Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Luieruitslag. Show all posts
Showing posts with label Luieruitslag. Show all posts

3.9.15

Luieruitslag

Dit begin gewoonlik as ´n rooi strook vel of ´n kolletjie-uitslag naby die anus en versprei dan na die res van die boude. As dit nie behandel word nie, verskyn ontsteekte seertjies. Dit word gewoonlik veroorsaak deur nattigheid en gevolglike wrywing as gevolg van ´n vuil of nat doek. Dit kan ook ´n reaksie teenoor sekere soort doeke, wasmiddels, babapoeier en afveedoekies wees. Soms is dit te wyte aan swaminfeksie.

Ruil doeke gereeld om en maak die boudjies behoorlik skoon en droog af voor jy ´n nuwe een aansit. Was die baba met warm water, druk droog en smeer sperroom aan. Laat die baba se boudjies ook by tye oop.

As die uitslag na ´n week nog nie verdwyn het nie, as infeksie voorkom, as sere vorm, as die vel ´n skerp reuk het of wanneer die uitslag donkerrooi en skubberig raak.

Boereraat:

As jou baba se boudjies brand smeer roulynolie aan.

♦♦♦

As baba se boutjies brand of ’n rooi uitslag het dan smeer jy elke keer wat jy die doeke omruil die boutjies met magnesiamelk.

♦♦♦

As alternatief vir lyfpoeier kan jy mielieblom (bv. Maizena) dik aan die boudjies smeer. Hou daarmee vol tot dit gesond is.

♦♦♦

Smeer die styfgeklopte wit van ’n eier liggies aan die boudjies en strooi dan mielieblom (bv. Maizena) oor.

♦♦♦

Meng 5 mℓ koeksoda met 250 mℓ water en vee die baba se boudjies af daarmee.