Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Mantelvliesbreuk. Show all posts
Showing posts with label Mantelvliesbreuk. Show all posts

12.1.23

Dieet en wenke vir ’n mantelvliesbreuk

’n Mantelvliesbreuk is ’n toestand waarin ’n deel van die maag opwaarts bult deur ’n opening in die diafragma.

Baie mense met ’n mantelvliesbreuk het geen simptome nie. Daar is egter mense vir wie hierdie simptome ’n hele dag (of nag) baie ongemaklik kan maak. Hier dink ons veral aan sooibrand en slegte spysvertering.

Wanneer jy ’n breuk het, is dit makliker vir maagsure om in die slukderm te beland – die buis wat kos van jou keel na jou maag vervoer. Dit veroorsaak sooibrand – ’n brandende gevoel in jou keel en bors. Sekere kosse kan hierdie simptome vir sommige mense vererger. Gelukkig kan die simptome van sooibrand wat verband hou met ’n mantelvliesbreuk dikwels beheer word met dieet en ’n verandering in leefstyl.



Kos om te vermy
Die volgende kosse het ’n hoë suurinhoud of kan die onderste slukderm-sfinkter verswak, wat dit makliker maak vir maagsure om terug te keer na jou slukderm. Hulle kan sooibrand veroorsaak.
• Sitrus; soos lemoene, pomelo's en suurlemoene, en lemoensap, pomelosap, bosbessiesap en limonade
• Sjokolade
• Vetterige en gebraaide kosse, soos gebraaide hoender en vetterige vleis
• Knoffel en uie
• Kos wat baie speserye bevat, soos kerrie
• Peperment
• Tamatie-gebaseerde kosse, soos pasta sous, pizza, salsa en tamatiesap
• Koffie, tee (insluitend kafeïenvrye weergawes)
• Alkohol
• Gaskoeldrank
• Suiwelprodukte, soos volroommelk, roomys en romerige kos. Probeer sojamelk; dit kan 'n goeie plaasvervanger wees. Ook kan sagte kase, soos feta of bok, in matigheid geniet word
• Olie en botter



Kos wat veilig is
Die volgende kosse is laag in suur en is minder geneig om jou simptome weens die mantelvliesbreuk te vererger.
• Piesangs en appels
• Groenbone, ertjies, wortels en broccoli
• Grane, soos brood, rys, pasta en beskuitjies
• Laevet of afgeroomde melk en laevet jogurt
• Vetvrye kase, roomkaas en vetvrye suurroom
• Maer vleis, hoender en vis
• Water
• Pretzels, ryskoekies en gebakte aartappelskyfies
• Laevet lekkers

Jy mag dalk vind dat sommige van die kosse wat onder Kos om te vermy gelys word, jou dalk nie pla nie, terwyl ander op Kos wat veilig is ongemak kan veroorsaak. Almal verdra kos verskillend. Om die beste dieet vir jou te bepaal, hou ’n kos dagboek vir ’n paar weke. En vermy dan enigiets wat veroorsaak dat jy simptome het.

Kombuiswenke vir ’n mantelvliesbreuk
'n Goeie manier om die kosse hierbo te geniet, is om dit op ’n gesonde manier te kook. Hier is ’n paar wenke.
• Kies maer vleis, soos hoender sonder vel en vleis met min sigbare vet
• Bak of kook kos in plaas daarvan om dit te braai
• Stadig met die sout of enige ander geurmiddels
• Stoom jou groente
• Beperk botter, olies en room souse. Gebruik iets soos Spray ’n Cook in plaas van kookolie wanneer jy soteer
• Kies lae-vet of vetvrye produkte bo ander



Leefstyl wenke
Behalwe bogenoemde aanpassings kan die verandering van sekere gewoontes ook die simptome verminder.
• Moenie ooreet nie. Eet eerder klein, gereelde maaltye. En neem jou tyd. Om vinnig te eet, kan sooibrand vererger
• Vermy lê of gaan slaap vir ten minste drie uur na ’n maaltyd
• Moenie vooroorbuig net nadat jy geëet het nie
• Moenie rook nie
• Verloor gewig, indien nodig
• Dra lospassende klere om nie ekstra druk op jou maag te plaas nie
• Lig die kop van jou bed 16 tot 20 cm met houtblokke of ander stewige voorwerpe
• Begin met ’n oefenprogram

As hierdie dieet- en leefstyl wenke nie help nie, of as jy bykomende verligting benodig, kan teensuurmiddels sonder voorskrif en suur verminderende of blokkerende middels jou simptome help beheer. Praat met jou dokter om meer te wete te kom oor oor-die-toonbank of voorskrifmedikasie om jou simptome te behandel. Chirurgie kan in seldsame gevalle nodig wees.

