Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



24.8.16

Skok

Dit is baie belangrik om kennis te hê van skok, want dit is ’n baie algemene toestand wat voortspruit uit verskeie vorms van beserings of siektes wat die volume van bloed of vloeistof in die liggaam verminder. Dit kan wissel van swakheid tot totale ineenstorting.

Skok staan algemeen bekend as "traumatiese" skok (beseringskok) en is ’n ernstige toestand wat noodlottig kan wees selfs nadat die ongeval se beserings toereikend behandel is. Dit kan deur die volgende voorbeelde van verlies van bloed of vloeistof veroorsaak word: 1) bloedverlies deur uitwendige of inwendige bloeding; 2) plasmaverlies weens groot brandwonde; 3) waterverlies weens ingewandsobstruksie; 4) herhaalde vomering of ernstige diarree, 4) akute buiknoodgevalle; of 5) hartversaking. Ernstige pyn of vrees kan ’n soortgelyke toestand skep.

Simptome en tekens
Die liggaam reageer op skok deur meer bloed te stuur na die slagare wat die noodsaaklike organe voed (byvoorbeeld brein, hart en niere) ten koste van dié wat die minder belangrike weefsels (bv. spiere en vel) voed. Namate die persoon se toestand versleg, sal die simptome en tekens duideliker word.

• Die persoon sal swak en lighoofdig voel en angstig en rusteloos wees.
• Die persoon kan ook naar voel en dalk vomeer.
• Ongeval kan dors wees.
• Vel word bleek, koud en klam en sweet kan ontwikkel.
• Asemhaling kan vlak en vinnig wees, ongeval kan gaap en sug.
• Polstempo neem toe maar word swakker en soms ongereeld namate die volume bloed of vloeistof daal.
• Bewusteloosheid kan ontwikkel.
• Daar kan tekens van gepaardgaande uitwendige of inwendige besering wees.

Verseker ’n toereikende bloedtoevoer na die hart, longe en brein. Stel die oorsaak van die skok vas, behandel dit en sorg dat die persoon by ’n hospitaal kom.

Behandeling van skok

No comments :

Post a Comment