Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.11.23

Brandwonde

Brandwonde word veroorsaak deur hitte, warm vloeistowwe, wrywing en chemikalieë. Die grootste gevaar verbonde aan brandwonde is vogverlies wat lei tot skoktoestande en infeksie.

Oppervlakkige brandwonde: Week die aangetaste deel in koue water vir 10-15 minute of totdat pyn verminder.

Dieper brandwonde: Simptome sluit in: blaasvorming, pyn en swelling. Ernstige son-brand moet dieselfde behandel word as oppervlakkige brandwonde.

Voldiepte brandwonde: Kry onmiddellike mediese hulp.

Ingeval van enige diep brandwond of indien die wond groter as jou handpalm is moet jy dadelik by ´n dokter uitkom.

Boereraat:
’n Kalamyn-oplossing gee verligting aan sonbrand.

♦♦♦

Smeer dadelik asyn aan 'n brandwond. Dit neem die brand weg en keer blase.

9 comments :

  1. Linda van Blommestein22/10/09 13:48

    Ek het met yster aan die binnekant van my hand gebrand, blaas het gevorm, wat kan ek gebruik wat nie te duur is en wat moontlik sommer in die huis is.

    ReplyDelete
  2. Indien 'n brandwond blase vorm moet jy verkieslik 'n dokter gaan spreek. Moenie die blase breek nie.

    ReplyDelete
  3. Tersia Coetzee

    Indien jy brandwonde op gedoen het kan ek eerlik se dat die gewone wit bottel met donker groen prop Ingrams Champhor uitstekend werk. Ons het eendag brand geslaan en een van my werkers het saam met my ons arms gebrand. Toe ons klaar was, het ons dadelik ons arms gewas en die room op gesit. Moet nie hard smeer nie. Binne minute was die brand gevoel weg. Twee dae later het ons nie eens geweet daarvan nie. Dis n treffer en bekostigbaar.

    ReplyDelete
  4. Heuning is ook uitstekend vir brand wonde, die vel genees baie mooi.

    ReplyDelete
  5. My seun het sy hand gebrand omdat hy aan braaier gevat het wat kan ek op sit om dit better te maak vir hom hy word april 3

    ReplyDelete
  6. My kind het gebrand met warm noodels wat kan ek ansit

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/4/22 09:25

      As die vel duidelik beskadig is of as dit blase vorm moet dit mediese aandag kry. Indien nie kan jy nou net gereeld 'n ongegeurde room met 'n waterbasis versigtig aansmeer. Moet nie hardhandig insmeer nie.

      Delete
  7. Ek het gebrand met warm water toe mk dit n blaas en dit het oop gebars en seer geraak wat kan x gebruik om dit gesond te kry

    ReplyDelete
    Replies
    1. Indien 'n brandwond blase vorm moet jy verkieslik 'n dokter gaan spreek.

      Delete