Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.1.09

Woedeuitbarstings

Herbert Mouton skryf:
"My vrou verwag haar tweede kind en ons dogter van 2jr 11 maande het 'n woede wat ons nie kan beskryf nie. Ons gee vir haar baie aandag en liefde, maar as ons in 'n winkel stap wil sy alles hê en begin dan te skreeu asof haar longe gaan uitval. Sy baklei ook vir ons even as ons slaap en sy raak wakker. Ek piets haar soms wanneer ons baie seer gekry het. My ma sê ons moet die kind by 'n sielikindige kry. Ons is moedeloos. Gee asb. raad. Ons is baie lief vir haar en as ons haar iewers stuur dan mis ons haar so verskriklik."

Antwoord: Woedeuitbarstings op hierdie ouderdom is nie ongewoon nie. Dit is die kind se manier om sy/haar gevoel te toon of te kommunikeer. Onthou hulle weet nog nie van beter nie en hulle kommunikasievermoëns is beperk. Dit is egter baie belangrik dat die kind leer dat hierdie tipe gedrag nie aanvaarbaar is nie. Eerstens moet jy daarop let dat die kindjie se basiese behoeftes vervul is. Is sy honger, dalk dors? Vermy situasies wat hierdie gedrag aanwakker. Vermy die gange in die winkel waar sy iets sal wil hê. Besluit vooraf wat jy gaan doen in geval van 'n vloermoer en hou daarby. Onthou dit gaan oor aandag, hetsy positief of negatief. Begin by die huis deur sulke gedrag te straf en te maak asof jy haar ignoreer, miskien vir haar te sê dat indien sy jou aandag wil hê moet sy normaal praat en woorde gebruik. 'n Straf vir die tipe gedrag sou wees om haar iewers op 'n vervelige plek te laat sit vir 'n minuut of twee en maak seker jy neem haar terug indien sy opstaan - nie in haar kamer nie. Indien sy tekere gaan daar waar sy sit maak jy asof jy haar nie sien nie. Sê dit hardop sodat sy hoor. Dit kan aanvanklik baie uitputtend wees, maar indien jy volhard behoort die probleem minder te raak. Kinders leer graag, sommige ouers gee egter te maklik op. Indien sy op ses- of sewejarige ouderdom nog steeds die gedrag toon is dit tyd om 'n sielkundige te gaan spreek.

3 comments :

  1. Anonymous3/6/09 03:42

    my dogtertjie is 5 en haar boetie 1.dis nou al amper 3 jaar wat sy sukkel met slapeloosheid an woedeuitbarstings.ons raakook kort van draad a.g.v min slaap en moedeloosheid.alles het begin met die lappop liedtjie.sy was baie hartseer oor die pop maarons het haar verduidelik waaroor dit gaan.alles het erger geword toe sy die dvd van die lied sien en boonop was die tandemuis ook daarop.syt n absolute vrees vir die muis en ook die dappermuis.orals waar gate of openinge in die huis is moes ons met koerantpapier en kleeftape toe plak.sy gaan sotekere in die nag dat ons haar boetie uit haar kamer geskuif het en so drie weke terug het sy die dingbegin waar sy indie nag by ons kamer insluip en op die vloer kom slaap.sy dring daarop aan dat ons haar hand moet houvas.ons slaap niks!pakslae help nie,omkoop of beloon help nie,mooi praat help nog minder.ons het haar tv belet en ook die uitslaap by haar niggie en die oumas.wat meer kan ons doen?pikkie.alida@gmail.com.enige ander voorstelle sal met ope arms ontvang word.ons huisdokter het gebed voorgestel en moontlike sielkundige behandeling.die pastoor het al kom bid en huis uitgesalf en daar word elke aanrn stukkie uit die bybel gelees.ons is raadop!let wel dat al is sy net 5 is sy groot gebou en n spesialis het gese sy is bogemiddeld slim vir haar ouderdom.sy dra 13 tot 14 jaar se klere en maak moeilik maatjies omdat sy gespot word dat sy vet en stadig is.haar juffrou ondervind egter geen probleem met haar nie.sy wilook nie sondagskool toe gaan nie want n kind het gese sy sing vals.waar le die probleem?is dit jaloesie en aandag soek of is dit meer?

    ReplyDelete
  2. Anonymous24/5/11 15:04

    Ek en my man is nou amper 5jaar getroud en hy kry soms woede uitbarstings dan begin hy skreeu en dreigemente.dit ontstel my kinders baie.wat kan ek maak?

    ReplyDelete
  3. Anonymous8/6/11 11:04

    Waar jou man om dit met jou te bespreek wanneer hy in 'n goeie luim is. Vertel hom dat hy die kinders ontstel en vra hom om professionele hulp te oorweeg.

    ReplyDelete