Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Wurms. Show all posts
Showing posts with label Wurms. Show all posts

27.7.23

Kruie vir kwale: Wurms

Sny ’n stuk kaneelbol-wortel van 1 cm skoon en laat dit trek in ’n koppie kookwater saam met ’n paar takkies bergtee. Laat dit trek vir 5 minute, gooi deur ’n sif en drink dit vir wurms.

♦♦♦

Bergtee kan suksesvol gebruik word om van wurms ontslae te raak. Gooi kookwater oor ’n kwart koppie vars blare. Laat dit trek vir 10 minute. Drink terwyl dit nog warm is. Drink dit elke oggend vir twee weke. Dit kan ook gebruik word om wurms by troeteldiere te behandel. Meng die tee met hulle kos en water. Dit werk gewoonlik vinniger vir diere.

♦♦♦

Drink 1 eetlepel geosoneerde olyfolie vir 5 dae net voor slaaptyd en Jalapeno rissie pitte (40) voor ontbyt. Kombineer dit met die swael-resep. Nie die warm Jalapeno rissie nie, die een wat proe soos soetrissie en nie brand nie. Dit werk vir 99% van menslike parasiete. Diere kan net die swael gebruik, 'n mespunt by hul kos. (Derek Botha)

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

7.2.23

Parasiete

Boereraat:

Meng twee dele swael (geel blomswael) met een deel vet of heuning. Eet ’n halwe teelepel elke oggend voor ontbyt vir 3 weke. Herhaal elke 3 tot 6 maande. Kinders kry net ’n kwart teelepel. Die blomswael kan ook in 500 mg kapsules gesit word. Grootmense drink 2 elke oggend, kinders 1. Almal in die huis moet dit dieselfde tyd gebruik, insluitend honde en/of katte. (Derek Botha)


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

21.3.22

Lintwurms

Jy weet dat jy ’n paar meter lange lintwurm in jou het omdat dit stuk-stuk buitentoe afbreek in jou stoelgange. Hulle kan selfs na buite uitkruip.

’n Mens kry lintwurms deur byvoorbeeld vark- of beesvleis te eet wat rou of nie behoorlik gekook is nie. Rou vis kan ook lintwurm-larwes bevat. Wanneer jy ’n larwe inkry, kleef dit vas in die dermkanaal en ontwikkel dit tot ’n volwasse wurm wat maklik vier meter of langer kan raak. As daar slegs een wurm is, is die simptome min. So ’n wurm kan tot 30 jaar lank leef.

Simptome sluit in:
• ’n ongemaklike gevoel en ’n jeukerigheid om die anus
• wit, vlesige sakkies in jou onderklere, ander klere en selfs skoene
• wit stroke wat in jou stoelgang sigbaar is

6.1.09

Wurms

Jy kan besmet raak met wurms deur direkte kontak met besmette troeteldiere. Afhangende van die soort wurmbesmetting kan jy maagpyn kry, jou eetlus verloor, gewig verloor, diaree kry en rektale jeuking kan ook voorkom.

Ontwurm gereeld jou troeteldiere, sowat ses keer per jaar. Was ook altyd jou hande nadat jy aan diere gevat het. Was ook jou onderklere, bedlinne en handdoeke in baie warm water en bleikmiddel.

Wurms kan behandel word met vloeistof of tablette wat by apteke verkrygbaar is.