Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Skok. Show all posts
Showing posts with label Skok. Show all posts

9.11.20

Ernstige Allergiese Reaksies / Anafilaktiese Skok

Anafilaktiese skok is ’n massiewe allergiese reaksie wat kan ontwikkel binne ’n paar sekondes of minute na gebruik van medikasie of ’n insekbyt (-steek) waarvoor die persoon allergies is.

Simptome en tekens
Simptome en tekens van skok
• Naarheid
• ’n Benoude bors
• Moeilike asemhaling
• Nies
• Swelsel in die gesig
• ’n Vinnige pols
• Bewusteloosheid

Kry die persoon so vinnig as moontlik by ’n hospitaal. Behandel soos vir skok.

11.4.19

Kruie vir kwale: Skok

Drink ’n bietjie suikerwater.

♦♦♦

Drink ’n bietjie rooipeper opgelos in louwarm water.

♦♦♦

Drink bietjie vars uitgedrukte suurlemoensap in louwarm water.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16.11.16

Bewusteloosheid

Jou bewegings, die funksies van jou liggaam en jou bewussynsvlak word deur jou senustelsel beheer.

Wanneer jy bewusteloos, of gedeeltelik bewusteloos, is dit ’n aanduiding dat jou brein nie normaal werk nie. Dit is potensieel gevaarlik vir jou.

Daar is verskeie oorsake van bewusteloosheid. Die algemeenste is: kopbeserings, floute, hartaanval, beroerte, asfiksie, epilepsie, skok, vergiftiging en diabetes.

31.8.16

Die behandeling van skok

1. Stel die persoon onmiddellik gerus.

2. Indien die persoon se toestand dit toelaat, laat hom/haar op op hul rug op ’n kombers lê. Hou die kop laag en na die eenkant gedraai – dit help met bloedtoevoer na die brein en met die gevaar van vomering. Lig die bene op – tensy daar beenfrakture is.

3. Hou die persoon warm. Bedek met ’n kombers.

4. Maak stywe klere los om sirkulasie en asemhaling aan te help.

5. Soek die oorsaak van die skok en behandel indien moontlik.

6. Indien die person dors is, maak die lippe nat met water, maar moenie iets gee om te drink nie.

7. Toets asemhalingstempo, pols en bewussynsvlak elke 10 minute.

8. Indien die persoon se asemhaling moeilik word, indien vomering waarskynlik lyk of indien die persoon bewusteloos raak, plaas hom/haar in die herstelposisie.

9. Indien asemhaling en hartklop ophou, begin onmiddellik met resussitasie.

10. Kry die person sodra moontlik by die hospital, verkieslik in die behandelingsposisie.



(foto Julian Harneis)

24.8.16

Skok

Dit is baie belangrik om kennis te hê van skok, want dit is ’n baie algemene toestand wat voortspruit uit verskeie vorms van beserings of siektes wat die volume van bloed of vloeistof in die liggaam verminder. Dit kan wissel van swakheid tot totale ineenstorting.

Skok staan algemeen bekend as "traumatiese" skok (beseringskok) en is ’n ernstige toestand wat noodlottig kan wees selfs nadat die ongeval se beserings toereikend behandel is. Dit kan deur die volgende voorbeelde van verlies van bloed of vloeistof veroorsaak word: 1) bloedverlies deur uitwendige of inwendige bloeding; 2) plasmaverlies weens groot brandwonde; 3) waterverlies weens ingewandsobstruksie; 4) herhaalde vomering of ernstige diarree, 4) akute buiknoodgevalle; of 5) hartversaking. Ernstige pyn of vrees kan ’n soortgelyke toestand skep.

Simptome en tekens
Die liggaam reageer op skok deur meer bloed te stuur na die slagare wat die noodsaaklike organe voed (byvoorbeeld brein, hart en niere) ten koste van dié wat die minder belangrike weefsels (bv. spiere en vel) voed. Namate die persoon se toestand versleg, sal die simptome en tekens duideliker word.

• Die persoon sal swak en lighoofdig voel en angstig en rusteloos wees.
• Die persoon kan ook naar voel en dalk vomeer.
• Ongeval kan dors wees.
• Vel word bleek, koud en klam en sweet kan ontwikkel.
• Asemhaling kan vlak en vinnig wees, ongeval kan gaap en sug.
• Polstempo neem toe maar word swakker en soms ongereeld namate die volume bloed of vloeistof daal.
• Bewusteloosheid kan ontwikkel.
• Daar kan tekens van gepaardgaande uitwendige of inwendige besering wees.

Verseker ’n toereikende bloedtoevoer na die hart, longe en brein. Stel die oorsaak van die skok vas, behandel dit en sorg dat die persoon by ’n hospitaal kom.

Behandeling van skok

19.8.15

Inwendige bloeding

Inwendige bloeding kan voorkom weens ’n ongeluk, aanranding of ’n mediese toestand, byvoorbeeld ’n bloeiende maagseer.

Dit is net so ernstig soos uitwendige bloeding. Die bloed gaan uit die bloedsomloop verlore en die noodsaaklike organe kry dan te min suurstof. Die bloed wat inwendig ophoop kan ook druk op ander organe veroorsaak.

Simptome:

• ’n Besering wat inwendige bloeding kan veroorsaak.
• ’n Mediese toestand wat inwendige bloeding kan veroorsaak.
• Pyn en teerheid rondom die aangetaste area – swelling en spanning kan gevoel word.
• Simptome en tekens van skok.
• Bloed kan uit ’n liggaamsopening kom.


(foto: geskeurde dyspier)

Probeer die persoon so gou as moontlik by ’n hospitaal kry.