Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids


21.1.09

Tinnitus

Tinnitus is 'n aanhoudende geluid wat die lyer in sy ore hoor. Dit kan 'n gesuis, gedreun of gefluit wees. Dit kan selfs 'n kombinasie van geluide wees.

Tinnitus word toegeskryf aan binneoorsiektes, doofheid, infeksie, kopbeserings, 'n langdurige blootstelling aan geraas of nekbesrings. Dit is selde duidelik presies wat die oorsaak is.

Om tinnitus te genees is in meeste gevalle baie moeilik, so te sê onmoontlik. Soms klaar dit spontaan op en soms vererger dit.

Een uit elke tien persone sukkel op een of ander stadium hiermee.

6 comments :

  1. Anonymous16/8/09 11:59

    Hoe kan Tinnitus behandel word?

    ReplyDelete
  2. Annie Prinsloo11/11/12 09:56

    Ek lees vanoggend hier oor tinnitus. Ek is stokdoof en geen geluide van buite gaan in my geval help nie en juis daaroor is ek aan die gek word van al die deurmekaar gedreun gesuis en geluide. Gee my net een antwoord: Is dit moontlik dat 'n dowe mens soos ek geluide kan ervaar? Ek het op jeugdige ouderdom breinvliesontsteking gehad en my oorsenuwees was daarna dood en die laaste jare het die binneoor ook verkalk nou het ek hierdie gedreun met geluide in die kop. Dit maak my gek. Help asb indien u kan,want ek het al alles probeer."

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit is nie onmoontlik nie. Daar word groot spronge gegee op tegnologiese gebied. Mens lees gereeld van nuwe uitvindings. 'n Oorspesialis behoort jou oor die jongste produkte te kan inlig. Die kanse is baie goed dat jou lewensstandaard met betrekking tot gehoor eendag verbeter sal kan word.

      Delete
    2. Anonymous4/9/13 00:16

      kan lae bloeddruk dit ook veroorsaak die hooo in jou ore

      Delete
    3. Anonymous4/9/13 08:28

      Ja, daar is vorms van tinnitus wat toegeskryf word aan lae bloeddruk.

      Delete
  3. DIS AL2018 EN DAAR IS NOG GEEN DEURBRAAK OP MEDIES VIR MY ORE WAT ELKE DAG ERGER WORD NIE.WAS AL BY DR WAGENFELDT GEEN WAARBORG VIR KOGLEAR INPLANTING NIE....SO WAT NOU

    ReplyDelete