Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Tinnitus. Show all posts
Showing posts with label Tinnitus. Show all posts

12.10.23

Tinnitus

Tinnitus is 'n aanhoudende geluid wat die lyer in sy ore hoor. Dit kan 'n gesuis, gedreun of gefluit wees. Dit kan selfs 'n kombinasie van geluide wees.

Tinnitus word toegeskryf aan binneoorsiektes, doofheid, infeksie, kopbeserings, 'n langdurige blootstelling aan geraas of nekbesrings. Dit is selde duidelik presies wat die oorsaak is.

Om tinnitus te genees is in meeste gevalle baie moeilik, so te sê onmoontlik. Soms klaar dit spontaan op en soms vererger dit.

Een uit elke tien persone sukkel op een of ander stadium hiermee.