Vette is nie net 'n onding nie. Daar is goeie vette wat jou liggaam nodig het. Vitamiene A, D, E en K en belangrike vetsure kom in vette voor. Vette kan as versadig of onversadig geklassifiseer word. Oversadigde vette word in poli- en mono-oversadigde vette verdeel.
Versadigde vette
Dit kom voor in diervette soos die van beeste, skape, varke en hoenders, suiwel en sekere plantprodukte soos palm- en klapperolie. 'n Hoë inname van versadigde vette verhoog die risiko van hartsiektes en kanker. Dit verhoog slegte cholesterol.
Mono-onversadigde vette
Dit kom voor in olyfolie, lynsaad, kanola-olie, avokadopeer, grondbone, pekanneute en amandels. Dit help om slegte cholesterol te verlaag sonder om goeie cholesterol te affekteer.
Poli-onversadigde vette
Dit kom voor in plantolies soos sonneblomolie asook in visolie. Dit is beter as versadigde vette en verlaag slegte cholesterol, maar dit kan ook goeie cholesterol nadelig beïnvloed.
Omega 3-vetsure
Jy vind dit in vetterige vis, sojabone en okkerneute. Dit speel 'n belangrike rol in breinontwikkeling. Dit help ook met inflammasie, die voorkoming van bloedklonte, hartvatsiektes en artritis.
Omega 6-vetsure
Dit kom voor in sonneblomolie, neute en sade. met genoeg hiervan bly jou selmembrane mooi gesond.
Goeie naand
ReplyDeleteEk het 'n resep gekry vd verbranding v vet. Dieet. Hul se meng 25ml gelatin en 1 pakkie sweeto meng met warm water. As afgekoel drink soos nodig... Kan gelatin help met gewigsverlies of verbranding v vet?
Ek sal waardeer v terugvoer
Ja, dit kan help, maar baie van hierdie diete is gevaarlik, want dit weerhou die liggaam van waardevolle voedingstowwe. Reg eet en oefening bly nog die beste dieet.
Delete