel. In ’n dekade kan mens se kans selfs tienvoudig toeneem.
- Oorerflikheid: As gesinslede, ’n vader of broer, blaaskanker ontwikkel, beteken dit dat mens se kans verdubbel om dit te ontwikkel, in vergelyking met die res van die bevolking.
- Omgewing: Blaaskanker is oorwegend ’n Westerse siekte. Vermoedelik speel dieet ’n rol in die verskynsel. Dit kom egter ook voor in Egipte en Tanzanië waar dit ontstaan weens ’n parasitiese infeksie.
Simptome en tekens
Die volgende simptome, as hulle voortdurend voorkom, kan aandui dat die kanker begin versprei na areas buite die blaas. Van die simptome kan egter ook deur ander blaasprobleme veroorsaak word.
- ’n Behoefte om dikwels te urineer
- Pyn gedurende urinering
- Bloed in die urine
- Verlies van eetlus
- Merkbare massaverlies
Etikette:
Blaasinfeksie
,
Blaaskanker
,
Kanker
21.1.09
Die brandnetel is ´n wonderlike ding.
Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak.
As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is.
Hoe om jou druppels te maak: Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.
skrywer: Peter M von Maltitz
Subscribe to:
Posts
(
Atom
)