Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Nek. Show all posts
Showing posts with label Nek. Show all posts

23.9.21

Kruie vir kwale: Nekpyn

Hou ’n bedekte warmwatersak teen die pynlike deel. Probeer klein bewegings uitvoer met jou nek van tyd tot tyd.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

13.9.21

Nekpyn

Effense pyn in of styfheid van nekspiere word gewoonlik veroorsaak deur te lank in een posisie sit of lê, koue of spanning. Dit kan egter ook veroorsaak word deur ’n fisiese besering of virussiekte.

Simptome en tekens
Pyn in die nek wat deur beweging vererger word.

Behandeling
1. Hou ’n bedekte warmwatersak teen die pynlike deel. Probeer klein bewegings uitvoer met jou nek van tyd tot tyd.
Indien die simptome voortduur of daar ook swelsel, naarheid en/of vomering is, ’n verlies aan bewussyn of opsigtelike skade, moet die persoon mediese hulp kry.

18.6.14

Noodhulp: ’n Algemene ondersoek van die nek

Sorg dat al die klere om ’n persoon se nek los is. Begin aan die onderkant van die skedel en beweeg jou vingers af oor die ruggraat sovêr as wat jy kan bykom. Voel vir enige onreëlmatigheid in die rugwerwels.

Die nekslagaar word gebruik om vas te stel of die hart klop.

Indien daar geen ernstige beserings aan die nek op ruggraat is nie kan die kop in die oop lugweg-posisie geplaas word.

11.7.11

Nek

M Strydom vra :
"Hoe lank is die gemiddelde hersteltydperk (as mens jou goed gedra!) na 'n suksesvolle laminektomie/foramenotomie tussen C6/C7?"

Die hersteltydperk is lank. Jy spandeer 'n paar dae in die hospitaal en daarna kyk jy na so ses weke en langer. Indien jy 'n korter hersteltydperk soek moet jy jou dokter vra oor nuwe alternatiewe operasies waarvan mens vinniger herstel.