Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids


9.6.16

Waterblaas / Blaar / Blase

Blase is die natuur se manier om beskadigde dele van die vel te beskerm. Hulle ontstaan weens brand en / of wrywing.

Die vloeistof in 'n blaas is steriel en kom van die onderliggende bloedvate. Dit beskerm die beskadigde vel teen infeksie.

Dit is belangrik om nie 'n blaas oop te steek nie, maar op 'n natuurlike manier te laat genees.

Boereraat:

As jy 'n blaas het op jou hak, klits die wit van 'n eier en smeer dit op die hak.



(foto Johannes Hemmerlein)

2 comments :

  1. Hi. daar het 'n blaas uitgekom tussen my maag en my bobeen. het dit gister gesien vir die eerste keer, ons het dit stukkend gemaak en daar het wit goed uit gekom nie water nie. moet ek bekommerd wees?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/3/16 09:23

      As dit 'n normale blaas was wat deur wrywing veroorsaak is hoef jy nie bekommerd te wees nie. Onthou in die vervolg om dit nie stukkend te druk nie.

      Delete