’n Mantelvliesbreuk kan baie lastig wees. Maar die meeste mense voel beter nadat hulle hul dieet en leefstyl aangepas het.

15.5.18

Breuk

’n Breuk (of buikbreuk) is ’n opening wat ontstaan wanneer ’n deel van die inhoud van die buik die spierwand onder die vel deurdring.

Dit gebeur gewoonlik in die lies, naby die naeltjie of by ’n letsel van ’n buikoperasie. Dit kan ook veroorsaak word deur oefening, wanneer ’n swaar voorwerp opgetel word of wanneer jy erg hoes.

Simptome en tekens
Pyn in die area, swelling kan ook voorkom. Swelling wat gepaard gaan met vomering kan dui op ’n geknelde breuk, wat ’n ernstige toestand is en onmiddellike mediese aandag nodig het.

Behandeling Stel die persoon gerus.
Laat die persoon in ’n halfsittende posisie lê en ondersteun die kop en skouers. Buig die knieë en ondersteun hulle in daardie posisie.
Indien vomering voorkom plaas die persoon in die herstelposisie.
Kry mediese hulp.

MOET NIE op enige swelsel druk nie.

15.4.13

Mantelvliesbreuk vrae - spastiese slukderm, spastiese kolon, pyn, alkohol, borspyn, sluk, sooibrand, blaasontsteking


JC Erasmus skryf: "Ek is gediagnoseer met 'n spastiese slukderm, spastiese kolon en 'n mantelvliebreuk. My problem het sowat 4 jaar gelede skielik uit die bloute begin. Ek sukkel nie met enige probleem wat direk met die kolon verband hou, soos bv hardlywigheid, nie. Wat wel progressief erger geraak het met die verloop van tyd is 'n gevoel van erge benoudheid in my bors asook 'n gesukkel (van tyd tot tyd) om behoorlik te sluk. Dis asof my keel toetrek en kurkdroog raak, wat veroorsaak dat ek aanhoudend moet sluk voordat ek verligting kry. Soos genoem is ek dan ook erg benoud en het dikwels 'n pyngevoel net onder die borsbeen. Kry ook pyn rondom hart-area. Bevispass, espiride, librax en lansoloc is voorgeskryf wat ek nou al ongeveer 5 maande gebruik. Dit wil egter voorkom asof vermelde medikasie nie regtig help nie. Rook en alkohol veregrer definitief toestand- as ek 'n aand byvoorbeeld oormatig gedrink het sal vermelde pyn, ongemak en erge "sluk-probleem" die volgende dag heeldag voortduur. Is daar enige lig in die tonnel wat herstel/verbetering aanbetref, miskien ander medikasie?"

Antwoord: JC, jy noem nie of jy jou mantelvliesbreuk laat herstel het nie. Dit is 'n eenvoudige operasie en kan groot verligting bring.
Indien jou stresvlakke baie hoog is moet jy ook so gou moontlik daaraan aandag gee.



Connie Burger skryf: "Ek is verlede jaar verwys na 'n hart en long spesialis omrede ek geweldige hart pyne op my bors gekry het. Dit het gevoel of ek 'n hart aanval kry, maar daar is toetse op my gedoen, en geen probleem met hart is gevind nie. Wat die dokter wel gesê het is dat ek 'n mantelvlies breuk het. Simptome van 'n mantelvlies breuk is borspyne ook. Hy het aan my verduidelik date k 'n kleppie he twat in my sluk pyp is. Die kleppie lyk my maak nie lekker oop en toe nie. Dit is ook waarom ek so gereeld sooibrand het, en my kos stoot terug op, en daarom is ek naar. Ek het antibiotika gekry en alles het beter geraak.
Verlede week het ek weer so siek begin voel, maar die keer het dit gevoel of ek nier en blaas ontsteking het. Ek het ook op 'n stadium gedink ek het dalk longontsteking (my rug het so gepyn). Intussenin het ek sooibrand gekry, en my maag was vreeslik opgeblaas. Ek het ook begin dink daar 'n groot fout met my vrouedele (omdat ek so vreeslik pyn gehad het orals oor my maag). Toe begin dit seer raak onder my arms, en toe dink ek dis my kliere. Ek het deur al die simptome ook vreeslik koors gehad.
Ek is toe gistermiddag na 'n ginekoloog toe sodat ek kan seker maak daar is niks met my vrouedele verkeerd nie. Die dokter het toetse gedoen. Ek het nie nier of blaas infeksie nie. My eiestokke is 100% reg en my baarmoede makeer niks. Die dokter het aan my gesê hy vermoed dit is die mantelvlies breuk wat die liggaam geinfekteer het, dit is waarom ek al die simptome kry. Hy het ook aan my genoem dat so mantelvlies breuk mens baie siek kan maak.
Wat dink u. Het ek 'n mantelvlies breuk? Wat kan ek doen om dit reg te kry. Ek het gehoor daar is 'n operasie wat mens kan laat doen.
Ek is nou 36 en wil baie graag swanger raak. Ek het vir jare depo provera gebruik, en het dit nou eers in Desember gelos. Ek drink intussenin Folic Acid 5mg. Kan dit die folic acid wees wat my so siek laat voel. Is daar enige iets anders wat ek kan drink wat kan help dat ek swanger raak.
Dankie dat u gelees het en hoop om van u te hoor."

