Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Inwendige bloeding. Show all posts
Showing posts with label Inwendige bloeding. Show all posts

26.8.15

Behandeling vir inwendige bloeding

1. Laat die persoon met sy / haar kop omlaag na die eenkant lê om ’n goeie bloedtoevoer na die brein te verseker. Die persoon moet so stil as moontlik lê.
2. Lig die bene – as die besering dit toelaat. Dit help die bloedtoevoer na die organe.
3. Maak enige stywe klere om die nek, borskas en middel los.
4. Stel die persoon gerus en verduidelik dat dit belangrik is dat hy / sy ontspan.
5. Behandel die persoon vir skok.
6. Toets die asemhaling en bewussynsvlak elke 10 minute.
7. Ondersoek die persoon vir ander beserings en behandel soos nodig.
8. Indien die persoon bewusteloos raak, maar normaal asemhaal, plaas hom / haar in die herstelposisie.
9. Indien die asemhaling en hartklop ophou, begin onmiddellik met resussitasie.
10. Hou die persoon bedek – met ’n kombers indien beskikbaar.
11. Hou boek van enige uitskeidings of vomeersel. Indien moontlik neem ’n monster en stuur saam na die hospitaal.
12. Die persoon moet sodra moontlik na die hospitaal geneem word.
13. MOET ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE DIE PERSOON IETS GEE OM TE EET OF DRINK NIE.

19.8.15

Inwendige bloeding

Inwendige bloeding kan voorkom weens ’n ongeluk, aanranding of ’n mediese toestand, byvoorbeeld ’n bloeiende maagseer.

Dit is net so ernstig soos uitwendige bloeding. Die bloed gaan uit die bloedsomloop verlore en die noodsaaklike organe kry dan te min suurstof. Die bloed wat inwendig ophoop kan ook druk op ander organe veroorsaak.

Simptome:

• ’n Besering wat inwendige bloeding kan veroorsaak.
• ’n Mediese toestand wat inwendige bloeding kan veroorsaak.
• Pyn en teerheid rondom die aangetaste area – swelling en spanning kan gevoel word.
• Simptome en tekens van skok.
• Bloed kan uit ’n liggaamsopening kom.


(foto: geskeurde dyspier)

Probeer die persoon so gou as moontlik by ’n hospitaal kry.