Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Mangels. Show all posts
Showing posts with label Mangels. Show all posts

4.4.23

Mangelontsteking


Elsie skryf: "My seuntjie is 9 maande oud en het mangelontsteking, het hom by die dokter gehad en het antibotika gegee. My seuntjie kry niks van sy kos in nie ook nie die rooibostee nie en het 'n loop maagie. Kan jul dalk vir my raad gee asseblief."

Antwoord: Het hy nie ook 'n hoë koors hiermee saam nie. Veiligste om hom na die dokter te neem met sulke simptome.



Yolandi Louw skryf :
"My dogtertjie is nou 3 jaar. Sy het gereeld probleme met haar mangels. Sy raak net gesond dan begin alles weer van voor af. Ek is raadop want elke keer as ek haar dokter toe vat dan gee hy maar net weer antibiotika en ek hou glad nie daarvan om vir haar so baie daarvan te gee nie. Is daar dalk ander maniere hoe ek hierdie probleem kan oplos wat 'n meer natuurlike oplossing is."

Antwoord: Mangelontsteking word veroorsaak deur bakterieë of 'n virus. Die simptome sluit in 'n seer keel, dit pyn wanneer jy sluk, hoofpyn, koors, stemverlies en geswelde kliere in die nek en kaak. Dit kom veral by kinders voor.
Kry die kindjie dadelik by die dokter wanneer hulle sukkel om asem te haal, nie kan sluk nie of onbeheerbaar kwyl. In so 'n geval sal die dokter ook oorweeg om die mangels te verwyder.
Wanneer die ontsteking deur 'n virus veroorsaak is werk antibiotika nie sommer nie. Indien die dokter antibiotika voorskryf vir 'n bakteriale infeksie MOET julle die kursus voltooi al voel die kindjie beter na twee of drie dae, anders is die mangelontsteking sommer gou weer terug.
Dit kan 'n week of twee neem om te herstel. 'n Virusinfeksie moet jy maar sy gang laat gaan. Laat die kind rus, gee warm vloeistowwe soos rooibostee en sop en laat hulle gorrel met warm soutwater. Vir 'n seer keel kan jy 'n teelepel heuning oplos in 'n glas warm water en plaas 'n paar druppels suurlemoensap by. (Geen heuning vir kinders jonger as 1 jaar.) Jy kan iets soos Tylenol gebruik vir die verligting van koors en pyn.
Indien jy dit vorentoe wil voorkom moet jy kinders veral leer om gereeld hul hande te was. Leer hulle 'n liedjie om te sing, terwyl hulle hande was, en maak seker hulle was oral op die hand. Hande moet drooggemaak word met 'n skoon handdoek wat net vir hande is en die kraan moet ook met die handdoek toegedraai word.


17.6.14

Antibiotika

Antibiotika is ’n tipe medikasie wat verskeie tipes infeksies baie goed kan beheer.

Dié medikasie is ’n chemiese verbinding wat vervaardig word van fungi en bakterieë. Dit is beskikbaar as inspuitings, tablette of stroop.

Penisillien is ’n tipe antibiotika. Dit is ontwikkel uit ’n natuurlike produk genaamd skimmel.

1.11.10

Mangels

Die mangels is ’n amandelvormige klier agter in die keel wat kieme filtreer.