Antwoord: Connie, ek sou na die dokters luister. Maak seker jy laat kyk na daardie mantelvliesbreuk. Dit kan met 'n eenvoudige operasie herstel word. Hulle sny jou ook nie meer hiervoor nie, maar doen die operasie deur klein gaatjies te maak.
Jy is bietjie oorhaastig met die swangerskap. Ontspan en laat eerste na jou mantelvlies kyk.

20.4.10

Gebore met mantelvliesbreuk

Manlik: 47 Pretoria

Gebore met mantelvlies breuk - of so word daar aan my vertel. Allerhande soort probleme wat nou nog nie ophou nie. Hierdie sluit in rumatiek verskynsels in my kinderjare; pitswere so lank ek kan onthou; hoofpyne; nierstene en verkoues.
Maar skielik het alles opgehou vir 'n tydperk van bietjie langer as 2 jaar (Middel 2007 - Oktober 2009). [wat het ek reg gedoen?]
Dit was die lekkerste tydperk in my lewe, maar skielik begin al die simptome weer in die middel van Januarie 2010.

Simptome: Pyn in die bors, hoofpyne, kort asem, en die doodgaan van linker-arm en vingers en swere enige plek op die liggaam, maar verkieslik naby die weggesteekte sweet organe - onder arms, lieste en net onder-die-naeltjie-lyn.

Medikasie (Medies): Vir mantelvlies = CLOPAMON Tab 10 mg(2xaand en soggens), PURBAC tab 480 mg(1xaand) en ULTAK tab 300 mg vir die sooibrand(1xaand). Vir die swere A LENNON DOXYCCLINE cap 100 mg antibiotika(1xaand) - wat goed werk vir swere.
Die simptome vir die vlies het net vererger en beslis nie verbeter nie.

Medikasie (homopaties)Vlies: BROMELAIN 500mg(1x); PANCREATINE Quadruple strength (1x) en CHAMOMILE druppels.
Wanneer hierdie gebruik word, kan verandering bespeur word binne 48 uur. Die druppels verlaag die spanning effens, maar met langer tydperke bring dit baie hulp in die beheer van asemhalings ens.

Persoonlike notas met 'n aanval:

Beheer asemhaling en MOET NIE paniekerig raak nie. Indien jy kan, staan regop. Staan met die rug teen die muur en stamp saggies die rug teen die muur totdat winde opgebring kan word. RENNIES en ENO's werk nie altyd nie, en moet versigtig gebruik word anders werk medikasie nie soos dit moet nie. Moenie buk nie. Moenie vinnige bewegings maak nie. Bly weg van die volgende kosse:

* Bye bye alkohol (ek drink natuurlik niks nie - rêrig!)
* Sigarette (ingeslote e-sig) - skuldig
* Suur kosse - tamaties, tamatie-basis souse, sitrus vrugte, nog-nie-ryp vrugte, asyn en asyn-agurkies en uitjies
* Gebakte en olierige kosse: shokolade (agge nee), suiglekkers, botter, mayonaise, weense worsies, salami, deeg en pasteie, volroom kaas
* Speserye soos swart peper, rissies, kerrie, mosterd, rou uie en knoffel en enige ander "wilde" speserye
* Carbonated (Uh?) dranke - dit sluit in fontein water met gas, coke en ander met gas.
** Hierdie help met die terug-vloei van gasse: kokao, koffie, lemoen sap (lemoensap help nie by my nie!)
** Eet meer veselkosse soos oats, appels, pere, gedroogte appelkose en ander groente.
* Vermy witbrood
* Vermy groot etes
* Hou op eet 3-4 ure voor slaaptyd

Indien jy nóg oorgewig is ná hierdie, verloor asseblief - maer mense kry minder pyn (uh?)

Groetnis
Jan

7.5.09

Mantelvliesbreuk - vol gevoel, sooibrand, hoes - mantelvlies breuk

Jy het gereeld 'n vol gevoel op jou maag al het jy nie veel geëet nie. Jy sukkel ook met sooibrand en kan selfs aanhoudend hoes. Dit is alles simptome van 'n mantelvliesbreuk.

Jy kan medikasie soos Lancap 15 mg probeer. Jy kan die medisyne koop. As medikasie nie werk nie gaan jy egter 'n operasie moet probeer.